{"id":178,"date":"2007-03-08T07:45:46","date_gmt":"2007-03-08T07:45:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=178"},"modified":"2007-03-08T07:45:46","modified_gmt":"2007-03-08T07:45:46","slug":"nuwe-saaklikheid-in-internasionale-rassedebat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=178","title":{"rendered":"&#8216;Nuwe saaklikheid&#8217; in internasionale rassedebat"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Sulke kommentaar is tekenend van die &quot;nuwe saaklikheid&quot; in die internasionale rassedebat. Tot redelik onlangs is enige skerp kritiek teen Afrikaregerings en swart mense in die algemeen as rassistiese haatspraak gesien. Trouens, een van die redes vir die sukses van die anti-apartheidsbeweging was die groot aantal internasionale joernaliste in die VSA en Wes-Europa wat in die sestigerjare op die destyds linkse kampusse in &#8216;n soort pro-swart etos geskool is. Hulle het geglo dat alle boosheid deur blankes veroorsaak is en dat swart mense die hulpelose slagoffers van slawerny, rassisme en apartheid was.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Oorblyfsels van sulke denke bestaan vandag nog, maar buite Suid-Afrika kry die ou politieke korrektheid toenemend die wind van voor.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Soos gewoonlik is die Franse op die voorpunt hiervan met die Paryse filosoof Alain Finkielkraut wat tydens die Franse onluste van 2005 beweer het dat &quot;anti-rassisme die ideologie van ons tyd is&quot;, net soos kommunisme en fascisme voorheen. Hy het voorts beweer dat &quot;rassisme vandag nie meer te vinde is in die geledere van die etniese nasionaliste nie, maar in die geledere van die voorstanders van die multikulturele samelewing&quot;.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Ook die Franse joernalis Stephen Smith wie se boek Negrologie in Afrikaans beskikbaar is, het &#8216;n regstreekse aanval op die gedagte van &#8216;n spesiale swart identiteit, omgeef van rassenasionalisme en die slagoffermentaliteit, geloods. Swart intellektuele in Parys en Londen in die dertigerjare het met hul eie &quot;swartheid&quot; of n&eacute;gritude behep geraak en sedertdien het swart bewussyn die universele ideologie van Afrika geword. Volgens Smith sal die swartmense van Afrika ongenooide bedelaars by die tafel van globalisering bly solank as wat hulle hulself as die hulpbehoewende slagoffers van rassisme en historiese onreg beskou. Hy staan ook skepties teenoor NEPAD omdat hy geen kentering by Afrikaregerings raaksien nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Rod Liddle gaan haal presies dieselfde argument oor die &quot;nadelige identiteitspolitiek&quot; (pernicious politics of identity) van swartes by &#8216;n swart kriminoloog, Suzella Palmer, wat &#8216;n studie oor swart identiteit en misdaad geskryf het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">In Suid-Afrika was dit tot onlangs nog taboe om te s&ecirc; dat jong swart (en bruin) mans verreweg die meeste geweldsmisdaad pleeg, hoewel dit in akademiese tydskrifte geboekstaaf is. Dokters wat in die ongevalle-afdelings van hospitale in swart buurte werk, vertel gruverhale van die geweldslagoffers wat hulle gereeld moet behandel, veral Saterdagaande as die alkohol inskop. Terwyl die land verskeur word deur die optrede van &#8216;n klein minderheid individue wat tot &#8216;n identifiseerbare rasse- en geslagsgroep behoort, word ons op eindelose moralistiese sielewroegings aangaande &quot;die morele verval&quot; in die land en die gewaande &quot;nagevolge van apartheid&quot; getrakteer. Daar was nooit apartheid in Brittanje nie, maar nihilistiese geweld onder swart jeugdiges in suid-Londen waaroor Rod Liddle skryf, toon dieselfde patroon as by ons.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Volgens Suzella Palmer het die materialisme van mev. Thatcher se Brittanje in die tagtigerjare tot &#8216;n gebrek aan solidariteit, enersyds, en &#8216;n groter behoefte aan geld en statussimbole, andersyds, onder swart Britte gelei. Toegepas op Suid-Afrika, sou mens kon s&ecirc; dat die maklike rykdom van SEB en die konsumpsiekultuur van die swart middelklas &#8216;n newe-effek op jong swart mans in townships gehad het wat glo dat die doel die middele heilig as dit kom by die verkryging van verbruikersitems met bekende handelsmerke.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">In di&eacute; opsig het prof. Danie Goosen op &#8216;n keer &#8216;n interessante stelling teenoor my gemaak: &quot;daar is &#8216;n kriminele logika aan die werk by swart bemagtiging, want die uitgangspunt is dat mens &#8216;iets vir niks ontvang&#8217;&quot;. Suid-Afrikaanse misdaad mag dus die keersy wees van die gekweste swart identiteit wat voortdurend met &quot;skadevergoeding&quot; gepaai moet word. SEB en regstellende-aksiewette verhoog die aptyt vir vinnige rykdom en as jy nie die regte mense in Sandton ken om &#8216;n nuwe swart BMW te verkry nie, kan jy dit sommer met &#8216;n AK-47 ook doen. Omdat jy swart is, is jy immers daarop geregtig.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Die gebeure rondom 16 Junie 1976 betree &#8216;n sentrale plek in die identiteit van swart Suid-Afrikaners omdat hulle glo dat hulle op daardie dag die slagoffers van &#8216;n beplande massamoord was. Verskeie ontleders het verlede jaar gewys op die toename in plaas- en huisaanvalle net na 16 Junie verlede jaar toe die SAUK, asook koerante met swart lesers, die dertigjarige herdenking van Soweto tot op die punt van etniese propaganda beklemtoon het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Daar was &#8216;n tyd toe Afrikaners vir hulself gedink en oorspronklike bydraes tot die sosiologie en kriminologie gemaak het. Sedertdien het ons verval in &#8216;n koloniale nabootsing van Amerikaanse en Britse politieke korrektheid en word ons begrip van misdaad onder andere sterk daardeur belemmer.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoPlainText\">Die feit dat daar nou ander geluide oor swart misdaad uit Londen begin kom, sal hopelik tot &#8216;n skerper ontleding van Suid-Afrika se grootste enkele probleem bydra.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/\">\u043f\u0440\u043e\u0434\u0430\u0436\u0430 \u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0442\u0435\u0445\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Onlangs skryf Rod Liddle &lsquo;n sin in die Britse Spectator wat hom in Suid-Afrika sekerlik die attensies van Jody Kollapen se Menseregtekommissie op die hals sou gehaal het: &ldquo;Waarom skiet swart mense mekaar heeltyd dood? En is daar enigiets wat die res van ons aan die situasie kan doen of behoort ons hulle maar net te los?&rdquo;<\/p>\n<p align=\"justify\">Indien Liddle &lsquo;n lid van Nick Griffin se regse British National Party was, sou sy oneerbiedige kommentaar nie juis merkwaardig gewees het. Maar Liddle kom juis uit &lsquo;n links-liberale agtergrond en is een van Brittanje se bekendste joernaliste en voormalige redakteur van die BBC4 se Today-radioprogram.  <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[323,154,21092],"class_list":["post-178","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-nuwe-saaklikheid-in-internasionale-rassedebat","tag-dan-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/178","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=178"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/178\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=178"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=178"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=178"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}