{"id":17786,"date":"2013-09-20T07:47:58","date_gmt":"2013-09-20T05:47:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17786"},"modified":"2015-10-03T07:43:07","modified_gmt":"2015-10-03T05:43:07","slug":"ra-se-wurggreep-verstewig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17786","title":{"rendered":"RA se wurggreep verstewig"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Regstellende aksie het sy greep op veral die Suid-Afrikaanse sakew\u00eareld verstewig met die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming wat ongeag ontevredenheid uit die sakew\u00eareld oor strenger strawwe vir oortreders, met groot ywer deur gestoomroller word, s\u00ea adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor arbeid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die beoogde wet met sy strenger regulasies en swaarder strawwe hang soos \u2018n dreigende wolk oor die Suid-Afrikaanse sakew\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ho\u00ebr boetes en minder regsbeskerming staar besighede, wat nie aan die vereistes van regstellende aksie voldoen nie, voortaan in die gesig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Alberts is die VF Plus totaal gekant teen SEB en regstellende aksie. Hy s\u00ea dit is die instrument waarmee die ANC sy kaders in die staat en in die private industrie ontplooi het, en is een van die direkte oorsake van swak dienslewering deur die staat, soos erken deur die Ouditeur-Generaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit is dus skreiend dat die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming se strenger strawwe vir oortredings net so deur die parlement se portefeuljekomitee oor arbeid aanvaar is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie VF Plus glo eerder aan opleiding en ekonomiese groei in \u2018n goed gereguleerde sakeomgewing om nuwe geleenthede te skep vir almal wat sosiaal-ekonomies swaarkry. Dit is die enigste volhoubare manier om die verskille in rassegroepe se omstandighede te laat vernou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cRegstellende aksie bereik die teenoorgestelde. Dit is \u2018n rasgegronde beleid en skep net verdeeldheid en wrywing tussen gemeenskappe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVir veral wit- en bruinmense het dit &#8216;n meulsteen om die nek geword en is een van die oorsake van \u2018n toename in wit en bruin armoede,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat ontevredenheid vanuit die sakew\u00eareld oor die wysigingswetsontwerp aanbetref, s\u00ea adv. Alberts dit is kommerwekkend dat die voorleggings van die sakesektor geensins in ag geneem is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie feit dat geen van die aanbevelings van die sakesektor se voorleggings gebruik is nie, is waarskynlik ongrondwetlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie grondwetlike hof het in die saak Doctors for Life International v Speaker of the National Assembly and Others in 2006 beslis dat &#8216;n toepaslike graad van gee en neem tussen die publiek en die staat die kwaliteit van die demokrasie sal versterk. Dit het nie in hierdie geval gebeur nie, s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VF Plus sal voortgaan om die beplande wysigings om die wurggreep van regstellende aksie te verskerp, teen te staan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Regstellende aksie het sy greep op veral die Suid-Afrikaanse sakew\u00eareld verstewig met die Wysigingswetsontwerp op Gelyke Indiensneming wat ongeag ontevredenheid uit die sakew\u00eareld oor strenger strawwe vir oortreders, met groot ywer deur gestoomroller word, s\u00ea adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor arbeid. Hy s\u00ea die beoogde wet met sy strenger regulasies &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=17786\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;RA se wurggreep verstewig&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":17787,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[222,5632,12814,9006,12813],"class_list":["post-17786","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-regstellende-aksie","tag-seb","tag-suid-afrikaanse-sakewereld","tag-swak-dienslewering","tag-wysigingswetsontwerp-op-gelyke-indiensneming"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17786","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17786"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17786\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17787"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17786"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17786"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17786"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}