{"id":17714,"date":"2013-09-18T08:25:38","date_gmt":"2013-09-18T06:25:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17714"},"modified":"2013-09-18T08:28:15","modified_gmt":"2013-09-18T06:28:15","slug":"alternatiewe-vir-anc-da-se-vernietigingswerk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17714","title":{"rendered":"Alternatiewe vir ANC, DA se vernietigingswerk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/zillezuma.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-17715\" alt=\"zillezuma\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/zillezuma-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/zillezuma-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/zillezuma.jpg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a>Welklinkende beloftes oor die beskerming van minderhede se regte het twee derdes van Suid-Afrika se witmense in 1992 oorreed om te stem ten gunste van \u2018n nuwe politieke bestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van daardie beloftes het niks gekom nie en die wrange vrugte daarvan word vandag gepluk, s\u00ea mnr. Andr\u00e9 Fourie, oud-minister en die Vryheidsfront Plus se raadslid vir Stad Kaapstad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Fourie is tans besig met \u2018n toer deur Swellendam, George (17 September) en Mosselbaai (18 September) waar hy praat oor hierdie en ander onderwerpe wat elke minderheidsgroep in Suid-Afrika direk raak en tans baie aktueel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die destydse onderhandelinge s\u00ea mnr. Fourie dat die belofte van politieke regte en daarmee gepaardgaande beskerming van gemeenskappe nooit gerealiseer het nie en dat die ANC vir alle praktiese doeleindes \u2018n blanko tjek gegee is om mee\u00a0 te handel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie res is ongelukkig nie net geskiedenis nie. Ons sien vandag die tragiese gevolge daarvan in die vorm van regstellende aksie, Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), werkloosheid onder minderhede weens transformasie, swak dienslewering, bankrot munisipaliteite, korrupsie en bedrog, toesmeerdery, toenemende misdaad\u2026. Die lysie is eindeloos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDit het reeds daartoe gelei dat sowat 20% van die land se witmense al sedert 1994 ge\u00ebmigreer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opnames wat onlangs gedoen is, toon aan dat tot 25% van jongmense geen toekoms sien nie en die land wil verlaat. Dit is skrikwekkend,\u201d s\u00ea mnr. Fourie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die DA se beloftes om \u2018n beter alternatief te bied, s\u00ea mnr. Fourie die naakte waarheid, soos uitgespel deur die DA self, is dat hy al die ANC se beleidsrigtings omarm asof dit sy eie is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie DA is ten gunste van regstellende aksie en pas dit self toe, hulle steun SEB, aborsie, is gekant teen die doodstraf, swyg oor stakings wat die land laml\u00ea&#8230; Ook hier hou die lysie net aan. Tot so \u2018n mate dat mense al van die DA praat as die ANC-light.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOnder DA-bewind sedert 2006 is Kaapstad se belastings al met meer as 100% verhoog, salarisse in die provinsie maak meer as 31% van die stad se totale begroting uit, daar was die peperduur fiasco met die Groenpunt-stadion, \u2018n luukse busdiens is ingestel wat die belastingbetaler nou R38 per persoon per rit kos om te subsidieer\u2026 Ook hier hou die lysie net aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cU het gelukkig nog \u2018n keuse. Die Vryheidsfront Plus is die enigste party wat nog opstaan en veg vir die regte van die Afrikaner en alle minderheidsgroepe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie party het hom nou verbind tot samewerking met ander partye wat die ANC op sy vernietigingspad wil stuit, en om die regte van alle groepe in Suid-Afrika te waarborg. Dit kan gedoen word indien almal hande vat en ingelig oor hul stem besluit in aanstaande jaar se verkiesing,\u201d s\u00ea mnr. Fourie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Welklinkende beloftes oor die beskerming van minderhede se regte het twee derdes van Suid-Afrika se witmense in 1992 oorreed om te stem ten gunste van \u2018n nuwe politieke bestel. Van daardie beloftes het niks gekom nie en die wrange vrugte daarvan word vandag gepluk, s\u00ea mnr. Andr\u00e9 Fourie, oud-minister en die Vryheidsfront Plus se raadslid [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":17715,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134,29],"tags":[227,7599,6688,4933,7551,4640],"class_list":["post-17714","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen","category-s32-feuilleton","tag-anc","tag-da","tag-helen-zille","tag-kaapstad","tag-minderhede","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17714","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17714"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17714\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17715"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17714"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17714"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17714"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}