{"id":17572,"date":"2013-09-15T11:17:35","date_gmt":"2013-09-15T09:17:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17572"},"modified":"2013-09-15T11:17:35","modified_gmt":"2013-09-15T09:17:35","slug":"koreaanse-inval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17572","title":{"rendered":"Koreaanse inval"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_17574\" aria-describedby=\"caption-attachment-17574\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Hyundai-i30.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-17574\" alt=\"Die Hyundai i30\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Hyundai-i30-300x214.jpg\" width=\"300\" height=\"214\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Hyundai-i30-300x214.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Hyundai-i30.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17574\" class=\"wp-caption-text\">Die Hyundai i30<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Andr\u00e9 Olivier<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vergeet maar van die Chinese inval wat die motormark aanbetref. Ja, hulle is op pad, maar nog geensins naby genoeg om die bestaande vervaardigers soos Toyota, Nissan, Renault of Volkswagen die skrik op die lyf te jaag nie. Die Koreane is \u2018n heel ander saak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons almal onthou nog die lelike goedkoop Koreaanse motors van die laat negentigerjare met name wat niemand kon uitspreek nie. Wel daardie dae is vir ewig verby want Hyundai is vandag al byna net so \u2018n huishoudelike naam soos enige van die Europese of Japannese vervaardigers wat al dekades lank motors plaaslik verkoop. Die verskil is net dat Hyundai se motors nie net so goed soos die meer bekende vervaardigers is nie, maar in sommige gevalle beter en baie beslis mooier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het die voorreg gehad om twee van die nuutste Koreane onder hande te kry.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17575\" aria-describedby=\"caption-attachment-17575\" style=\"width: 567px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20.png\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-17575 \" alt=\"Die Hyundai i20\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20.png\" width=\"567\" height=\"324\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20.png 630w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-300x170.png 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-70x40.png 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 567px) 85vw, 567px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17575\" class=\"wp-caption-text\">Die Hyundai i20<\/figcaption><\/figure>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Hyundai i20 1.4 CRDi<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die i20 sit die \u201ci\u201d-benaming voort wat plaaslik deur die i10 begin is. Soos die naam aandui, skuif die i20 een trappie ho\u00ebr as die i10 op die modelleer in. Enjins begin by \u2018n 1.2-liter- viersilindereenheid, met \u2018n 1.4-handrat en 1.4 outomaties as die volgende twee keuses op die modelleer. Die vlagskip van die i20-reeks is egter die 1.4 CRDi met \u2018n dieselmeuletjie. Dit was dan ook die een waarmee ons vir \u2018n paar dae rondgery het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die i20 het in wese die ou Hyundai Getz vervang, so die bakgrootte en vorm is aan Getz-eienaars\u00a0bekend. Hierdie is nie \u2018n groot motor nie, maar vyf mense kan gemaklik inpas en daar is net-net genoeg begasieruim vir die klompie. Die doel van die i20 is egter eerder om \u2018n stadsmotortjie te wees wat elke dag se pendel gemaklik en vol selfvertroue met \u2018n baie goeie brandstofverbruik en gerief aan te pak.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17579\" aria-describedby=\"caption-attachment-17579\" style=\"width: 512px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-Instrumente.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-17579 \" alt=\"Die instrumentpaneel van die i20\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-Instrumente.jpg\" width=\"512\" height=\"384\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-Instrumente.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-Instrumente-300x225.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 512px) 85vw, 512px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17579\" class=\"wp-caption-text\">Die instrumentpaneel van die i20<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons was baie verbaas oor die gerief wat die i20 bied. Daar is byna elke opsie wat enige moderne gesin sou nodig h\u00ea. Donker veloerafwerking binne die kajuit met goeie gehalte plastiekomhulsels vir die instrumentepaneel, elektriese ruite, lugversorging, \u2018n baie goeie klankstelsel wat oor MP3-kapasiteit beskik en ook bluetooth kan hanteer, is standaard. Al die nodige veiligheidstelses soos ABS-remme met EBD en lugsakke vir beide bestuurder en passasier is standaardtoerusting.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17577\" aria-describedby=\"caption-attachment-17577\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-verkoelde-paneelkussie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-17577\" alt=\"Die verkoelde paneelkissie in die i20\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-verkoelde-paneelkussie.jpg\" width=\"640\" height=\"382\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-verkoelde-paneelkussie.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i20-verkoelde-paneelkussie-300x179.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 709px) 85vw, (max-width: 909px) 67vw, (max-width: 984px) 61vw, (max-width: 1362px) 45vw, 600px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17577\" class=\"wp-caption-text\">Die verkoelde paneelkissie in die i20<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luukshede soos \u2018n paneelkissie wat verkoel is deur middel van die lugversorging sal koeldrank op die lang pad mooi koud hou. Die i20 is baie meer as wat die Getz van ouds was en selfs in die ry-ervaring het dit vir ons gevoel of daar meer \u2018n generasiegaping tussen die twee motors is as \u2018n blote opgradering. Wat die verrigting betref, is die i20 baie lewendig vir \u2018n klein dieselmotortjie. Die enjin lewer 66 Kw en 220 Nm se wringkrag wat tussen 1500 en 2700 omwentelinge per minuut beskikbaar is. Die 6-spoedhandratkas is seepglad en baie sekuur, maar omdat di\u00e9 \u2018n stadsmotortjie is, sou ons die i20 met \u2018n outomatiese ratkas wou sien. Dit maak net soveel meer sin, veral omdat daar byna elke dag iewers in die swaar verkeer van \u2018n stad gery gaan word. Sou \u2018n mens dan nog die gepaste \u201cstop\/aansit\u201d-stelsel byvoeg sou hierdie i20 sekerlik een van die heel beste stadsmotortjies gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brandstofverbruik is \u2018n skrale 5,0 liter\/100 km en Hyundai gee die CO2-uitlaatgassesyfer aan as 110g\/km wat beteken dat die i20 nog \u2018n baie skoon dieselmotortjie ook is. Elke Hyundai word verkoop met \u2018n 3-jaar\/60 000-diensplan, \u2018n 5 jaar\/150 000km-padbystandsdiens en \u2018n 5 jaar\/150 000 km-vervaardigerswaarborg. Teen R199 900 dink ons die i20 1,4 CRDi Glide bied uitstekende waarde vir geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gee die Hyundai 4 uit 5.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17578\" aria-describedby=\"caption-attachment-17578\" style=\"width: 395px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-17578\" alt=\"Die Hyundai i30 van agter\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-van-agter.jpg\" width=\"395\" height=\"285\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-van-agter.jpg 395w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-van-agter-300x216.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 395px) 85vw, 395px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17578\" class=\"wp-caption-text\">Die Hyundai i30 van agter<\/figcaption><\/figure>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Hyundai i30 1.6 Premium AT<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuwe i30 is eintlik \u2018n Elantra met \u2018n vyfde deur. Alhoewel die naam Elantra so \u2018n sterk identiteit het, beweeg Hyundai nou met die nuwe i30 meer op die gebied van die Golf 7. Die nuwe i30 het &#8216;n onmiskenbare Europese ontwerp. Ge\u00efnspireer deur die vloei en die vorm van die natuur, kan \u2018n mens duidelik sien dat die Koreane baie ernstig is oor waarheen hulle met die nuwe mortors\u00a0wil gaan.\u00a0Die oorspronklike i30 was &#8216;n belangrike motor vir Hyundai. Die i30 skuif bo die Accent, maar onder die Elantra in op die plaaslike modelreeks. Die indrukwekkende nuwe i30 neem nog &#8216;n groot stap vorentoe, in so &#8216;n mate dat dit nou &#8216;n ernstige alternatief vir die Ford Focus en selfs die Volkswagen Golf is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stilering eggo die groter Elantra met &#8216;n byna identiese voorkant insluitend &#8216;n kenmerkende strook LED-dagryligte. Daarbenewens is dit &#8216;n baie netjies ontwerpte luikrug wat veel meer opvallend is as enige iets wat Hyundai tot dusver plaaslik bekendgestel het. Van groot belang is dat die nuwe i30 &#8216;n baie meer gehaltevoorkoms het. Dit is beslis w\u00earelde verwyder van die &#8220;waarde&#8221;-beeld waarmee Hyundai gewoonlik geassosieer word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17581\" aria-describedby=\"caption-attachment-17581\" style=\"width: 470px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-biinneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-17581\" alt=\"Die binneruim van die i30\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-biinneruim.jpg\" width=\"470\" height=\"260\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-biinneruim.jpg 470w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-biinneruim-300x165.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-biinneruim-70x40.jpg 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 470px) 85vw, 470px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17581\" class=\"wp-caption-text\">Die binneruim van die i30<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik, is alle Hyundais beskikbaar met die vyf-jaar-150 000km-waarborg as standaard. Hyundai het daarin geslaag om met die vervaardiging van &#8216;n uitstekende veelsydige i30 \u2018n uiters bekwame en ruim motor daar te stel wat boonop &#8216;n genot is om te bestuur. Gehalte en verfyndheid is in oormaat teenwoordig. Hyundai-produkte het bewys dat die Koreane baie betroubare motors kan bou en dan is die goed nog vrek mooi ook. Daar is baie klem op veral vir die bestuurder geplaas, terwyl die sitplekke uiters gemaklik en ondersteunend op al die regte plekke is. Sesvoetmanne soos ek sal genoeg kopruimte en meer as redelike beenruimte in die binneruim vind. Voeg daarby &#8216;n groot 378-liter-laairuimte &#8211; dit is 60 liter meer as &#8216;n Fokus en 25 liter meer as &#8216;n Toyota Auris &#8211; en jy het \u2018n praktiese pakket met styl.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17582\" aria-describedby=\"caption-attachment-17582\" style=\"width: 584px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-bagasieruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-17582 \" alt=\"Die i30 se bagasieruim\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-bagasieruim.jpg\" width=\"584\" height=\"389\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-bagasieruim.jpg 730w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-bagasieruim-300x199.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 584px) 85vw, 584px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17582\" class=\"wp-caption-text\">Die i30 se bagasieruim<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe ry die i30? Wel, na my mening uiters gemaklik. Jy gaan nie die w\u00eareld aan die brand kan ry nie, maar dit is ongelooflik gemaklik, verfynd en moeiteloos. Hantering en baie akkurate stuur, asook goeie padhouvermo\u00eb laat die i30 soos &#8216;n veel groter motor op die oop pad voel.<\/p>\n<figure id=\"attachment_17584\" aria-describedby=\"caption-attachment-17584\" style=\"width: 576px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-beenruimte.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" wp-image-17584 \" alt=\"Beenruimte in die i30\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-beenruimte.jpg\" width=\"576\" height=\"383\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-beenruimte.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/i30-beenruimte-300x199.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 576px) 85vw, 576px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-17584\" class=\"wp-caption-text\">Beenruimte in die i30<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Interessant is dat al die modelle met Hyundai se nuwe Flex-stuurstelsel toegerus is wat drie modusse \u2013 \u201cComfort, Normal en Sport\u201d &#8211; daarstel. Daar is &#8216;n knoppie op die stuurwiel wat verskillende vlakke van die kraghulp en terugvoer van die stuur verander. Jy sien die verskil, veral in Sport waar die stuur swaarder en meer ontvanklik vir bestuurdersinsette is. Maar die Normal-modus is meer as voldoende sodat die meeste mense die ander verstellings selde sal gebruik. Ons toetsmotor is toegerus met \u2018n petroleenheid met \u2018n 1,6 &#8211; literverplasing wat 95Kw met 157Nm se wringkrag ontwikkel. Daar is ook \u2018n 6-spoed- outomatiese ratkas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ekonomie is nog &#8216;n sterk punt en iets waaraan Hyundai baie hard gewerk het . Ons toetsmotor het \u2018n syfer van 6.8l\/100km in die gekombineerde siklus aangeteken. Onthou die motor is redelik groot, outomaties en slegs \u2018n 1,6 liter, dus is dit indrukwekkend. Wat die prys betref, was Hyundai nog altyd baie goeie waarde vir geld. Vegelyk &#8216;n mens die i30 met sy direkte mededingers, kan &#8216;n mens steeds dieselfde s\u00ea. Maar teen R260 000 dink ons dat Hyundai besig is om in te boet aan sy waarde-vir-geld-reputasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons gee die i30 4 uit 5.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><!--[if gte mso 9]><xml>\n<w:WordDocument>\n<w:View>Normal<\/w:View>\n<w:Zoom>0<\/w:Zoom>\n<w:PunctuationKerning\/>\n<w:ValidateAgainstSchemas\/>\n<w:SaveIfXMLInvalid>false<\/w:SaveIfXMLInvalid>\n<w:IgnoreMixedContent>false<\/w:IgnoreMixedContent>\n<w:AlwaysShowPlaceholderText>false<\/w:AlwaysShowPlaceholderText>\n<w:Compatibility>\n<w:BreakWrappedTables\/>\n<w:SnapToGridInCell\/>\n<w:WrapTextWithPunct\/>\n<w:UseAsianBreakRules\/>\n<w:DontGrowAutofit\/>\n<\/w:Compatibility>\n<w:BrowserLevel>MicrosoftInternetExplorer4<\/w:BrowserLevel>\n<\/w:WordDocument>\n<\/xml><![endif]--><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><!--[if gte mso 9]><xml>\n<w:LatentStyles DefLockedState=\"false\" LatentStyleCount=\"156\">\n<\/w:LatentStyles>\n<\/xml><![endif]--><!--[if !mso]><object classid=\"clsid:38481807-CA0E-42D2-BF39-B33AF135CC4D\" id=ieooui><\/object>\n\n\n\n<style>\nst1\\:*{behavior:url(#ieooui) }\n<\/style>\n\n<![endif]--><!--[if gte mso 10]>\n\n\n\n<style>\n \/* Style Definitions *\/\ntable.MsoNormalTable\n{mso-style-name:\"Table Normal\";\nmso-tstyle-rowband-size:0;\nmso-tstyle-colband-size:0;\nmso-style-noshow:yes;\nmso-style-parent:\"\";\nmso-padding-alt:0cm 5.4pt 0cm 5.4pt;\nmso-para-margin:0cm;\nmso-para-margin-bottom:.0001pt;\nmso-pagination:widow-orphan;\nfont-size:10.0pt;\nfont-family:\"Times New Roman\";\nmso-ansi-language:#0400;\nmso-fareast-language:#0400;\nmso-bidi-language:#0400;}\n<\/style>\n\n<![endif]--><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Andr\u00e9 Olivier Vergeet maar van die Chinese inval wat die motormark aanbetref. Ja, hulle is op pad, maar nog geensins naby genoeg om die bestaande vervaardigers soos Toyota, Nissan, Renault of Volkswagen die skrik op die lyf te jaag nie. Die Koreane is \u2018n heel ander saak. Ons almal onthou nog die lelike goedkoop &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=17572\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Koreaanse inval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":17574,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[12625,12626,7172,12627,12628,12623,12624,6399,8682],"class_list":["post-17572","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-elantra","tag-getz","tag-hyundai","tag-hyundai-i20-1-4-crdi","tag-hyundai-i30-1-6-premium-at","tag-i20","tag-i30","tag-korea","tag-padtoets"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17572\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17574"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}