{"id":17431,"date":"2013-09-10T14:22:59","date_gmt":"2013-09-10T12:22:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17431"},"modified":"2013-09-10T14:23:15","modified_gmt":"2013-09-10T12:23:15","slug":"ondersoek-beweerde-seb-gekonkel-by-goldfields-vra-vf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17431","title":{"rendered":"Ondersoek beweerde SEB-gekonkel by Goldfields vra VF+"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/southdeep.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-17432\" alt=\"southdeep\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/southdeep-300x223.jpg\" width=\"300\" height=\"223\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/southdeep-300x223.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/southdeep.jpg 320w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Bewerings van korrupsie by die goudmynmaatskappy Goldfields rondom Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) moet oopgevlek word en die Vryheidsfront Plus gaan die Valke versoek om die bewerings te ondersoek en skuldiges voor die hof te bring, s\u00ea adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luidens onlangse mediaberigte het Goldfields se direksie besluit om nie die aanbevelings van \u2019n onafhanklike ondersoek na \u2018n bemagtigingstransaksie in 2010 verder te voer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bevindings van \u2018n onafhanklike ondersoek van \u2019n Amerikaanse firma, Paul Weiss, gaan ook nie in \u2019n amptelike verslag van die maatskappy opgeteken word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Mamphela Ramphele, voormalige voorsitter van Goldfields, het vroe\u00ebr vanjaar ges\u00ea die regering het \u2019n lys van voorgestelde kandidate vir di\u00e9 bemagtigingsaksie in Goldfields se \u2018kele afgedruk\u2019.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Alberts s\u00ea dit onderstreep net weer dat SEB niks anders is nie as \u2018ideologiese snert\u2019 wat toegang tot die regering se geldtrog verseker en net dieselfde magtige en bemagtigde mense oor en oor en op korruptiewe wyse verryk onder die dekmantel van \u2018bemagtiging\u2019.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSEB is bloot \u2018n rookskerm om die staatskas te plunder en die VF Plus gaan die Valke versoek om ondersoek instel na die transaksie. Indien daar korrupsie was, moet die betrokkenes vervolg word,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lys van voorgestelde kandidate wat die regering glo aan Goldfields voorgel\u00ea het vir die bemagtiging, het gekom toe Goldfields die mynregte bekom het vir South Deep, die groep se mees winsgewende Suid-Afrikaanse mynboubate.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luidens berigte het dit meer as 70 bevoordeeldes ingesluit, van pres. Jacob Zuma se prokureur tot Baleka Mbete, ANC-voorsitter, asook Zindzi Mandela en \u2019n dogter van \u2019n voormalige ANC-lid van die parlement\u00eare portefeuljekomitee oor minerale. Die waarde van die SEB-transaksie was sowat R2,1 miljard.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWat hier gebeur wys ook opnuut waarom Suid-Afrika nie begerig is om die Europese Unie se lidlande as handelsvennote te omarm nie. Sonder \u2018n wakende oog kan die geplunder in die naam van bemagtiging na hartelus plaasvind en onder die mat ingevee word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIn hierdie geval sal die VF Plus sorg dat dit nie gebeur nie en sal toesien dat die bewerings ondersoek word,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Bewerings van korrupsie by die goudmynmaatskappy Goldfields rondom Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) moet oopgevlek word en die Vryheidsfront Plus gaan die Valke versoek om die bewerings te ondersoek en skuldiges voor die hof te bring, s\u00ea adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid. Luidens onlangse mediaberigte het Goldfields se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=17431\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ondersoek beweerde SEB-gekonkel by Goldfields vra VF+&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":17432,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[12478,5268,12481,7948,12482,10501,12479,5632,9175,11606,12480,4640],"class_list":["post-17431","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-amerikaanse-firma","tag-bee","tag-bemagtigingsaksie","tag-goldfields","tag-ideologiese-snert","tag-mamphela-ramphele","tag-paul-weiss","tag-seb","tag-swart-ekonomiese-bemagtiging","tag-valke","tag-voormalige-voorsitter-van-goldfields","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17431","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17431"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17431\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17432"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17431"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17431"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17431"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}