{"id":17318,"date":"2013-09-08T10:08:29","date_gmt":"2013-09-08T08:08:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=17318"},"modified":"2013-09-08T10:08:29","modified_gmt":"2013-09-08T08:08:29","slug":"moneyweb-dagvaar-fin24-vir-beweerde-plagiaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=17318","title":{"rendered":"Moneyweb dagvaar Fin24 vir beweerde plagiaat"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/plagiaat.gif\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-17322\" alt=\"plagiaat\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/plagiaat-300x177.gif\" width=\"300\" height=\"177\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/plagiaat-300x177.gif 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/plagiaat-70x40.gif 70w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Caxton se aanlynsakenuusdiens Moneyweb, dagvaar vir Fin24,d ie aanlynsakediens van Media24 vir beweerde kopieregskending, plagiaat en die wederregtelike gebruik van Moneyweb se inhoud, het Beeld Vrydag berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moneyweb, &#8216;n mededinger van Media24, argumenteer in hofstukke dat Fin24 sy eksklusiewe inhoud wederregtelik oorgeneem en as sy eie aangebied het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder toestemming het Fin24 inhoud gepubliseer wat Moneyweb duisende rande gekos het om te produseer, &#8220;met slegs enkele sinne wat verander is&#8217;, s\u00ea Moneyweg se redakteur, Ryk van Niekerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moneyweb beweer in hofstukke dat Fin24 herhaaldelik en sonder behoorlike erkenning Moneyweb se inhoud en onderskep en op sy eie webblad geplaas het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moneyweb verklaar dat:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022 Fin24 se publikasie van inhoud wat Moneyweb-joernaliste na bewering geskryf het, onwettig verklaar word;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022 die hof \u2019n interdik uitreik wat Fin24 sal verbied om Moneyweb-artikels op di\u00e9 manier te gebruik;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022 Fin24 aanspreeklik gehou word vir die skade wat Moneyweb gely het; en<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022 Fin24 die regskoste betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moneyweb voer ook aan Fin24 het sedert Julie 2012 \u201cgrootskaalse plagiaat\u201d gepleeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Niekerk lys in die hofstukke sewe Moneyweb-artikels wat Fin24 na bewering onregmatig gebruik het. Telkens is klein veranderings aan die opskrifte van die berigte aangebring, terwyl die inhoud na bewering grootliks ooreenstem sonder dat daar pertinent na Moneyweb verwys word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Niekerk beweer Fin24 ry op Moneyweb se rug vir kommersi\u00eble gewin omdat hy nie in staat is om genoeg eie, unieke inhoud te genereer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien daarvan dat dit glo \u2019n oortreding van die Wet op Outeursreg is, voer Moneyweb aan hy verloor duisende lesers op sy webblad en sodoende ook aansienlike advertensie-inkomste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van Niekerk het Fadia Salie, Fin24-redakteur, in Maart gekontak nadat hy maande lank opgemerk het dat Fin24 sy nuusdiens se berigte kopieer, lui die hofstukke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Salie het glo erken sy het self een van die berigte saamgestel waaroor hy ontevrede is, maar ontken dat die inhoud \u201cgesteel\u201d is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jannie Momberg, News24-redakteur, het volgens Van Niekerk geweier om die inhoud te verwyder en ges\u00ea dat Moneyweb se inligting nie onregmatige gebruik behels nie. &#8211; Sapa<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Caxton se aanlynsakenuusdiens Moneyweb, dagvaar vir Fin24,d ie aanlynsakediens van Media24 vir beweerde kopieregskending, plagiaat en die wederregtelike gebruik van Moneyweb se inhoud, het Beeld Vrydag berig. Moneyweb, &#8216;n mededinger van Media24, argumenteer in hofstukke dat Fin24 sy eksklusiewe inhoud wederregtelik oorgeneem en as sy eie aangebied het. Sonder toestemming het Fin24 inhoud gepubliseer wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=17318\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moneyweb dagvaar Fin24 vir beweerde plagiaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":17322,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[12360,12364,12362,12359,12361,12363],"class_list":["post-17318","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-fin24","tag-jannie-momberg","tag-kopieregskending","tag-moneyweb","tag-plagiaat","tag-ryk-van-niekerk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17318","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=17318"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/17318\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/17322"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=17318"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=17318"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=17318"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}