{"id":1715,"date":"2008-05-19T02:45:19","date_gmt":"2008-05-19T02:45:19","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1715"},"modified":"2008-05-19T02:45:19","modified_gmt":"2008-05-19T02:45:19","slug":"die-nuwe-tsaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1715","title":{"rendered":"Die nuwe tsaar"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Net voordat hy onlangs as president uitgetree het, het Poetin verklaar: &ldquo;Ek het hierdie agt jaar soos &rsquo;n galeislaaf gewerk, van die m&ocirc;re tot die aand, en het my alles gegee. Ek is gelukkig met die resultate.&rdquo; In &rsquo;n sekere sin kan hy trots wees op homself. Die situasie in Rusland het inderdaad verbeter en die meeste Russe sien Poetin as die antwoord op hulle gebede. Vir Westerlinge lyk Poetin soos &rsquo;n diktator, maar die meeste Russe meen dat veiligheid en stabiliteit belangriker is as vryheid.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Poetin spog graag daarmee dat sedert hy agt jaar gelede as staatshoof oorgeneem het, buitelandse beleggings in Rusland sewevoudig toegeneem het. Die bedrag staan tans op $82,3 miljard. Die land se BBP het gedurende dieselfde periode met meer as 70% toegeneem en die gemiddelde Russiese inkomste het verdubbel.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die situasie is natuurlik grootliks aan Rusland se enorme olie-en gasreserwes toe te skryf. Toe Poetin destyds aan bewind gekom het, het &rsquo;n vaatjie ru-olie $16 gekos. Tans het die prys al $120 verbygesteek. Ten spyte van hierdie groot bydrae tot die Russiese staatskoffers pluk die man in die straat nie noodwendig die vrugte daarvan nie. Die onderwysstelsel in die land is power, en volgens die W&ecirc;reldgesondheidsorganisasie is Rusland 130ste op die ranglys van die 190 VN-lidlande se gesondheidstelsels. Op die platteland het dorpe dikwels nie lopende water of gas nie en in vele opsigte kan hierdie lid van die G8-groep as &rsquo;n Derdew&ecirc;reldland beskou word wat die stand van plaaslike infrastruktuur betref. Die Russiese bevolking gaan na verwagting oor die volgende paar dekades van 145 miljoen tot 120 miljoen krimp. Weens vigs en alkholisme word manlike lewensverwagting tans op sowat 58 geskat.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die vraag kan dus tereg gevra word wat van die land se olie-inkomste word. Volgens &rsquo;n verslag wat onlangs deur twee voormalige Kremlin-amptenare uitgebring is, is &rsquo;n misdaadnetwerk onder Poetin se bewind ingestel wat meegebring het dat die Kremlin staatsbates goedkoop aan vriende van Poetin verkwansel en dan ander bates weer teen buitensporige pryse van hulle terugkoop. Een van hierdie twyfelagtige transaksies is die 75% aandeel wat die staatsbeheerde Gasprom (wat tot &rsquo;n paar maande gelede deur Dmitry Medvedev bestuur is) onlangs in &rsquo;n maatskappy genaamd Sifnet aangekoop het. Sifnet behoort aan Roman Abramowitsj, &rsquo;n biljoen&ecirc;r-bondgenoot van Wladimir Poetin. Abramovich het in 1995 $100 miljoen vir Sifnet betaal. Tien jaar later het die Russiese regering dit vir $13.7 miljard van hom gekoop.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">In die Weste sou die inhoud van so &rsquo;n verslag tot die ondergang van &rsquo;n regering kon lei, maar in Rusland, waar Poetin self elkeen van die huidige kabinetsministers aangestel het, is daar weinig kans op &rsquo;n indringende ondersoek van die bewerings. Volgens Transparency International is Rusland een van die ergste lande wat korrupsie betref. Buitelandse kenners meen dat sowat $30 miljard per jaar in die land spandeer word aan omkoopgeld. Die gemiddelde Rus aanvaar hierdie korrupte stelsel as &rsquo;n feit waaraan hulle weinig kan verander.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Selfs die Russiese howe word as korrup beskou. Enigeen wat die Kremlin probeer uitdaag, word met vervolging vir belastingbedrog gedreig. Toe Mikhail Khodorkowski, eens die rykste man in die land, sy olie-rykdom probeer gebruik het om menseregte te bevorder, het Poetin hom onmiddellik as &rsquo;n bedreiging ge&iuml;dentifiseer. Die staatshoof het hom laat arresteer en skuldig bevind aan bedrog. Hy sit tans in &rsquo;n Siberiese tronk om gevangenisstraf van agt jaar uit te dien.<\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die media word nie aangemoedig om oor korrupsie en te&euml;stand teen hierdie praktyke te skryf nie. Bykans alle nasionale radio- en televisiestasies word direk of indirek deur die staat beheer en dieselfde geld vir die land se belangrikste koerante. Min joernaliste het die moed om hierdie sake aan die groot klok te hang. Sedert Poetin aan bewind gekom het, is twintig joernaliste in vreemde omstandighede dood gevind. Nie een van hierdie moordsake is al opgelos nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">    Poetin maak graag aanspraak op die Russe se patriotisme om hulle te laat glo dat sy soms totalit&ecirc;re optrede is wat die land benodig. Hy buit ook die anti-Amerikaanse gevoel in die land uit. Baie Russe voel onrustig &ndash; en verneder &ndash; deur die vooruitsig dat hulle voormalige landgenote Georgi&euml; en Oekra&iuml;ne eersdaags by NAVO gaan aansluit. Rusland se toenadering tot China en die land se energie-reserwes maak van die land &rsquo;n te&euml;stander om mee rekening te hou.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/tennis-first.ru\/school\/articles\/mariya-sharapova-zhiznennyy-put-zvezdy\/\">\u0448\u0430\u0440\u0430\u043f\u043e\u0432\u0430 \u0442\u0435\u043d\u043d\u0438\u0441 \u0441\u0435\u0433\u043e\u0434\u043d\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0436\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/poetin2.jpg\" width=\"200\" height=\"269\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Wladimir Poetin<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Wladimir Poetin kan met reg trots voel op homself. Alhoewel hy nou die rol van eerste minister van Rusland beklee en nie meer president is nie, is die huidige situasie die gevolg van &rsquo;n grondwetlike staatsgreep wat hy self georkestreer het. Dmitri Medwedef is weliswaar die nuwe president, maar geen belangrike besluite word sonder Poetin se instemming geneem nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[1627,162,21089],"class_list":["post-1715","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-die-nuwe-tsaar","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1715\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}