{"id":16990,"date":"2013-09-01T08:38:24","date_gmt":"2013-09-01T06:38:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16990"},"modified":"2013-09-01T08:44:30","modified_gmt":"2013-09-01T06:44:30","slug":"rustenburg-se-voortbestaan-in-gedrang-weens-mynbou-onrus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16990","title":{"rendered":"Rustenburg se voortbestaan in gedrang weens mynbou-onrus"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_16991\" aria-describedby=\"caption-attachment-16991\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Rustenburg_winkelsentrum.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-16991\" alt=\"'n Winkelsentrum in Rustenburg\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Rustenburg_winkelsentrum-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Rustenburg_winkelsentrum-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/09\/Rustenburg_winkelsentrum.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-16991\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Winkelsentrum in Rustenburg<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Johannes Myburgh<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onrus in die mynbousektor het Suid-Afrika ontstig, maar die voortdurende chaos het die land se platinumgordel \u00a0baie swaar getref, wat selfs die voortbestaan van &#8216;n hele stad in die gedrang bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers was daar die geweld en toe die gepaardgaande afleggings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 maande van arbeidsonrus en jare van ho\u00eb koste, beplan twee topmaatskappye in Rustenburg om skagte te sluit en duisende poste te be\u00ebindig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anglo American Platinum gaan drie van sy bedrywe hier sluit en vanaf September 4 800 poste tot niet maak; dit kom &#8216;n jaar n\u00e1 die Marikana-massaslagting by die naburige Lonmin-myn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lonmin, waar 34 mynwerkers &#8216;n jaar gelede deur die polisie doodgeskiet is, het reeds verlede jaar &#8216;n skag voorlopig gesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die stad van Rustenburg, waar mynbou amptelik 77 persent van die ekonomie verteenwoordig, kan die uitwerking rampspoedig wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaaslike sakemanne, vanaf &#8216;n dienstekonsultant soos Ben Roothman tot straatsmouse soos Tomaz Utui, vrees dat die verlies aan werksgeleenthede ook &#8216;n verlies aan klante gaan beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir elkeen wat afgedank word, verloor &#8216;n hele huishouding sy inkomste, dus word duisende meer daardeur geraak, meen Roothman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis &#8216;n uitgemaakte saak dat dit &#8216;n besliste uitwerking op Rustenburg sal h\u00ea,&#8221; vertel hy aan AFP.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Utui, wat versnaperinge, klere en sigarette smous buite Amplats se Khmanani-skag, wat binnekort gesluit gaan word, voorsien &#8216;n duister toekoms as die mywerkers verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is niks anders hier nie. Ons kan niks verkoop as di\u00e9 manne nie werk nie.&#8221; Dit gebeur reeds, s\u00ea hy. &#8220;Hulle het net nie meer geld nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die voorsitter van die plaaslike kamer van koophandel, Pieter Malan. &#8220;is die gevolge op die mikro-vlak enorm&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vir mediumgrootte maatskappye wat dienste direk aan die myn lewers, is dit pynlik,&#8221; voeg hy by.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rustenburg is 162 jaar gelede deur die Voortrekkers gestig en was aanvanklik &#8216;n boerderygemeenskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die 1920s is platina &#8211; wat nou oorwegend in katalisators en juweliersware gebruik word &#8211; in die gebied gemyn, wat by geolo\u00eb as die Bosveld-stollingskompleks bekend is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rustenburg was &#8216;n gasheerstad vir die 2010-w\u00eareldsokkerbeker en was in daardie jaar die land se snel groeiendste metropolitaanse gebied, volgens regeringsyfers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans groei die stad steeds teen &#8216;n rasse tempo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moderne behuisingskomplekse verrys oral om die stad en die streek se luukse-oorde en wildreservate lok steeds toeriste by die duisende.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met omtrent 70 persent van die w\u00eareld se platinumproduksie wat van die gebied afkomstig is, het die stad tot nou toe die op-en-af-bewegings van mynbou-aktiwiteit gevolg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die skaal van die mees onlangse onrus laat vele vir moeilike tye vorentoe vrees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede jaar se stakings het die w\u00eareldwye produksie van die metaal met 13 persent laat afneem, die laagste in 12 jaar, volgens syfers van die Londense edelmetalefirma, Johnson Matthey.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens die produksie wat tot stilstand gekom het, het Suid-Afrika in die geheel &#8216;n volle $1,15 miljard aan inkomste ingeboet, maar in Rustenburg is die kontrakteurs &#8211; wat werksgeleenthede aan ten minste 30 000 mense verskaf &#8211; besonder hard getref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede jaar reds het die ingenieurs- en boufirma Murray &amp; Roberts sy kontrakte met die nabygele\u00eb Aquarius Platinum en Lonmin opges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos wat immer stygende lopende koste en arbeidsonrus beleggers tot kommer oor Suid-Afrika stem, bestaan vrese dat Rustenburg met sy myne in duie mag stort, soos wat al met ander &#8220;spookdorpe&#8221; gebeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Driehonderd kilometer ver hiervandaan is daar &#8216;n waarskuwing dat dit wel kan gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Welkom, met sy optimistiese Afrikaanse naam, het eens op &#8216;n tyd &#8216;n kwart van die w\u00eareld se goud geproduseer en ongeveer 170 000 mense in die mynbedryf van werk voorsien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die stad se bloeityd is lank reeds verby. Die dalende mynboubedryf verskaf vandag werk aan 30 000 mense, terwyl daar met ho\u00eb koste en lae goud-inhoud geworstel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om &#8216;n soortgelyke afgang te vermy, wil Rustenburg se kamer van koophandel h\u00ea dat die stad se ekonomie moet aanpas ten einde die uiteindelike agteruitgang van mynbou te oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons moet baie meer bekommer oor wat ons 30 jaar van nou af gaan doen,&#8221; s\u00ea Malan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoe raak ons minder afhanklik van mynbou? &#8211; dis die belangrikste vraag.&#8221; &#8211; AFP<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Johannes Myburgh Onrus in die mynbousektor het Suid-Afrika ontstig, maar die voortdurende chaos het die land se platinumgordel \u00a0baie swaar getref, wat selfs die voortbestaan van &#8216;n hele stad in die gedrang bring. Eers was daar die geweld en toe die gepaardgaande afleggings. N\u00e1 maande van arbeidsonrus en jare van ho\u00eb koste, beplan twee &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16990\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rustenburg se voortbestaan in gedrang weens mynbou-onrus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":16991,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[11991,10976,12105,10975,10519,5266,5489,9490,11414,5703],"class_list":["post-16990","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-amplats","tag-arbeidsonrus","tag-bosveld-stollingskompleks","tag-lonmin","tag-marikana","tag-mynbou","tag-onluste","tag-platinum","tag-rustenburg","tag-staking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16990","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16990"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16990\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16991"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16990"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16990"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16990"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}