{"id":1686,"date":"2008-05-14T23:04:01","date_gmt":"2008-05-14T23:04:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1686"},"modified":"2008-05-14T23:04:01","modified_gmt":"2008-05-14T23:04:01","slug":"die-r390-plan-en-hoekom-dit-miljoene-gekos-het-deel-ii","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1686","title":{"rendered":"Die R3,90-plan &#8211; en hoekom dit miljoene gekos het, deel II"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">En dit is &#39;n groot kopverkoue, &#39;n nasionale een, simptomaties van &#39;n regering met &#39;n rem in die keel en &#39;n brand in die bors.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Hoe om dit te beskryf?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Hierdie verkoue is meer soos &#39;n babelas wat gely word deur &#39;n revolusion&ecirc;re beweging nie lank nadat hulle die land onverwags oorgeneem het nie. Na die oorwinningspartytjie &ndash; wat net lank genoeg gehou het om hulleself te oortuig dat, ja, hulle wraggies so &#39;n span genie&euml; is en dat, natuurlik, daar niks is wat hulle nie kan doen nie &ndash; kom die ongemaklike werklikheid in die kille daglig. Om &#39;n land se regering te ontvang uit die hand van &#39;n paar papbroekige, selfbehepte morone is aansienlik makliker as om daardie selfde gesofistikeerde land te bestuur. Selfs al is jy die demi-goddelike ANC.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Nuwe Suid-Afrika se vooruitgang was iets wat die ANC leierskorps as &#39;n gegewe aanvaar het. Hulle was geregtig daarop dat die land sou floreer want, genugtig, Nelson Mandela h&eacute;t mos sewe-en-twintig jaar in die tronk deurgeslyt. Selfs Elysium en al die materi&euml;le gode daarin en elke ekonomiese wet en markgedikteerde sisteem sou outomaties voor die ANC se wil buig. Die ANC se ekonomie sou werk want di&eacute; ekonomie was die ANC s&#39;n. Sela!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ekonomiese groei, inflasie, produktiwiteit&hellip; dit was nie iets om aan te werk nie. Al wat moes gebeur was om teikens te kies. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Inflasie? Onder drie persent klink indrukwekkend. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Produktiwiteit? Dis die nuwe werkersparadys so almal sal &#39;n werk h&ecirc; en nie net &#39;n werk nie &ndash; elkeen sal die baas wees. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Groeikoers? Ses persent, ses persent, ek het ses persent. Klink ses persent reg? Goed. Akkoord! En die hele nasionale ekonomie en daarby die w&ecirc;reldmarkte en elke ekonomiese re&euml;l sal daarby inval. Want, hierdie is, na alles, Madibaland. Daar s&aacute;l &#39;n ekonomiese wonderwerk wees.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Of nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Want tot hulle grootoogverbasing groei die ekonomie met &#39;n druipstert een-en-half persent per jaar na die Groot Bevryding. Produktiwiteit neem ook glad nie toe soos daar van verlang is nie. Om die waarheid te s&ecirc;, dit neem &aacute;f. En die skare werkloses krimp toe glad nie; dit sit inteendeel uit.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die ANC se kinders is nie tevrede nie. Waar is die huis met die luukse motors in die dubbelgarage wat elkeen sou kry? <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar word toe aan die w&ecirc;reld onthul daardie baie eiesoortige Nuwe Suid-Afrika verskynsel: Die Plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Te veel misdaad? Ontspan. Ons het &#39;n plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Sukkel die kinders op skool? Julle sal bly wees om te weet ons het &#39;n plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Te veel stukkende en gevaarlike taxis op ons paaie? Toemaar. Ons bespreek &#39;n plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Te min kos? Daar&rsquo;s plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dikwels is daar nog nie &#39;n plan nie maar Vader ANC stel gerus en s&ecirc; die kaders het &#39;n plan om &#39;n plan te bespreek om &#39;n plan saam te stel. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Nou, na veertien jaar van ANC-heerskappy, begin die nare werklikheid &ndash; eers net &#39;n ongemaklike suspisie &ndash; deursyfer na die bre&euml;r bevolking. Dit is wat die ANC-regering as hulle eintlike funksie beskou: Om planne te maak. Dis al. Nie om die planne daadwerklik uit te voer nie. Nee. Hulle beraam planne en dis al. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit is veral op ekonomiese gebied waar die planne vervuil het, elkeen met &#39;n letterwoord of &#39;n afkorting wat met sorg uitgewerk is. Dit lyk regtig of daar meer kopkrap en fyndink in die benaming ingegaan het as in die eintlike ontwerp van die plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Jy het jou HOP en jou GEAR en jou JIPSA en jou NEPAD en jou Afrika Renaissance&hellip;&nbsp; <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&hellip; en nou AsgiSA ook. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die nieswoord het by ons aangesluit tien jaar na die ANC geskok is deur hulle oorname van die regering van Suid-Afrika. Om en by daardie tyd het mense saggies begin kug en beleefd gevra wat van die beloofde ses-persent ekonomiese groei geword het waarmee die ANC voor die tyd so gespog het. Want in &ldquo;die eerste dekade van vryheid,&rdquo; soos die ANC dit stel, het die hoofdelike Bruto Nasionale Produk met &#39;n onverbysterende 1,1 persent per jaar gegroei. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ses persent? Vergeet nou eers van die ses persent, beduie die ANC in 2004. Kyk na die Groter Prent. Die fokus moet nie soseer op koelbloedige ekonomiese groei as op die stryd teen armoede wees nie. Die ANC, nog nooit &#39;n skugter lotjie nie, ontwerp toe &#39;n paar teikens. Armoedevlakke, sien, gaan teen 2014, gekrimp het totdat dit minder as &#39;n&nbsp; sesde van die huishoudings in die land raak. En daardie selfde jaar gaan werkloosheid in Suid-Afrika gekrimp het tot minder as vyftien persent. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wonderlik! Halleluja! Viva ANC, viva! Viva Madiba, viva! Viva Tito Mboweni en viva Trevor Manuel en viva sommer Thabo Mbeki ook en vi&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Grafieke en spreiblaaie en sakrekenaars en formules en&#8230; a-hmm-&ucirc;g&#8230; &lsquo;skuus tog, maar om di&eacute; teikens te haal gaan &#39;n sekere groei in die ekonomie verg.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ja? Werklik? Soos hoe groot &#39;n koers?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Soos, hmm, ses persent?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En daar&rsquo;s daai peslike ses persent al weer.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Nou ja, wat&rsquo;s die probleem dan? As ons die ekonomie teen ses persent moet groei, laat ons dit dan doen. Ons is die ANC.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dis net, die laaste keer wat die Suid-Afrikaanse ekonomie teen ses persent gegroei het, was onder Hendrik Verwoerd&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Kinders, kinders, kinders! Ons is die ANC. As ons die ekonomie teen ses persent moet groei, dan is dit presies wat ons gaan doen. Waar is julle vertroue? Ontspan. Ons het&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ja. Ons weet. Die ANC het &#39;n plan.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dis reg.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die Versnelde en Gedeelde Groei Inisiatief van Suid-Afrika, gerieflik &ndash; en baie vernuftig, al moet hulleself so s&ecirc; &ndash; afgekort na die Engelse letterwoord, AsgiSA!<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Gesondheid&#8230; Wil jy &#39;n snesie leen? <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In Februarie 2006 word di&eacute; wonderwerk van &#39;n nuwe plan onder die adjunk-president, Phumzile Mlambo-Ngcuka geloods.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In &#39;n japtrap baar AsgiSa vrugte.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ja? <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ja. Sien, die wonderplan het &#39;n&#8230; plan. En di&eacute; plan is om &#39;n plan op te trek om die ekonomie se groeikoers op te dryf na ses persent per jaar.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Skitterend! Die ANC het &#39;n plan wat &#39;n plan beraam het om &#39;n plan uit te werk? Baie gesofistikeerd&#8230;<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Ja, maar wag. Die beste deel van hierdie plan is dat die ANC nie self die plan gaan maak nie. Nee, AsgiSA gaan die beste, mees omvattende, mees ingrypende ekonomiese plan van alle ekonomiese planne (tot dusver) wees.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Maybach. As jy die geld het, is daar geen rede om iets ander te ry nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Meneer die President?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar is net een wat hierdie plan kan maak. Niemand anders nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Meneer die President?<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Laat kom die Harvardman.<span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/stendy_razval_skhozhdeniya_tekhno_vektor\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0441\u0445\u043e\u0434 \u0440\u0430\u0437\u0432\u0430\u043b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p class=\"smalldark\"><a href=\"index.php?option=com_content&amp;task=view&amp;id=1711&amp;Itemid=386\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gustav2.jpg\" width=\"85\" height=\"94\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Lees ook Deel&nbsp; I: En vir ons president: &#39;n bottel met &#39;n blou etiket, &#39;n pyp en &#39;n Harvardman<\/a> <\/p>\n<h4>Deel II<\/h4>\n<h4><strong>AsgiSA! Gesondheid..!<\/strong><\/h4>\n<p>Dit klink soos &#39;n nies en miskien is dit nie so onvanpas nie.<\/p>\n<p>AsgiSA! Gesondheid. Kan ek vir jou &#39;n snesie aangee?<\/p>\n<p>  AsgiSA! Ha&hellip; iemand het &#39;n kopverkoue.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[1587,1612,1586,21105,21095],"class_list":["post-1686","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle","tag-90-plan-en-hoekom-dit-miljoene-gekos-het","tag-deel-ii","tag-die-r3","tag-s32-feuilleton","tag-s9-opstelle"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1686\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}