{"id":16852,"date":"2013-08-28T06:43:39","date_gmt":"2013-08-28T06:43:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16852"},"modified":"2013-08-28T07:56:04","modified_gmt":"2013-08-28T07:56:04","slug":"neo-cons-gereed-om-sirie-aan-te-val","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16852","title":{"rendered":"Neo-Cons gereed om Siri\u00eb aan te val"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/bushobama.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-16853\" alt=\"bushobama\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/bushobama.jpg\" width=\"299\" height=\"250\" \/><\/a>Amerika en Brittanje het Dinsdag intensiewe voorbereidings getref om weer &#8216;n soewereine staat aan te val, nadat hulle voorheen redes versin het om Irak sowel as Libi\u00eb te teiken. Die rede sal o\u00ebnskynlik wees om pres. Basjar al-Assad van Siri\u00eb te straf vir sy gebruik van gifgas teen burgerlikes verlede week.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA en Brittanje soek reeds geruime tyd &#8216;n voorwendsel om Siri\u00eb aan te val. Hulle het &#8216;n aantal jare gelede egter aan Saddam Hussein chemiese wapens voorsien wat hy teen duisende Koerde aangewend het, sonder enige teenkanting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rusland het begin om alle Russe uit Siri\u00eb te verwyder te midde van toenemende aanduidings dat Westerse moondhede gereed maak om &#8216;n lugaanval uit te voer. Die Amerikaanse minister van verdediging, Chuck Hagel s\u00ea hulle wag slegs op President Barack Obama se bevel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is daar in Israel &#8216;n toestroming na verspreidingsentrums vir gasmaskers. Di\u00e9 land verwag &#8216;n vergeldingsaanval uit Siri\u00eb of een van sy bondgenote. Die Israelse Eerste Minister het op sy beurt gewaarsku dat Israel hewig sal reageer indien daar enige aanval op hom is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Chuck Hagel, Amerikaanse minister van verdediging, is gereed as die bevel gegee word. Die Britse weermag is reeds in die Middellandse See ontplooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">The Guardian het berig dat die vlie\u00ebniers van passasiersvliegtuie uit die lug verhoogde aktiviteite by die lugmagbasis Akrotiri in Ciprus, slegs 160 km van die Siriese kus, opgemerk het. Talle C-160-vragvliegtuie is opgemerk, terwyl \u2019n aantal bomwerpers op die teerblad gereed gestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">David Cameron, Britse premier, sal \u2019n spesiale parlementsitting lei om toestemming vir deelname aan die operasie te verkry. In die VSA sal pres. Obama, in weerwil van die Grondwet en internasionale reg, die aanval waarskynlik sonder die Kongres se toestemming moet lei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama se besluit kan meer ongewild wees as tydens die laaste dae van Amerika se oorlog in Vi\u00ebtnam. Byna tweederdes van Amerikaners het aangedui dat hulle nie s\u00f3 &#8216;n inval steun nie, selfs al is Siri\u00eb vir die dood van sy eie inwoners verantwoordelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het die VN-span ondersoekers in Damaskus gister hul tweede besoek aan die buitewyke van die stad waar die gasaanvalle plaasgevind het \u2019n dag uitgestel. Hulle sal alleen bepaal of daar chemiese wapens gebruik is en nie wie daarvoor verantwoordelik is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoofstroommediabronne het egter seker gemaak dat hulle sulke inligting van die publiek weerhou. Hulle het ook die aantal sterftes oordryf. MSF (Dokters Sonder Grense) het aangedui dat net meer as 300 mense dood is, terwyl HSM die getal op 1 000 gestel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Washington Post het die jongste ingryping op sy voorblad aangekondig. Obama oorweeg glo &#8216;n kort bombardement van twee dae. Dit sal missiele insluit wat van skepe in die Middellandse See gelanseer word, asook bombardemente uit die lug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama se besluit sal glo afhang van drie faktore: \u2019n Intelligensieverslag wat aandui dat Siri\u00eb bo alle redelike twyfel vir die chemiese aanvalle verantwoordelik was, konsultasie met Amerika se bondgenote en die Kongres se mening.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Walid Moeallem, Siriese minister van buitelandse sake, het ten sterkste ontken dat sy land vir die chemiese aanvalle verantwoordelik was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rusland en China het aangedui dat die Veiligheidsraad eers toestemming moet gee. Hulle sal waarskynlik hul vetoreg uitoefen indien die Raad in die guns van die Anglo-Amerikaanse Neo-Cons besluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens bronne wat &#8216;n vergadering met die Siriese Nasionale Koalisie in Istanbul bygewoon het, was gesante van 11 &#8220;Vriende van Siri\u00eb&#8221; teenwoordig, insluitende Robert Ford, die voormalige Amerikaanse ambassadeur in Siri\u00eb wat nou Washington se skakel met die opposisie is, het die bronne ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vergadering het in &#8216;n hotel in die middestad van Istanbul plaasgevind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vriende van Siri\u00eb-kerngroep bestaan uit die Verenigde State van Amerika, Brittanje, Frankryk, Itali\u00eb, Duitsland, Turkye, Saoedi-Arabi\u00eb, Egipte, Jordani\u00eb, die Verenigde Arabiese Emirate en Katar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Amerikaners wil &#8216;n milit\u00eare aksie vasmaak aan die chemiese wapen-kwessie, maar die boodskap is duidelik: Hulle verwag dat die dreigement sterk genoeg sal wees om Assad na Gen\u00e8ve te dwing sodat hy &#8216;n tussentydse regering aanvaar met volle gesag,&#8221; het &#8216;n Siriese opposisiefiguur ges\u00ea .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Assad se minister van buitelandse sake, Moeallem, het in Junie ges\u00ea die owerhede is gereed om &#8216;n regering van nasionale eenheid te vorm, maar nie hulle mag oorhandig aan die ander kant nie, in &#8216;n aanduiding dat Assad nie van plan is om beheer van die land af te staan nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amerika en Brittanje het Dinsdag intensiewe voorbereidings getref om weer &#8216;n soewereine staat aan te val, nadat hulle voorheen redes versin het om Irak sowel as Libi\u00eb te teiken. Die rede sal o\u00ebnskynlik wees om pres. Basjar al-Assad van Siri\u00eb te straf vir sy gebruik van gifgas teen burgerlikes verlede week. Die VSA en Brittanje &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16852\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Neo-Cons gereed om Siri\u00eb aan te val&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16853,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[11744,4905,7402,11995,10964,2686,9575,10641,11994,9733,2848],"class_list":["post-16852","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aanval","tag-brittanje","tag-irak","tag-kongres","tag-libie","tag-obama","tag-oorlog","tag-sirie","tag-soewereine-staat","tag-vk","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16852","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16852"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16852\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16853"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16852"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16852"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16852"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}