{"id":16775,"date":"2013-08-26T18:32:22","date_gmt":"2013-08-26T18:32:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16775"},"modified":"2013-08-30T05:20:22","modified_gmt":"2013-08-30T05:20:22","slug":"aan-piet-croucamp-afrikaners-is-n-etniese-groep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16775","title":{"rendered":"Aan Piet Croucamp: Afrikaners \u00eds \u2019n etniese groep"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15563\" alt=\"roodt_dan_wiki\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\" width=\"266\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg 266w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 266px) 85vw, 266px\" \/><\/a><\/p>\n<p>deur\u00a0<a title=\"Dan Roodt se rubrieke\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=41\">Dan Roodt<\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Piet Croucamp is geen ernstige denker nie. Trouens, hy neem nie sy opponente ernstig op nie en maak hulle gewoon as \u201conintelligent\u201d of \u201cregses met \u2019n \u201clae IK\u201d af. Boonop is dit moeilik om te bepaal uit watter ideologiese hoek sy stellings oor \u201cregses\u201d, konserwatiewes\u201d, ensovoorts gemaak word. Hy roem homself blykbaar daarop dat hy \u2019n linkse of neomarxis is, maar watse soort neomarxis? Is hy \u2019n Hegeliaan na die Frankfurt-skool of \u2019n meer strukturalistiese tipe in die styl van Louis Athusser, Etienne Balibar, Dominique Lecourt en ander?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die een kant wil dit lyk asof Croucamp bloot dinge s\u00ea om polemiek te bedryf of om mense die harnas in te jaag. Eintlik beledig hy Afrikaners en verwag dan een of ander reaksie van ons. Ek dink Gustav Venter het hom reeds \u2018n week of wat gelede op hierdie vlak geantwoord in\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=15725\" target=\"_blank\">Nou wie\u2019s nou dom, h\u00fb?<\/a>, asook Manfred Delport in\u00a0<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=15691\" target=\"_blank\">Kaptein Piet Croucamp se spekskietery<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My eie indruk van Croucamp is dat hy graag namens die heersende ideologie praat. Op di\u00e9 manier verskil hy nie veel van Nasionale-Party-Afrikaners van die verlede nie, wat ook graag die heersende diskoers nagepraat het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Blykbaar is hy egter geen Afrikaner nie, al lyk hy soos een en praat hy soos een. In elk geval sal niemand Croucamp vir \u2019n Engelsman uit die stad van Londen aansien nie. Hy het, soos Koos Kombuis, alias Andr\u00e9 Leroux du Toit, uit die Afrikanerdom \u201cbedank\u201d. S\u00f3 maklik is dit egter nie, om in \u2018n komplekse, veelvolkige (multinasionale) staat soos di\u00e9 van Suid-Afrika jouself anders te begin etiketteer. Soos die vrou wat destyds tydens die Soweto-onluste uitgeroep het, \u201cI\u2019m English!\u201d mag dit dalk nie genoeg wees om jou van ander te distansieer nie, aangesien jy nog steeds etnies as blanke, Westerling en, les bes, Afrikaner, ervaar mag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie mag \u2018n futiele oefening wees. Soos ek reeds gesuggereer het, wil Croucamp nie h\u00ea dat ons hom ernstig opneem nie. Hy s\u00ea maar net enigiets wat in sy kop inkom en gee nie eintlik om as dit aanvegbaar is nie, solank dit een of ander reaksie in die geledere van \u201cdie volk\u201d veroorsaak. \u2019n Mens bespeur dieselfde soort houding by Max du Preez wat sy lojaliteit teenoor Engelse, swartes of wie ook al betuig deur Afrikaners te beledig, te stereotipeer en te verguis. Dis \u2019n soort hensopperdiskoers, want eintlik is die toehoorder altyd die ander, die nie-Afrikaner wat goed gaan voel omdat hy \u201cslimmer\u201d, \u201clinkser\u201d of \u201cmeer bevry\u201d as die gemiddelde Afrikaner sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin wil ek enkele van die stellings (teses) wat Croucamp maak, ernstig opneem en aan \u2019n ligte ondersoek onderwerp om te sien of hulle waar of vals is. Verskoon my as dit na \u2019n soort matriek- of eerstejaarsopdrag klink, maar siende dat ons hier met heel basiese begrippe werk, kan dit nie anders nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Croucamp s\u00ea byvoorbeeld: \u201cDie konsep \u2018Afrikaner\u2019 het waarskynlik lankal nie meer die nominale inhoud van \u2019n etniese groep nie.\u201d Nou vra ek: Hoe waar is dit en op watter gesag berus hierdie stelling?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Let op die gebruik van die woord \u201cwaarskynlik\u201d. Eintlik ondermyn Croucamp sy eie stelling, want hy wil s\u00ea dat hy self nie seker is nie. Beroep hy hom op \u2019n vae soort openbare mening, die\u00a0Zeitgeist\u00a0wat Naspersjoernaliste in hul onkunde vir ons konstrueer?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke woordeboek ter w\u00eareld bevat \u2019n definisie van die begrip \u201cAfrikaner\u201d. Laat my byvoorbeeld die Nederlandse Van Dale aanhaal: \u201cAfrikaner\u2026 vooral in Zuid-Afrika gebezigde aanduiding van een in Z.-Afrika geboren blanke, m.n. van Boerenafkomst.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ander woorde, daar is wel \u201cnominale inhoud\u201d. \u201cNominaal\u201d kan hier twee dinge beteken: \u201cvolgens die naam\u201d en \u201cgering\u201d. Die eerste betekenis is semanties van aard en die tweede dui op \u2018n \u201cgeringe etniese inhoud\u201d as ek hom reg verstaan. In albei gevalle is sy stelling dus vals: Die semantiese inhoud van \u201cAfrikaner\u201d is bewese en algemeen aanvaar, soos die meeste woordeboeke in \u2019n groot verskeidenheid tale op aarde bewys en ten tweede kan die etniese aard van die begrip \u201cAfrikaner\u201d ewe min ontken word. Die huidige president van Suid-Afrika het reeds by verskeie geleenthede die bestaan van Afrikaners as \u2019n etniese groep erken deur na ons as \u201cinheems\u201d te verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar afgesien van hierdie soort \u201cstaatkundige erkenning\u201d deur die staatspresident van Suid-Afrika, is daar ook ander, meer objektiewe \u2013 noem dit volkekundige of antropologiese \u2013 maatstawwe. Die \u201cAfrikanergeskiedenis\u201d is reeds in honderde boeke, asook waarskynlik duisende proefskrifte en tienduisende artikels in allerlei tale geboekstaaf. Die hele Suid-Afrika is besaai met monumente en simbole wat elemente van daardie geskiedenis gedenk. Iewers het ek gelees dat 90% van alle monumente in Suid-Afrika deur Afrikaners opgerig is. Tot in China weet mense van die Voortrekkermonument, want dit is die monument in ons land wat die meeste besoek word en dan veral deur Mandarynse Chinese.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens geskiedenis, watter ander merkers van etnisiteit is daar? Taal, kookkuns, tradisies, godsdiens, kleredrag, danse, ens. Standaardafrikaans is \u2019n skepping van die Afrikaner, nogal die Genootskap van Regte Afrikaners. Daar is iets soos Boerekos en Afrikanerkookkuns, Boerewors, sosaties, poedings, koeksisters, noem maar op. Trouens, die res van die mense in die land spot met ons omdat ons sulke kenmerkende etniese eetgewoontes het, terwyl hulle aan Amerikaanse hamburgers smul. Selfs Woolworths, wat nie Afrikaans as taal erken nie, verkoop Boerewors, asook \u2019n variant wat Grabouw-boerewors genoem word. Toe ek op skool was, het ons volkspele gedoen en ek weet daar bestaan nog vele volkspelegroepe in die land waar mense tradisionele danse beoefen wat toeka se tyd in die Kaap ontstaan het en saam met ons die binneland ingekom het en tot vandag toe beoefen word. Selfs RSG, die radiostasie wat hom by monde van sy hoof, Magdaleen Kruger, t\u00e9\u00e9n Standaardafrikaans uitgespreek het, saai Boeremusiek uit!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die term \u201cAfrikaner\u201d druk dus beslis \u2019n etniese begrip uit. Ironies erken iemand soos prof. Wannie Carstens van die Noordwes-universiteit dit ook as hy s\u00ea dat ons die term \u201cAfrikaner\u201d anders moet defininieer: \u201cEk is van oordeel ons moet eerder die term \u2018Afrikaner\u2019 herdefinieer as dat dit almal wat Afrikaans praat, insluit. Dan beweeg ons weg van die assosiasie met kleur. Want die assosiasie met kleur vind ek diskriminerend.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit wil dus voorkom asof sowel Croucamp as Carstens \u2019n ongemak met die begrip \u201cAfrikaner\u201d ervaar, wat moontlik daarmee te make het dat albei universiteitsdosente is. Sedert Kader Asmal die akademiese vryheid wat in die land bestaan het, be\u00ebindig het, weet ons dat akademici besonder gevoelig is vir enige vorm van politiek wat van die heersende ideologie van \u201cnasiebou\u201d en die ontkenning van etnisiteit afwyk. Dieselfde persoon wat Afrikanerskap ontken of, les bes, \u201canders wil definieer\u201d, het egter geen probleem daarmee om na \u201cJode\u201d, \u201cPalestyne\u201d, \u201cFranse\u201d, \u201cNederlanders\u201d of selfs \u201cVlaminge\u201d te verwys nie. Hy drink steeds \u201cSkotse\u201d whiskey en probeer nie die bestaan van Skotland as \u2019n etniese gebied binne die Verenigde Koninkryk ontken nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gemiddelde Afrikaner daarbuite het egter vrede met die institusionele probleme van universiteitsdosente wat vir aanvaarding en bevordering van \u2019n polities korrekte onderdanigheid teenoor die owerheid afhanklik is. Daarom gaan ons ons n\u00f3g \u201cherdefinieer\u201d om Carstens te pas n\u00f3g om Croucamp se valse stellings waar te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gewraakte onderwerp \u201crassisme\u201d word elke dag tot vervelens toe in Suid-Afrika aangeroer. Omdat Croucamp iemand is wat graag die stroom volg, doen hy dit ook in sy stuk deur te s\u00ea:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAfrikaners wat hulself as polities regs (\u2018n veronderstelde ideologiese konsep) identifiseer, verskil in minstens een \u2013 of net een \u2013 belangrike opsig van hul mede taal-en kultuurgenote en dit is dat hulle kru rassisties is op \u2019n wyse wat met lae intelligensie geassossieer kan word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier doen Croucamp ten minste twee dinge: hy veronderstel dat alle \u201cregses\u201d (ons weet nie presies wie of wat dit is nie, maar dis seker almal wat nie marxiste of sosialiste is nie) en alle \u201crassiste\u201d oor \u2018n \u201clae intelligensie\u201d beskik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe waar is dit? Kom ons begin by die rassiste. Daar bestaan geen samehangende definisie van \u201crassisme\u201d nie, maar kom ons veronderstel dat daardie intellektuele, skrywers, denkers en wetenskaplikes wat in die onlangse verlede deur die meer liberale media as \u201crassiste\u201d uitgekryt is, wel rassiste is. Indien Croucamp korrek is, sal hulle almal dom wees, of oor \u2019n \u201clae IK\u201d beskik. \u201cHoe laag is \u2019n \u2018lae IK\u2019?\u201d is die volgende vraag. \u2019n Normale IK in Westerse lande is 100, dus moet dit laer as 100 wees. So \u2019n persoon sou nie in staat wees om byvoorbeeld \u2019n universiteitskwalifikasie te verwerf nie, wat nog te s\u00ea \u2019n nagraadse kwalifikasie. Hy sou ook nie in staat wees oorspronklike wetenskaplike navorsing te doen nie. Wat van \u2019n Nobelprys in die medisyne, spesifiek vir ontdekkings in die molekul\u00eare biologie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So \u2018n beroemde \u2013 en vermoedelik intelligente \u2013 rassis is James D. Watson, een van die vaders van die moderne genetika. Soos almal weet, het hy en sy kollega Francis Crick die \u201cdubbele heliks\u201d van ons DNS ontdek. Daarvoor het hulle in 1962 die Nobelprys in die medisyne ontvang. Watson het hom sy lewe lank met genetiese navorsing besig gehou, totdat hy in 2007 tydens \u2019n boekpromosietoer die volgende gewraakte opmerking teenoor \u2019n Britse joernalis gemaak het:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201c\u2026there is no firm reason to anticipate that the intellectual capacities of peoples geographically separated in their evolution should prove to have evolved identically. Our wanting to reserve equal powers of reason as some universal heritage of humanity will not be enough to make it so.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die implikasie van di\u00e9 stelling is natuurlik duidelik: dat verskillende rasse gemiddeld nie oor dieselfde intellektuele vermo\u00ebns beskik nie. \u2019n Geweldige skandaal het losgebars; Watson moes die res van sy toer kanselleer en hy is ook gedwing om uit sy pos as hoof van \u2019n navorsingslaboratorium te bedank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit raak nog erger, ten minste vir Croucamp se teorie dat alle rassiste dom is. Nog \u2019n wetenskaplike, William Shockley, het die transistor uitgevind en daarvoor in 1956 die Nobelprys vir fisika ontvang. Hy word as die vader van die sogenaamde \u201cSilicon Valley\u201d in Kaliforni\u00eb beskou en sonder hom sou ons seker nie vandag op rekenaars gesit en tik het nie. Miskien is rekenaars ook \u201crassisties\u201d want later in sy lewe, nadat hy professor aan die Stanford-universiteit was, het Shockley \u2019n oortuigde voorstander van eugenetiek geword. \u2019n Groep van 30 van sy kollegas het egter ges\u00ea: \u201cShockley is the man who brought silicon to Silicon Valley.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die einde van sy lewe is Shockley geteister deur joernaliste wat sy sienings oor ras en intelligensie belaglik wou maak en hy het ook \u2019n lastersaak gemaak waarin die hof hom gelyk gegee het, maar slegs $1 aan vergoeding toegestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die liberale media en die ho\u00ebpriesters van politieke korrektheid was beide Watson en Shockley \u201crassiste\u201d. Een was die uitvinder van die transistor en die vader van \u201cSilicon Valley\u201d en die ander die mede-ontdekker van die DNS-heliks. Albei het die Nobelprys in wetenskaplike dissiplines ontvang. Ons kan baie dinge van hulle s\u00ea, maar nie dat hulle \u201cdom\u201d was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vader van moderne rassisme word allerwe\u00eb as die Franse skrywer, Graaf de Gobineau, beskou. Benewens romans en ander geskrifte, het hy \u2019n boek met die onvergeeflike titel,\u00a0Die ongelykheid van menslike rasse, gepubliseer. Nietemin word hy steeds as klassieke skrywer in Frankryk erken. Was hy ook \u201cdom\u201d?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skrywers van die boek\u00a0The Bell Curve, Herrnstein en Murray, is insgelyks deur die liberale media as rassiste uitgekryt, dog geen van hul joernalistieke en akademiese kritici kon tot dusver die sentrale punt van die boek, dat IK \u2019n groot rol in die samelewing speel, weerl\u00ea nie. Die omstredenheid van die boek draai rondom \u2019n enkele hoofstuk waarin IK-verskille tussen rasse bespreek word. Ook daardie hoofstuk is tot op hede nie verkeerd bewys nie. As dit so maklik is om die geskrifte van bekende en \u201cdom rassiste\u201d te weerl\u00ea, waarom doen die hordes links-liberale joernaliste en akademici dit nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enkele jare gelede het dr. Leopold Scholtz, die bekende Naspers-kommentator, belowe dat hy wetenskaplike artikels uit erkende vaktydskrifte sou voorl\u00ea wat onomstootlik bewys dat \u201crassistiese\u201d sielkundiges en navorsers verkeerd is en dat alle rassegroepe oor presies dieselfde gemiddelde IK beskik. Gegewe die linkse obsessie met hul \u201cho\u00eb intelligensie\u201d, teenoor die geestelike gestremdheid van rassiste, is dit nie tyd dat Croucamp, Scholtz en ander met die getuienis vorendag kom dat swartes, blankes en Asi\u00ebrs oor presies dieselfde gemiddelde intelligensie beskik nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Navorser wat hom insgelyks op die onderwerp van ras en IK toegespits het, was die Kanadees J. Philippe Rushton. As professor aan die Universiteit van Wes-Ontario in Kanada was hy sekerlik nie verstandelik vertraag nie en hy het allerlei aanvalle, betogings, asook \u2019n vier jaar lange hofsaak en pogings van die Ontario-provinsie om hom afgedank te kry, getrotseer om met sy navorsing oor IK voort te gaan. Op \u2019n stadium is sy klasse dermate deur betogers ontwrig dat die universiteit nie meer sy veiligheid kon waarborg nie en moes hy deur middel van video-opnames klas gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Croucamp se teorie dat \u201crassiste\u201d noodwendig dom is, moet in die lig van bogaande getuienis, afgewys word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kommerwekkend van linkse denkers is hul ontvanklikheid vir groepsdruk en onverdraagsaamheid teenoor diegene wat van hulle verskil, wat gewoonlik doodgeskree, met geweld gedreig of selfs fisiek aangeval word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Croucamp, is alle \u201cregses\u201d dom. \u2019n Groot aantal intellektuele, skrywers, digters, filosowe, komponiste en natuurlik politici deur die geskiedenis kan as \u201cregs\u201d of nasionalisties beskou word. Nietzsche, Wagner, Heidegger, Ezra Pound, T.S. Eliot, C\u00e9line, N.P. van Wyk Louw, C.M. van den Heever, Alain de Benoist, Enoch Powell, Kurt Vonnegut, Anna M. Louw, Jaap Steyn, Jean Raspail, Peter Sloterdijk, W.F. Hermans, Houellebecq en vele ander het op een of ander manier hulself as \u201cregs\u201d of ten minste nie-links geposisioneer. Heidegger word as een van die grootste filosowe van die Twintigste Eeu beskou, indien nie di\u00e9 grootste nie. Prins Charles van die Verenigde Koninkryk het op \u2019n stadium \u201calle moderne argitektuur as\u2026 fascisties\u201d beskryf en moontlik was hy reg. Daar is niks prolataries aangaande ho\u00eb geboue, glas en staal, asook die aandrang op sulke \u201cregse\u201d ideale soos skoonheid, suiwerheid en funksionaliteit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die linkse aandrang op \u201cgelykheid ten alle koste\u201d het vir ons die Sowjet-goelag gegee. Daarmee saam kan ons sien dat die voorstanders van gelykheid juis die onverdraagsames is wat mense se klasse ontwrig, ander wil sensureer, wetenskaplike navorsing wil belemmer en boeke en geskrifte verbied wil sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan ons hoegenaamd Croucamp se volgende stelling ernstig opneem: \u201cSoos dit is, het Afrikanerskap \u2019n baie lelike ideologiese konstruk geword; daarom is ek geen Afrikaner nie\u2026 Diegene wat haat en nyd koester as \u2019n politieke identiteit is die skuim van die Afrikanerdom, die room ploeg die lande, skep werk en word burgers van \u2019n baie groter en interessanter prentjie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek weet nie of Croucamp as w\u00eareldburger of Brit of wat ook al self-identifiseer nie, maar kennelik is hy nie in staat om aan ons te verduidelik waarom Afrikanerskap \u2019n \u201clelike ideologiese konstruk\u201d sou wees nie. Immers is Afrikanerskap gegrond op vrye assosiasie, terwyl die huidige Suid-Afrikanerskap van dwang en selfs sadisme afhang. Elkeen kan kies of hy \u2019n Afrikaner wil wees hoewel vreemdelinge selfs vir Croucamp as Afrikaner mag sien, ongeag sy \u201cbedanking uit die volk\u201d. Aan die ander kant word ons eenvoudig in die nasionale staat van Suid-Afrika ingedwing, waar ons met wetteloosheid, korrupsie en sadistiese geweld vir lief moet neem. Is Suid-Afrikanerskap nie eerder die \u201clelike ideologiese konstruk\u201d waarvan Croucamp praat nie? Ons word gevange gehou in \u2019n stelsel wat ons nie wil h\u00ea nie, waarvoor ons nie stem nie en wat ons op allerlei maniere verdruk. Tydens plaasmoorde, motorkapings en huisaanvalle word ons vroue verkrag en ons almal aangerand, beseer en vermoor. Die aaklige geweld wat ons ervaar, stem al hoe meer ooreen met die linkse utopie\u00eb van die twintigste eeu wat een en almal as \u201cmisdade teen die mensdom\u201d verwerp is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Goelag Suid-Afrika, tuiste van die terroriste en sadiste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit die mense met wie Croucamp, die verloopte Afrikaner en desnoods verraaier, identifiseer? Praat hy namens die totalit\u00eare linkse tradisie van die 20ste Eeu? Die \u201chaat en nyd\u201d waarna hy verwys, is eerder aan die kant van die nie-Afrikaners te vinde. In vele opsigte is Suid-Afrikanerskap op Afrikanerhaat gegrond, omdat die \u201cSuid-Afrikaner\u201d nie in staat is om sy eie identiteit te skep nie en daarom slegs na \u2019n soort anti-identiteit kan aspireer, wat die ontkenning van die Afrikaner sou wees. Deur ons te ontken, word ons ook desnoods vermoor. Op sy minste word daar teen ons taal en kultuur gediskrimineer, wat geheel en al teen internasionale norme indruis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek verbeel my Andries Treurnicht het destyds \u2019n boek,\u00a0Credo van \u2019n Afrikaner, geskryf. Dit is nogal deur die Naspers-uitgewery, Tafelberg, gepubliseer. Ek het dit nie gelees nie, maar ek dink dit is tyd vir \u2019n meer positiewe, bevestigende siening van Afrikanerskap. Wat is ons credo?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig moet enige definisie van Afrikanerskap vandag by lyding begin. \u2019n Afrikaner is bowenal iemand wat ly. Ons het onder die Britte gely, tydens d\u00edt wat Smuts in \u2019n gelyknamige boek ons \u201cEeu van onreg\u201d genoem het. Tans ly ons steeds onder die huidige imperialiste wat veel meer gewelddadig en onregverdig as die Britte is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Afrikaner is \u2019n jong meisie wat koelbloedig doodgeskiet word. Iemand soos Danielle Esterhuizen, Willemientjie Potgieter of Alyssa Botha. Vanuit die suiwer sadisme van daardie groteske daad, moet ons voortaan ons identiteit bedink, as magteloos en blootgestel aan die \u201chaat en nyd\u201d waarna Croucamp so ironies verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Croucamp se ontkenning van Afrikanerskap loop parallel met die ontkenning van ons menswees deur hierdie linkse stelsel: die goelag, die gelykheidsmasjien wat uit die totalit\u00eare maag van die 20ste eeu ontsnap het om ons te kom teister.<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur\u00a0Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Piet Croucamp is geen ernstige denker nie. Trouens, hy neem nie sy opponente ernstig op nie en maak hulle gewoon as \u201conintelligent\u201d of \u201cregses met \u2019n \u201clae IK\u201d af. Boonop is dit moeilik om te bepaal uit watter ideologiese hoek sy stellings &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16775\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Aan Piet Croucamp: Afrikaners \u00eds \u2019n etniese groep&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[167,768,4908,11920,472,11918,171,4785,11919,5970,10662,643,11917,10916],"class_list":["post-16775","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikaans","tag-afrikaner","tag-afrikanergeskiedenis","tag-etniese-groep","tag-etnisiteit","tag-frankfrurt-skool","tag-gustav-venter","tag-hegel","tag-hensopperdiskoers","tag-koos-kombuis","tag-manfred-delport","tag-naspers","tag-neomarxis","tag-piet-croucamp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16775","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16775"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16775\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16775"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16775"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16775"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}