{"id":16760,"date":"2013-08-26T13:06:36","date_gmt":"2013-08-26T13:06:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16760"},"modified":"2013-08-26T13:06:59","modified_gmt":"2013-08-26T13:06:59","slug":"vf-sal-stryd-teen-hidrobreking-ondersteun","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16760","title":{"rendered":"VF+ sal stryd teen hidrobreking opneem"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/fracking.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-16761\" alt=\"fracking\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/fracking.jpg\" width=\"249\" height=\"202\" \/><\/a>Die Vryheidsfront Plus sal drukgroepe in die stryd teen die ontginning van skaliegas deur \u2018n proses van hidrobreking ondersteun, s\u00ea adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid. Die VF Plus het hom al voorheen teen hidrobreking uitgespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, het pas aangekondig dat die ANC-regering moontlik toestemming kan verleen vir die ontginning van skaliegas voor aanstaande jaar se verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Alberts steun die VF Plus die stryd teen hidrobreking ten volle. Hy s\u00ea die skade wat dit aan die omgewing aanrig, kan vergelyk word met die kontaminasie wat \u2018n kernontploffing veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie skade is onomkeerbaar soos met radioaktiewebestraling. Die ekonomiese voordele wat die proses inhou word verreweg oordonder deur die skade aan die omgewing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie regering moet eerder daarop fokus om die land se bestaande minerale hulpbronne te ontgin en ten volle te benut. Ten spyte van die land se minerale rykdom, het die regering dit reggekry om die industrie so swak te bestuur dat Suid-Afrika nie veel beleggings trek nie. Ontginning van ons minerale rykdom het nog steeds baie potensiaal,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens hom het baie plaasboere in die Noord-Kaap reeds hul ontevredenheid teenoor die VF Plus te kenne gegee aangaande die projek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie VF Plus het onderneem om die stryd met al ons energie in die parlement voort te sit en sal hof toe gaan om hidrobreking stop te sit as dit moet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIndien dit voortgaan, kan die gevolge katastrofies wees. Suid-Afrika is \u2018n land met groot waterskaarste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDaar is talle voorbeelde w\u00eareldwyd wat duidelik aantoon dat hidrobreking ekologiese stelsels vernietig en water op groot skaal besoedel. Ons sal daarom alles in ons vermo\u00eb doen om dit stop te sit,\u201d s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus sal drukgroepe in die stryd teen die ontginning van skaliegas deur \u2018n proses van hidrobreking ondersteun, s\u00ea adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor handel en nywerheid. Die VF Plus het hom al voorheen teen hidrobreking uitgespreek. Dr. Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, het pas aangekondig &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16760\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+ sal stryd teen hidrobreking opneem&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16761,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11909,11792,11790,11908,11907,5663,11906],"class_list":["post-16760","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-die-minister-van-handel-en-nywerheid","tag-hidrobreking","tag-karoo","tag-omgewingsramp","tag-ontginning-van-skaliegas","tag-rob-davies","tag-shell"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16760","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16760"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16760\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16761"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16760"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16760"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16760"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}