{"id":16756,"date":"2013-08-26T13:19:23","date_gmt":"2013-08-26T13:19:23","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16756"},"modified":"2013-08-26T13:32:04","modified_gmt":"2013-08-26T13:32:04","slug":"beskuldigde-nommer-4-ope-brief-deur-hein-boonzaaier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16756","title":{"rendered":"Beskuldigde nommer 4: Ope brief deur Hein Boonzaaier"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_16762\" aria-describedby=\"caption-attachment-16762\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/boonzaaier_hein2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-16762\" alt=\"Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/boonzaaier_hein2-300x193.jpg\" width=\"300\" height=\"193\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/boonzaaier_hein2-300x193.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/boonzaaier_hein2.jpg 996w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-16762\" class=\"wp-caption-text\">Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">deur Hein Zaayman (alias Hein Boonzaaier)<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jy staan een oggend op met \u2018n lied in jou hart, en gaan stap deur jou tuin met jou getroue ou boerboel aan jou sy. En ewe skielik sien jy voor jou omtrent dertig polisiebeamptes met masjiengewere op jou gerig. Jou boerboel se hare rys, sy begin vorentoe hardloop, en \u2018n swart man met \u2018n \u201chawk\u201d-T-hemp aan rig sy pistool op haar en beveel jou om jou hond onder beheer te kry en weg te sit, anders word sy geskiet.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Sommige polisie rig hulle aanvalsgewere op die hond, ander hou dit op jou, nog ander het reeds jou vrou die voordeur laat oopmaak, en hou hulle gewere op haar gerig. Sy gee \u2018n gil en vra vir jou wat aangaan. Die man met die \u201chawk\u201d-hemp stel homself voor as kolonel So-en-so, en oorhandig twee hofbevele aan jou. Een is om jou huis te deursoek, en die ander is magtiging tot jou inhegtenisname vir hoogverraad. Hy vertel vir jou dat enige iets wat jy s\u00ea of doen teen jou in die hof gebruik kan word, en dan word jy geboei. Alles binne twee minute. Jou lewe het ewe skielik verander en jy weet nie hoekom nie, en s\u00f3 begin \u2018n agt maande lange \u201ckomedie\u201d van skokke, vernedering, onthullings en soms komiese oomblikke, wat verreikende gevolge vir jou en jou geliefdes bring.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit is, kortom, hoe hierdie sage in my lewe begin het, en wat \u2018n ontsaglike invloed op soveel fasette van my lewe oor\u00a0die afgelope agt maande\u00a0gehad het. Ek kan nou onthul dat ek die rubriekskrywer Heinrich B Zaayman is, of party mense ken my as <a title=\"Rubrieke van Hein Zaayman\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=146\">Hein Zaayman<\/a>. Ek het al vele artikels vir Praag geskryf tot en met 2011.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar ek wil nie hier my hele hartseer en verstommende reis deur Suid-Afrika se swak strafproseswette, regstelsel en politieke intimidasie vertel nie. Ek wil vertel van die verstommende ondersteuning wat ek, my vrou en my familie vanuit soveel oorde en onverwagte plekke gekry het, en om daarvoor dankie te s\u00ea. Ondersteuning wat mens staande gehou het, my laat besef het ek is nie alleen nie, en wat as engele deur my vrou beskryf is. Dit sal onmoontlik wees om almal by die naam te noem, maar hulle weet wie hulle is, en ek is dankbaar vir Dan Roodt om deur middel van Praag aan hulle ons dank oor te dra.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Behalwe vir die plaaslike mense in die sogenaamde \u201cregse\u201d politiek, was daar familie waarvan ons jare laas iets gehoor het, vriende wat nooit saamgestem het met my politieke standpunte nie, ou skoolvriende, oudstudentemaats, oudkollegas oor \u2018n hele dertig jaar, kennisse uit verskeie fasette van ons lewens, huidige kollegas van beide my en my vrou, die maatskappy vir wie sy werk, en baie swart mense met wie ek deur die jare te doen gekry het as personeel, projeklede en kli\u00ebnte. Daar was vele mense wat bidgroepe vir my en my medebeskuldigdes gestig het.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Vanuit Amerika is daar ook bidgroepe gestig, en almal wat ek daar leer ken het n\u00e1 twee besoeke aan die VSA wou op eie koste na SA vlieg om vir my te kom getuig. Daar was die menseregtedrukgroep in Ierland wat die regering so op hol gejaag het, dat die gevangenis elke twee ure aan die minister oor ons\u00a0verslag moes doen. Vanuit Kanada, Australi\u00eb, Europa en Suid-Amerika het ek persoonlik soveel ondersteuning gekry, dat ek net verstom kon staan.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En dan seker die belangrikste was daar die Hemelse Vader, wat my onderskraag het, regop gehou het, en my eie waardigheid vir my opgepas het, terwyl daar \u2018n korrupte stelsel en meewerkende pers was, wat my probeer afbreek en beskryf het as \u2018n dom Boer wat \u2018n bose terroris is. Vir di\u00e9 wat nie aan God glo nie,voel ek jammer. Hy is waaragtig en almagtig, en kan namens jou, wat jouself op Sy altaar l\u00ea, alle onmoontlike hindernisse uit jou pad vee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 al die ontberings en hartseer, wil ek vir almal wat ons ondersteun het dankie s\u00ea, en weet dat elkeen \u2018n spesiale plek in ons harte het. Ons sal dit nooit vergeet nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Hein Zaayman (alias Hein Boonzaaier) Jy staan een oggend op met \u2018n lied in jou hart, en gaan stap deur jou tuin met jou getroue ou boerboel aan jou sy. En ewe skielik sien jy voor jou omtrent dertig polisiebeamptes met masjiengewere op jou gerig. Jou boerboel se hare rys, sy begin vorentoe hardloop, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":16762,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[146,10],"tags":[11911,768,4976,10177,11197,5990,9468,2242,6056],"class_list":["post-16756","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c153-hein-zaayman","category-rubrieke","tag-aanvalsgewere","tag-afrikaner","tag-bloemfontein","tag-boer","tag-hein-boonzaaier","tag-hoogverraad","tag-menseregte","tag-suid-afrika","tag-terrorisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16756","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16756"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16756\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16762"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16756"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16756"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16756"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}