{"id":1671,"date":"2008-05-13T20:24:34","date_gmt":"2008-05-13T20:24:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1671"},"modified":"2008-05-13T20:24:34","modified_gmt":"2008-05-13T20:24:34","slug":"rassisme-en-die-kerklike-debat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1671","title":{"rendered":"Rassisme en die kerklike debat"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Die godsdienskorrespondent van Beeld, Neels Jackson, het verklaar dat n&oacute;g die NGK, n&oacute;g die Hervormde Kerk genoeg doen om rassisme in eie geledere hok te slaan. Prof. Piet Meiring het min of meer die kritiese standpunt van Jackson onderskryf en bygevoeg dat die genoemde kerke die klem te min op die horisontale verhoudinge plaas. Hy het vrylik uit die Belhar-belydenis van die (kleurling-) Verenigde Gereformeerde Kerk aangehaal en dit as navolgingswaardig voorgehou.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Prof. Theuns Dreyer van die Hervormde Kerk het rassisme vanuit &lsquo;n etiese perspektief bekyk en veroordeel. Dit is rassisme wat voortvloei uit die verhouding van een mens tot &lsquo;n ander. Wat strukturele rassisme betref, het Dreyer daarop gewys dat neorassisme in die post-apartheidtydvak &lsquo;n groeiende sosiale verskynsel onder wittes is, basies as gevolg van die regstellendeaksieklousule en die plofbare veiligheidsituasie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dr. Johan Pienaar, van die NGK, het min of meer &lsquo;n historiese benadering gevolg en aangetoon hoe die NGK se moeder-dogterkerklike differensiasies ontstaan het. Terselfdertyd het hy statisties daarop gewys dat die teenstand van lidmate teen strukturele eenwording met die dogterkerke besig is om af te plat.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit blyk dat die sprekers op twee vermeende vorme van rassisme die klem laat val het:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>rassisme as etiese verskynsel wat voortvloei tussen mense, ingevolge waarvan een persoon hom verhewe voel bo &lsquo;n ander en die ander minderwaardig ag (prof. Theuns Dreyer, Hervormde Kerk); en<\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>vermeende rassisme ingevolge waarvan &lsquo;n &ldquo;wit&rdquo; kerk sy deure sluit vir ander (swart Christene) of strukturele eenheid van die wit kerk met die gekleurde kerke afkeur. <\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Kommentaar uit die gehoor op die standpunte van die inleiers was verskillend. Een persoon het daarop gewys dat almal rassisme van &lsquo;n etiese aard (dus een mens of groep teenoor &lsquo;n ander mens of groep) afkeur, maar dat eenstemmigheid ontbreek oor die vraag of verskillende kerke vir verskillende gemeenskappe met verskillende aanbiddingsbehoeftes op rassisme neerkom.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die hantering van laasgenoemde kwessie hang af van &lsquo;n teoretiese of dogmatiese raamwerk oor die vraag na die verhouding kerk tot gemeenskap en tot die samelewing. In hierdie verband is daar drie kerkidees:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>Die universalistiese idee dat kerk en koninkryk saamval en dat daar maar een kerk vir alle gelowiges behoort te wees. Die Roomse Kerkidee is hier van toepassing. <\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>Die liberalistiese idee (kollegialisme) dat &lsquo;n kerk die eenheid of optelsom van alle gelowiges is en dat niemand wat gelowig is, die deur gewys kan word nie.<\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>Die plurale idee dat &lsquo;n kerk &lsquo;n aanbiddingstruktuur is, wat die verhouding van mense tot die Transendente God re&euml;l en orden en dat daar dus &lsquo;n onoorsienbare hoeveelheid van kerke kan en mag wees, wat elkeen uitdrukking is van die partikuliere behoeftes van &lsquo;n bepaalde godsdiensgemeenskap. <\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Bogenoemde drie kerklike modelle hang ook saam met &lsquo;n antropologie:<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>Die Grieks-heidense dualistiese mensbeskouing dat die mens oor &lsquo;n ewige sielsdimensie beskik, wat vir die duurte van sy\/haar lewe tydelik in &lsquo;n materi&euml;le liggaam vasgevang is. Hierdie antropologie lei tot &lsquo;n spirituele determinisme.<\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<ul>\n<li>Die Bybelse idee dat die mens een in die tyd is, dat die volle mens by konsepsie ontstaan, dat die menslike geen honderde (ja, duisende) jare die verlede teruggryp, sy huidige potensialiteit medebepaal en ook die moontlikhede van sy\/haar nageslag beperk. <\/li>\n<\/ul>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die wekroep tot een kerk vir alle mense is fundamenteel gebaseer op &lsquo;n spirituele determinisme wat die rol van beskawing, kultuur en taal in die samestelling van die menslike persoon totaal onderskat. So &lsquo;n antropologie gee onteenseglik aanleiding tot &ograve;f &lsquo;n universalistiese kerkidee &ograve;f tot die liberalisme wat van &lsquo;n kerk die optelsom van alle gelowiges maak. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Wat duidelik by sommige sprekers was en kerke is, is om polities korrek te wees. In so &lsquo;n situasie word die kerkidee aangepas om by die politieke omw&ecirc;reld in te pas.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p style=\"text-align: justify; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">&lsquo;n Spreker het daarop gewys dat as daar maar een kerk vir alle gelowiges moet wees (een algemene Christelike kerk) dat Protestantse Christene, in daardie geval, op hulle spore sal moet terugloop na Rome en verskoning moet vra vir die feit dat die Reformasie die &ldquo;liggaam van Christus&rdquo; geskeur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify; text-indent: 36pt; line-height: 150%\" class=\"MsoNormal\">&nbsp;<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/8-svetilniki-dlya-aktsentnogo\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u0430\u043a\u0446\u0435\u043d\u0442\u043d\u043e\u0433\u043e \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kh.vgorode.ua\/refperson\/23722-danylchenko-yuryi-bronyslavovych\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die Sentrum vir Publieke Teologie het op 8 Mei 2008 &lsquo;n seminaar oor die tema van &ldquo;Kerk en Rassisme&rdquo; by die Universiteit van Pretoria aangebied. Deelnemers het ingesluit: Neels Jackson, prof. Piet Meiring, prof. Theuns Dreyer en dr. Johan Pienaar.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[1241,1599,21092],"class_list":["post-1671","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-christo-landman","tag-rassisme-en-die-kerklike-debat","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1671","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1671"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1671\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1671"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1671"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1671"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}