{"id":1669,"date":"2008-05-13T05:07:17","date_gmt":"2008-05-13T05:07:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1669"},"modified":"2008-05-13T05:07:17","modified_gmt":"2008-05-13T05:07:17","slug":"ng-arrestasies-in-zim","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1669","title":{"rendered":"N?g arrestasies in Zim"},"content":{"rendered":"<p>Verskeie joernaliste, vakbondleiers en honderde aktiviste is al in hegtenis geneem sedert die verkiesing in Maart wat die regerende party verloor het.&nbsp; Gister is die eerste gesagsfiguur wat deel is van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) egter gearresteer.<\/p>\n<p>Heya Shoko, &lsquo;n parlementslid vir die MDC in Masvingo-provinsie &#8211; wat voorheen regeer is deur Zanu-PF &ndash; is gister in hegtenis geneem na beweerde geweld in sy kiesafdeling.<\/p>\n<p>Ernest Mudavanhu, &lsquo;n kollega van Shoko, was saam met hom toe drie &ldquo;inspekteurs&rdquo; hom gearresteer het.<\/p>\n<p>Di&eacute; nuus volg nadat die president en die sekretaris-generaal van die vakverbond van Zimbabwe (ZCTU) se aansoek om borgtog geweier is na hul eerste hofverskyning.&nbsp; Hulle is in aanhouding op gronde van beweerde opstokery.<\/p>\n<p>Die MDC se leier, Morgan Tsvangirai, en voormalige president van die ZCTU sal di&eacute; week terugkeer na ongeveer &lsquo;n maand in die buiteland.&nbsp; Hy het die verkiesing gewen, net kort van &lsquo;n volstrekte meerderheid.<\/p>\n<p>Tsvangirai het egter voorwaardes vir die beplande uitkloprondte gestel:&nbsp; hy sal slegs deelneem indien die geweld in die land heeltemal gestaak word, die verkiesingskommissie hersien word en laastens as daar buitelandse waarnemers in die land ontplooi word.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die regering s&ecirc; op hulle beurt dat Westerse waarnemers nie nodig is nie en dat Tsvangirai nie rede het om vir sy lewe te vrees nie.<\/p>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Indien Tsvangirai wel in gevaar is, het ons polisielede wat hom wel kan beskerm,&rdquo; s&ecirc; die adjunk-minister van Inligting, mnr. Bright Matonga.<\/p>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Ons het geen idee gehad dat hy die land verlaat het omdat hy klaarblyklik vrees vir sy lewe nie.&nbsp; Ons het bloot gedink hy is met vakansie terwyl hy terselfdertyd probeer om steun op te bou in sy poging om Zimbabwe te demoniseer.&rdquo;<\/p>\n<p align=\"justify\">Tsvangirai wat bedreig word deur &lsquo;n klag van hoogverraad is verlede jaar erg aangerand tydens polisie-aanhouding.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mugabe se minister van Justisie, mnr. Patrick Chinamasa, s&ecirc; die regering sal nie buitelandse waarnemers toelaat nie, veral nie di&eacute; wat sanksies teen hulle handhaaf nie. &ldquo;Hulle sal weer ons guns wen as hulle die sanksies teen ons lig, andersins is daar geen rede vir ons om &lsquo;n verhouding met hulle te bou nie.&rdquo;<\/p>\n<p align=\"justify\">Geen Westerse waarnemers is in die eerste rondte van die verkiesing toegelaat nie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) is erg gekritiseer omdat hulle die verkiesing as vry en regverdig bestempel het.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die uitslae van die eerste verkiesing is vir vyf weke nie bekendgemaak nie en &lsquo;n datum vir die uitkloprondte is nog nie bekend nie, hoewel die wet s&ecirc; dit moet binne 21 dae van die vorige verkiesing plaasvind.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mugabe regeer al vanaf 1980 met Zimbabwe se onafhanklikheidswording en het die laaste verkiesing met 43,2% verloor teen Tsvangirai se 47,9%.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die Verenigde Nasies en die Europese Unie handhaaf sanksies teen Zimbabwe, nadat Mugabe na bewering die 2002-verkiesing gekook het.<\/p>\n<div align=\"justify\">Mugabe s&ecirc; Zimbabwe se swak ekonomiese toestand, wat gekenmerk word deur inflasie van ongeveer 165 000%, tagtig persent werkloosheid, &lsquo;n ernstige tekort aan voedsel en ander noodsaaklike benodighede, is aan di&eacute; sanksies te wyte.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/gidrobaki\/gidroakkumulyatory\">\u0433\u0438\u0434\u0440\u043e\u0430\u043a\u043a\u0443\u043c\u0443\u043b\u044f\u0442\u043e\u0440 100 \u043b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>President Robert Mugabe se regering het die aanslag op sy politieke opponente verskerp, terwyl opposisieleier, Morgan Tsvangirai, <span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/tsvangirai20080513b.jpg\" width=\"110\" height=\"70\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Morgan Tsvangirai<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>voorberei vir sy terugkeer na Zimbabwe om aan die uitklopverkiesing deel te neem<span style=\"font-size: 12pt; font-family: Arial\">.<\/span><\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[1597,21089,21108],"class_list":["post-1669","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-ng-arrestasies-in-zim","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1669","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1669"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1669\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1669"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1669"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1669"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}