{"id":16639,"date":"2013-08-23T03:51:12","date_gmt":"2013-08-23T03:51:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16639"},"modified":"2013-08-23T03:51:49","modified_gmt":"2013-08-23T03:51:49","slug":"kundigheid-is-mag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16639","title":{"rendered":"Kundigheid is mag"},"content":{"rendered":"<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-15429\" alt=\"delport_manfred_600\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg\" width=\"300\" height=\"245\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600-300x245.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/delport_manfred_600.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><em style=\"color: inherit;\">deur Manfred Delport<\/em><\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Jan Smuts het glo ges\u00ea dat Suid-Afrika \u2018n land is waar n\u00f3g die beste, maar darem ook nie die slegste nie, gebeur nie.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\">Ek wil Jan Smuts se stelling effens wysig: As daar iets goeds in Suid-Afrika gebeur, as iets positiefs verrig word, as iets gebou word, as daar vooruitgang en vordering is, as iets behoorlik werk, is dit meestal deur westerlinge, en veral Afrikaners, se toedoen. Die res van die inwoners van SA is nie juis konstruktiewe mense nie, in alle sinne van die woord konstruktief. Hulle het immers in die tydperk v\u00f3\u00f3r 1652 bitter, bitter min gedoen om die land te ontwikkel. Dit is nie asof Van Riebeeck \u2018n <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Parthenon\" target=\"_blank\">Parthenon<\/a> in Tafelbaai aangetref het nie.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>\u2018n Goeie voorbeeld van d\u00edt waarna ek hierbo verwys, is die neiging van die ANC-bewind om straatname en plekke te herdoop. Dit is byna sonder uitsondering bestaande plek- en straatname wat geteiken word. Dit gebeur bitter selde dat die bewind \u2018n nuwe pad sal bou, of \u2018n nuwe dorp sal stig, en dit dan na een of ander onbenullige kader sal vernoem. Dit is bykans altyd bestaande infrastruktuur wat herdoop word.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Ek moet wel terloops noem dat die DA in Kaapstad ook hierdie kwaal onder lede het. Buitengracht is kwalik \u2018n naam wat enige persoon aanstoot kan gee, behalwe natuurlik vir die Dianne Kohler-Barnards van die DA, wat eerder Spaans as Afrikaans, of dan Nederlands, sou praat. Miskien probeer die DA \u2018n beter ANC as die ANC self wees\u2026<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Nie net bring die ANC-bewind en sy kiesers bykans niks nuuts tot stand nie, maar ook pleeg hy growwe nalatigheid deur d\u00edt wat tot stand gekom het, en wat op \u2018n skinkbord aan hom by Kodesa oorhandig is, tot niet te laat gaan. In hierdie sin is die ANC-bewind en sy meelopers meer soos die spreekwoordelike plaag van sprinkane, vernietigers, eerder as bouers. Sowat helfte van alle water in Suid-Afrika se waterverspreidingsnetwerk word eenvoudig gesteel. Die paaie is vol slaggate. Die kaders in die stadsrade ry nou wel blink Mercedesse, maar hulle verstaan glad nie hoe \u2018n rioolplaas werk nie. Selfs wanneer die bewind iets probeer bou, loop dit meestal op \u2018n ramp uit. Die Medupi-kragstasie is reeds miljarde rande oor sy begroting, jare laat, en die \u201cw\u00eakkas\u201d by Medupi is veel beter daarmee om asblikke om te smyt of motors aan die brand te steek, as wat hulle met die bouery is.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Dieselfde storie word herhaal in Suid-Afrikaners se professionele lewens. Daardie gr\u00eand menere en madames word weliswaar in terme van rassistiese regstellende aksie teen vet salarisse aangestel, en kry vreeslike belangrike titels, maar of daar iets daadwerkliks in hul organisasies sonder hul westerse kollegas, of westerse konsultante, se hulp sou gebeur, is uiters debatteerbaar. Weer eens is die kaders se mentaliteit nie om hul eie ondernemings te skep nie, maar eerder om parasiete te word en te teer op iets wat iemand anders tot stand gebring het.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Alles wat ek hier bo skryf, is egter ou nuus vir objektiewe waarnemers in Suid-Afrika, en mens moes dit eintlik te wagte gewees het van die geskiedenislose groepe wat tans vergeefs probeer om \u2018n moderne ekonomie te bestuur, en veral voorspelbaar gegewe dat die ANC in 1994 \u2018n blote terroristebende was en steeds is. En geskiedenisloos is hulle inderdaad: Dit is bitter moeilik vir die meeste mense om selfs een belangrike leier wat v\u00f3\u00f3r 1652 in die huidige Suid-Afrika geleef het, se naam te noem, of om, buiten vir \u2018n verdwaalde klipkraal hier en daar, na een permanente struktuur wat voor 1652 opgerig is, te kan wys. Die sogenaamde glorieryke Struggle-geskiedenis van die ANC is eweneens wensdenkery en meestal van \u2018n destruktiewe of reaktiewe aard \u2013 die ANC het niks vermag of opgebou nie, maar eerder afgebreek en vernietig.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Waarop ek eintlik afstuur, is die volgende: Suid-Afrika, toenemend wanfunksioneel soos die land is, kan slegs aankarring en min of meer funksioneer, danksy die kundigheid van sy westerse inwoners, en veral die Afrikaners. Die res is, en hoe sou ek dit nou stel, oorverteenwoordig, soos Jimmy Manyi dit wou h\u00ea toe hy na die kleurlinge in die Weskaap verwys het. Die land het hulle nie werklik nodig nie; daarvan getuig die 40%-werkloosheidskoers. Selfs die ANC-kaders wat wel poste beklee, se insette is so niksseggend dat dit byvoorbeeld nie veel van \u2018n verskil maak wanneer die volledig getransformeerde staatsdiens so gereeld begin staak nie. Inteendeel; die matriekuitslae het selfs verbeter die jaar toe SADOU se onderwysers gestaak het!<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Onttrek egter Afrikaners en westerlinge se vaardighede, en die land lyk binne drie maande soos Lagos, wat slegs ses ure per dag elektrisiteit het, en waar rou riool in plastieksakke \u201cper lugpos\u201d uit kaias die strate in gesmyt word.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\">Kundigheid is mag, maar blote getalle nie noodwendig nie. Solidariteit dreig om Lonmin op sy knie\u00eb te dwing deur te begin staak, omdat Lonmin Solidariteit nie meer as vakbond wil erken nie. Solidariteit se lede is \u2018n klein minderheid van Lonmin se totale werkerskorps, maar sonder hulle kundigheid, staan alles by die myn stil, en het die meerderheid werkers niks om te doen nie. Presies nes Afrikaners ook \u2018n klein minderheid in Suid-Afrika is, en presies nes hoe Suid-Afrika ook sonder ons samewerking\u00a0tot stilstand sal kom. Moet jou dus nie blind staar teen getalle nie. Soos <a title=\"Amanda Gouws se selfhaatpolitiek 3\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=951\" target=\"_blank\">Gustav Venter dit gestel het<\/a>: &#8220;die Afrikaner se voortreflikheid l\u00ea in sy breinselle eerder as in sy\u00a0spermselle&#8221;.\u00a0<\/span><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Die ANC het Afrikaners nodig, nie andersom nie. Sonder die ANC en sy kiesers is Suid-Afrika piekfyn en inteendeel \u2018n veel beter land; sonder Afrikaners is die land egter \u2018n rampgebied.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Sogenaamde regses word dikwels gekritiseer dat ons planloos is en geen alternatiewe bied nie, dikwels deur diegene wat self vreeslik oor misdaad, slaggate en wanbestuur kla. My antwoord aan sulkes sou wees om te kyk na waarmee Solidariteit dreig by Lonmin, en ook wat die Poolse weergawe van Solidariteit tydens die 1980s vermag het.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>As jy dan regtig ontevrede is met wat in Suid-Afrika aan die gang is, vergeet van die stembus \u2013 tien leeus en een bok wat stem wat op die spyskaart is, kan nie by \u2018n regverdige uitslag, wat ook in die bok se belang is, uitkom nie. Sonder jou as Afrikaner se vaardighede en breinkrag, sal daar egter nie meer water in die krane wees nie, die kaders se vergulde toilette sal nie meer kan spoel nie, daar sal nie paaie wees vir die ANC se blouligkonvooie om jou van die pad af te druk nie, en sal daar nie meer belasting wees vir die ANC se kaders om te plunder nie. En die belasting wat wel ingevorder word, sal wees in \u2018n geldeenheid wat net soveel soos Zimbabwiese dollars werd is.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>As jy ontevrede is, kyk dus na Lech Walesa se Solidariteit-vakbond se optrede in die Poolse skeepswerwe van die 1980s. Lech Walesa was \u2018n eenvoudige elektrisi\u00ebn, en sy troepe was gewone werkers op die dokke; nietemin het hulle Pole se kommunistiese owerhede, asook hul base in Moskou, gedwing om aan hul eise gehoor te gee. Die sade vir die Berlynmuur se ineenstorting in 1989 is reeds in die Poolse skeepswerwe in 1980 geplant. Die ANC beskik egter nie eens oor een-duisendste van die mag van die Sowjet-Unie nie. Daar is nie eens een parate ANC-divisie nie, teenoor die Rooi Le\u00ebr se honderde divisies van die 1980s.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Weer eens: As jy persoonlik iets wil doen, onttrek dan eerder jou vaardighede uit Suid-Afrika. Hou op om jou onderdrukkers te befonds. Hou op om dinge nog op een of ander manier te maak werk, bloot sodat blouligkonvooie motoriste kan intimideer. Dryf handel met die buiteland of slegs tussen jou mede-Afrikaners. Skep alternatiewe ruilmiddels en hou op om belasting te betaal wat in ieder geval verkwis gaan word. Raak onafhanklik van Eskom. As jy regtig sterk voel, kommandeer jou kollegas op om te staak, en l\u00ea die ekonomie lam.<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Hou dus op kla dat \u201cdie regses\u201d niks doen nie. Jy self het die mag tussen jou eie ore om \u2018n einde te maak aan slaggate, misdaad, korrupsie en wanbestuur. Wat gaan j\u00fd dus doen? Het jy en jou mede-Afrikaners die politieke wil om jou kundigheid te onttrek, om die ANC te dwing om aan jou eise toe te gee?<\/span><\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"font-family: Arial;\"><span>Is daar \u2018n Afrikanerweergawe van Lech Walesa wat gaan s\u00ea: Tot hier toe, en nie verder nie?<\/span><\/span><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p>Volg Manfred op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/manfred.delport\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Manfred Delport [followbutton username=&#8217;ManfredDelport&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Volg Manfred op\u00a0Facebook. Jan Smuts het glo ges\u00ea dat Suid-Afrika \u2018n land is waar n\u00f3g die beste, maar darem ook nie die slegste nie, gebeur nie. Ek wil Jan Smuts se stelling effens wysig: As daar iets goeds in Suid-Afrika gebeur, as iets positiefs verrig word, as [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":15429,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[150,10],"tags":[171,4906,9626,11802,4825,11799,11800,4659,11801,2242],"class_list":["post-16639","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c162-manfred-delport","category-rubrieke","tag-gustav-venter","tag-jan-smuts","tag-jan-van-riebeeck","tag-kaders","tag-kundigheid","tag-lech-walese","tag-pole","tag-solidariteit","tag-sowjet-unie","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16639"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16639\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15429"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}