{"id":16630,"date":"2013-08-22T15:48:34","date_gmt":"2013-08-22T15:48:34","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16630"},"modified":"2013-08-22T15:49:56","modified_gmt":"2013-08-22T15:49:56","slug":"regering-wil-skaliegas-ontginning-goedkeur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16630","title":{"rendered":"Regering wil skaliegas-ontginning goedkeur"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_16631\" aria-describedby=\"caption-attachment-16631\" style=\"width: 256px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/skalie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-16631\" alt=\"skalie\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/skalie.jpg\" width=\"256\" height=\"192\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-16631\" class=\"wp-caption-text\">Wie is die skape?<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering kan skaliegas-ontginning voor aanstaande jaar se verkiesing goedkeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies s\u00ea skaliegas kan &#8216;n noodsaaklike deel van Suid Afrika se soeke na energie-sekerheid wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n vraag oor die sterk weerstand teen hidrobreking in die Karoo het Davies ges\u00ea die regering sal ontginning op &#8216;n omgewings- \u00e9n maatskaplik- verantwoordelike wyse doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Davies s\u00ea die besluit oor hidrobreking is een van &#8216;n reeks stappe om beleggings en werkskepping te stimuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die drukgroep <em>Treasure the Karoo<\/em> het adjunkpresident Kgalema Motlanthe se beweerde steun vir skaliegas-ontginning, oftewel hidrobreking, vroe\u00ebr veroordeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motlanthe het die openingstoespraak in Junie deser by die Groen Energie se\u00a0 Jeugberaad in Kaapstad gelewer. Hy het ges\u00ea die kommersi\u00eble ontginning van die land se oorvloedige skaliegashulpbronne moet steeds ondersoek en opgevolg word.<\/p>\n<p>Motlanthe het di\u00e9 mening gelug kort nadat die Suid-Afrikaanse aktivis, Jonathan Deal, met &#8216;n internasionale omgewingsprys weggestap het vir die teenkanting wat hy gebied het om hidrobreking in die Karoo te verhoed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deal en nog vyf ander ontvangers het die Goldman Omgewingsprys ter waarde van R1,4 miljoen elk in San Francisco ontvang. Omgewings-aktivisme op grondvlak word met di\u00e9 prys vereer. Deal het die drukgroep <em>Treasure the Karoo<\/em> in 2011 op die been gebring om die ontginning van skaliegas deur hidrobreking te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister van Minerale Hulpbronne, Susan Shabangu het in April verlede jaar &#8216;n moratorium op hidrobreking geplaas en &#8216;n taakspan aangestel om &#8216;n verslag vir haar op te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het in September aangekondig dat geologiese ontginning toegelaat sal word om die grootte en potensiaal van die skaliegas-reserwe te bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die <em>Treasure the Karoo-<\/em>drukgroep het met Afriforum kragte saamgesnoer om planne van olie- en gasmaatskappye te bestry wat skaliegas wil ontgin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het volgens berekenings &#8216;n baie ryk skat aan tegnies-ontginbare gasreserwes, maar omgewingskenners is bekommerd dat dit die omgewing kan skaad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoof van omgewingsake by Afriforum, Julius Kleynhans s\u00ea Suid-Afrikaners is nie genoegsaam ingelig oor die uitwerking van hidroliese breking nie.<\/p>\n<p><em>Treasure the Karoo<\/em> het verlede jaar &#8216;n groep betogers na die hekke van die Parlement gelei om te eis dat meer navorsing gedoen word oor die eksplorasie van skaliegas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groep se woordvoerder, Jonathan Deal, s\u00ea egter die motivering om skaliegas te ontgin, is nie oortuigend genoeg nie. &#8211; RSG<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die regering kan skaliegas-ontginning voor aanstaande jaar se verkiesing goedkeur. Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies s\u00ea skaliegas kan &#8216;n noodsaaklike deel van Suid Afrika se soeke na energie-sekerheid wees. Op &#8216;n vraag oor die sterk weerstand teen hidrobreking in die Karoo het Davies ges\u00ea die regering sal ontginning op &#8216;n omgewings- \u00e9n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16631,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5021,11792,11790,11793,8807,5663,11791],"class_list":["post-16630","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-groen-energie","tag-hidrobreking","tag-karoo","tag-minister-van-handel-en-nywerheid","tag-omgewingskade","tag-rob-davies","tag-skaliegas"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16630","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16630"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16630\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16631"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16630"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16630"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16630"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}