{"id":16621,"date":"2013-08-22T11:01:27","date_gmt":"2013-08-22T11:01:27","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16621"},"modified":"2013-08-22T11:01:47","modified_gmt":"2013-08-22T11:01:47","slug":"aanvallers-praat-nie-skiet-net","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16621","title":{"rendered":"&#8216;Aanvallers praat nie, skiet net&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/shooting.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-16622\" alt=\"shooting\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/shooting.jpg\" width=\"224\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/shooting.jpg 224w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/shooting-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 224px) 85vw, 224px\" \/><\/a>\u201cHulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens \u2019n rooftog by hul huis op die Elandspruit-plotte. Iemand wat sy as \u201csagmoedig en oopkop\u201d beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHoekom moes hulle die sneller trek? Net omdat hulle kan. Hy was nie \u2019n aggressiewe man nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Swanepoel (57) is Sondagoggend in die maag geskiet toe hy in drie swart aanvallers vasgeloop het. Sy vrou, Marinda, het op die tweede vloer van hul huis wakker geword van die slag en haar man hoor skree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy is met die trappe af om hom te hulp te snel, maar is deur die rowers teruggedwing slaapkamer toe. Daar is sy met rekenaarkabels en haar man se skoenveters vasgebind. Een van die rowers het haar deur die gesig geslaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers het aanhoudend vir geld en kos gevra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het mnr. Swanepoel na die badkamer gesleep en hom daar gelos. Hy het die heeltyd by hulle gesmeek: \u201cVat alles en gaan net.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy dogter s\u00ea dat die groot aantal bloed op die vloer aandui dat hy moontlik verder mishandel is. \u201cMens kan nie so baie bloed uit \u2019n wond uit bloei nie. Ons moet maar wag vir die outopsie om seker te maak.\u201d Die projektiel is by sy maag in en onder sy linkerboud uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers het die Swanepoel-egpaar se hele huis leeggedra. Hulle het hul buit agterop mnr. Swanepoel se werksbakkie gelaai. Daaronder was \u2019n rekenaar, kluis, wapens en juwele.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHulle het alles gevat. Selfs die Sunlight en die wasgoed seep. Hulle het die yskas leeggemaak. Die yskas het hulle gelos maar ook net omdat hy te groot was om te laai\u201d s\u00ea Innus van der Berg, Karien se man.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat die rowers fort is het mev. Swanepoel daarin geslaag om haarself los te wikkel. \u201cTot vandag toe weet sy nie hoe sy dit reggekry het nie want hulle het haar styf vasgemaak. Die merke sit nou nog daar. Dit was net genade van Bo.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy is af na haar man en het hom in \u2019n plas bloed aangetref. Mev. Swanepoel het na die naaste bure, wat dieselfde naweek hul intrek gekry het, gehardloop vir hulp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Karien en haar man het teen 02:30 \u2019n oproep gekry. Hulle het hul na die plot gehaas en oppad soontoe die ambulans gebel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie ER24 kar het seker vyf minute na ons daar gestop en die polisie kort daarna.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Swanepoel is eers na die Middelburg-hospitaal geneem, maar van daar oorgeplaas eMalahleni toe omdat hy \u2019n dringende operasie nodig gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die operasie het dit gelyk asof alles beter gaan. Hy kon Sondag met sy familie praat en \u2019n verklaring by \u2019n polisieman afl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mev. Van der Berg was oppad om haar pa te besoek toe die hospitaal bel en s\u00ea dat hulle dringend moet kom. Mnr. Swanepoel het in \u2019n koma verval en is kort daarna oorlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy voertuig is Maandag in Vosman (eMahalaleni) naby \u2019n treinspoor by \u2019n hostel teruggevind. Polisiemanne is nog besig om die voertuig te deursoek vir leidrade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dinsdag moes sy haar pa se lyk gaan uitken: \u201cIn die hospitaal het my pa sleg gelyk. Hy was bleek en sy o\u00eb was ingesink. Maar Dinsdag was dit anders. Hy lyk vreedsaam en gelukkig. Hy is nou waar hy moet wees.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mev. Swanepoel gaan nie terug na die huis waar haar man vermoor is nie. Sy moes Woensdag alleen hul 37ste huweliksherdenking vier, met die letsels op haar lyf steeds sigbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cVandag is nie \u2019n goeie dag vir my ma nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Swanepoel se begrafnis vind Saterdag om 11:00 in Klerksdorp plaas. Iemand wat met die familie in verbinding wil tree kan mev. Van der Berg bel by 083 330 0912.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022 Enigiemand met inligting oor die misdryf, of wat dalk iets verdags gesien het, kan die bevelvoerder van die Middelburg speurtak, kolonel Filla Mahlangu by 076 942 5455 of die ondersoekbeampte, sersant Lekgeng, by 076 536 6028 bel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHulle het niks gepraat nie. Toe hulle in die kombuis kom het hulle hom net geskiet. Sommer net.\u201d Willem Swanepoel se dogter, Karien van der Berg van Harry Gwalastraat in Dennesig, Middelburg, sukkel om die woede en hartseer te onderdruk. Sy het haar pa verloor nadat hy geskiet is tydens \u2019n rooftog by hul huis &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16621\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Aanvallers praat nie, skiet net&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16622,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7032,7298,7185,11786,11787],"class_list":["post-16621","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-middelburg","tag-plaasaanval","tag-skiet","tag-swart-aanvaller","tag-willem-swanepoel"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16621","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16621"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16621\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16622"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16621"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16621"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16621"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}