{"id":1659,"date":"2008-05-13T00:09:51","date_gmt":"2008-05-13T00:09:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1659"},"modified":"2008-05-13T00:09:51","modified_gmt":"2008-05-13T00:09:51","slug":"die-r390-plan-en-hoekom-dit-miljoene-gekos-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1659","title":{"rendered":"Die R3,90-plan &#8211; en hoekom dit miljoene gekos het"},"content":{"rendered":"<br \/>\n<h3><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Deel&nbsp; I<\/span><\/h3>\n<h4><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En vir ons president: &#39;n bottel met &#39;n blou etiket, &#39;n pyp en &#39;n Harvardman<\/span><\/h4>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hulle m&oacute;&eacute;s van Harvard kom, jy sien, Harvard en n&ecirc;rens anders nie, en die bendeleier kon nie net n&oacute;g &#39;n ekonoom, n&oacute;g &#39;n akademikus, maar net n&oacute;g &#39;n syferkrakende statistikus wees nie. Hy moes, hy moes eenvoudig &#39;n Harvardman wees. As jy iemand &#39;n bloedige som geld betaal vir &#39;n jarelange studie waaruit: <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">-A- Jy &#39;n hoop dinge leer wat jy reeds weet; <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">-B- &#39;n Paar dinge uitvind wat jy nie wou weet nie en <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">-C- niks te wete kom wat jy m&oacute;&eacute;s nie, <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">dan beter hy van Harvard kom. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Yale is goed maar nie goed genoeg nie en Oxford, wie steur hulle deesdae aan wat uit Oxford kom? Daarom, toe dit tyd geword het, het die pyprokende, Shakespeare-prewelende president hom na die akademiese grofgeskut gewend. Hy het die Harvardman laat kom. Die president het &#39;n oud-kameraad wie se gedienstige politieke onttrekking met &#39;n paar miljard rand gekoop is. Die ander dag koop hy vir hom &#39;n Maybach-limousine, &#39;n soort van &#39;n peperduur &uuml;ber-Mercedes Benz. Hy doen dit volgens die stelre&euml;l dat as jy dit kan bekostig, is daar geen rede om &#39;n ander motor as &#39;n Maybach te koop nie. Dit h&eacute;t nie styl nie. Dit &iacute;s styl. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Net so, as jy die president van die vier-en-twintigste grootste ekonomie in die w&ecirc;reld is, en jy soek &#39;n groep internasionale deskundiges om die regering te adviseer, is daar geen rede om iemand anders as &#39;n Harvardman te kry nie. Hy h&eacute;t nie styl nie. Hy &iacute;s styl. Sy elke beweging, sy presiese denke, sy algehele uitsprake, dit is alles so, so <em>Harvard<\/em>.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kyk net na hom: Die Harvardman dra &#39;n wit hemp en polkakolletjiestrikdas saam met &#39;n tweed-baadjie met leerwerk oor die elmbo&euml;, langbroeke met hondetandweef en skoene wat nooit bloot as skoene bekend staan nie. Hulle is<span>&nbsp; <\/span>altyd &ldquo;brogues&rdquo; of &ldquo;loafers&rdquo; of iets ewe uitlands. Die Harvardman ry niks so selfbewus ernstigs soos &#39;n BMW-sedan of &#39;n Cadillac nie. Hy ry &#39;n sestigs-SL-klas Benz of &#39;n pre-&rsquo;67-Alfa Romeo Spyder &ndash; afslaankap natuurlik &ndash; en as hy tussen die boomryke kronkellane van die kampus deurswiep, wapper &#39;n wolserp om sy nek. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Terwyl hy ry en oplossings vir die w&ecirc;reld bedink, trommel sy vingers op die diepverniste houtstuurwiel terwyl hy na &#39;n Bach-klawesimbelkonsert luister. Maar in die aande, in sy woonkamer, wanneer die ernstige slaphaar-, kweperlatlyfiedames en ander intense studente na sy dicta profunda &ndash; effe geskakeer met &#39;n poleerlagie ironie &ndash; luister, sit hy plat op die diep mat, een been effe onder hom ingekrul en die ander een reguit langs die sofa af, sy elmboog op die sitplek, sy kop in sy handpalm gestut terwyl hy sy Cognac &ndash; nooit brandewyn nie! &ndash; in &#39;n knoetsige kristalglas stadig teenkloksgewys roteer. Dan speel die Bang en Olufsen-ho&euml;troustel die twaalftonale musiek van Arnold Sch&ouml;nberg. En al klink dit vir jou soos &#39;n meubeltrok met &#39;n vrag klaviere wat teen &#39;n berg afrol, sal jy dit nie s&ecirc; nie. Want jy is by die Harvardman.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Kan ons hierdie gestalte op vandag se Harvardman afdruk? Is vandag se weergawe nog steeds &#39;n tweed-en-brogues-tipe wat &#39;n Pagodadak-Benz ry en belangrike uitsprake met &#39;n Cognac-asem op die begeleiding van Sch&ouml;nberg maak? Ja, nee, miskien, d&iacute;t is nie wat belangrik is nie. Dit is die status wat Harvard in vandag se w&ecirc;reld het, wat belangrik is. Die heersende Westerse staatsfilosofie is grotendeels &#39;n maaksel van Harvard. As sosiale liberalisme &#39;n godsdiens is, is politieke liberalisme die liturgie daarvan en die Harvardakademici die ho&euml;priesters. Geen ander opvoedkundige stelsel het soveel bygedra om die vryemarkstelsel te balanseer met onbesonne, selfdienende filantropie nie. Levi-jeans en MacDonald-burgers is toe na alles nie Amerika se invloedrykste kulturele uitvoerprodukte nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><\/p>\n<hr class=\"system-pagebreak\" \/>Die Harvardman waarby ons ons gaan<span>&nbsp; <\/span>bepaal, is nie eers regtig &#329; Harvardman nie; hy is eintlik &#39;n Cornellman want d&iacute;s waar hy graad gevang het. Maar dis nie belangrik wat Ricardo Hausmann regtig &iacute;s nie; wat belangrik is, is mense op ho&euml; vlakke d&iacute;nk hy is. Hy hoef nie &#39;n lang, elegante kopvorm te h&ecirc; met slap donker hare, grys langs die slape nie. En hy het nie. Hy het eerder &#39;n bre&euml; gesig met &#39;n ho&euml; ronde voorkop, digte swart hare om die agterste helfte daarvan en grys muilbandbaard-en-snor met swart vlekke by die mondhoeke asof hy droplekker pruim. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy hoef nie &#39;n Alfa of &#39;n Jag te ry nie. Hy hoef nie tweed en brogues te dra nie en hy doen dit ook nie. Swier vir Hausmann is die Wall Straat-uniform van &#39;n donker snyerspak en &#39;n smal das met abstrakte patrone daarop. Sy musieksmaak is nie ter sprake nie &ndash; hy kan Achy Breaky Heart luister vir al wat ons omgee. Wat saak maak, is dat hy &#39;n akademiese pos by Harvard Universiteit beklee. By die inboorlinge van die intellektuele oerwoud en vlakte wat vir &#39;n regering in ons land deurgaan, is daar min gedaantes wat meer ontsag afdwing. Vandag se Afrikaan in landsregering het vir die liberale akademikus, veral die ekonoom, dieselfde wanhopige en bygelowige respek as wat sy voorsate eeue gelede gehad het vir die bwana met sy khaki-helm, rybroek, lang stewels en &#39;n stok wat vuur spoeg. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Om in hierdie akademiese toordokters &ndash; die Harvardmanne &ndash; se atmosfeer te wentel, om menings met hulle te wissel, om deur hulle ernstig opgeneem te word &#8212; hierdie is die tipe ding wat jou skoon duiselig laat word as jy enkele jare tevore nog oehoeroeslagspreuke op die looppas gedreunsing het met verflenterde kamerade in losflappende hemde en broeke wat met sisallyne vasgemaak is. Of as jy &ndash; en di&eacute; kloof is nog groter vanwe&euml; die voorstedelike glansloosheid daarvan &ndash; <span>&nbsp;<\/span>jou bannelingjare uitgedien het in voorstedelike Engeland. En as jy nou &#39;n Shakespeare-prewelende, pyprokende landspresident met &#39;n Blue Label-whiskey-reputasie is, dan is jy veral vatbaar vir een of ander hygende, wimperwapperende tipe politieke kalwerliefde. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Al is jy &#39;n kalm, selfs stugge,<span>&nbsp; <\/span>president, jy kan dit nie help nie. Harvardman laat jou terselfdertyd opgewonde en neerslagtig voel. As Harvardman maar net met jou eerlik wil wees. As hy maar net vir jou wil s&ecirc; of hy dink julle vriendskap sal tot iets meer lei. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">O ja, jy loop die Harvardmanne raak wanneer jy in dieselfde bane as hulle wentel by sulke spitsgeleenthede soos ekonomiese berade by Davos of &#39;n VN-georganiseerde kongres oor volhoubare ontwikkeling of wanneer jy jou jaarlikse uitstappie, fluweelbedelbakkie in die hand, na die G-8 beraad se buitewyke neem. A! vat dit kalm my trommelende hart!<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar. Dis net. Dis net, as die president se infatuasie tog net tot &#39;n volgende vlak geneem kan word; as daar meer wederkerigheid is as die fatiese kommunie wat gepleeg word by di&eacute; skouerskuurdery. O, hulle is ernstig en gedienstig en eerbiedig in die presidensi&euml;le teenwoordigheid, maar dit is nou nie omdat sy akademies-liberale kentekens soveel ontsag afdwing nie. Hy het &#39;n nederige M. van die Universiteit van Sussex in Brittanje. &#39;n M! Sussex! Sussex is niks anders as &#39;n Harvard-wil-maar-wees nie. As jy &ndash; en die president is bitter maar eerlik hieroor &ndash; as j&yacute; van Harvard was, sou jy regtig geglo het dat daar enige iets goeds uit Sussex kan kom?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar, vervlaks!, jy &iacute;s iets wat h&uacute;lle nie is nie. Jy is die president van die vier-en-twintigste grootste ekonomie in die w&ecirc;reld en dit moet vir &iacute;&eacute;ts tel, moet dit nie! En as hulle jou nie vir jou intellektuele slaankrag ag nie, sal hulle jou respekteer wanneer jy opdragte uitdeel; o ja, hulle sal! Jy moet hulle net in &#39;n posisie onderdanig aan joune kry. En dan, maak nie saak hoe slim of hoe van Harvard hulle is nie, dan moet hulle aan jou rapporteer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><\/p>\n<hr class=\"system-pagebreak\" \/>Moet net nie dink dis maklik nie. Jy bel nie sommer net die Harvardman op en s&ecirc;, &ldquo;Hoor hier, wil jy nie hier by ons kom inval nie, jy weet, as ekonomiese adviseur of fiskale beleidsbeplanner of hoofmonet&ecirc;re wloep-wlapkommissaris of wat ook al,&rdquo; nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hoekom nie? Wel, hy gaan nie sommer net ja s&ecirc; nie, gaan Harvardman?<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Akademici, vir al hulle ongeduld met mense in die praktyk, is heeltemal gerieflik ingeskrop in die onbesoedelde atmosfeer van hulle omgewings. Hulle is gewoond daaraan om met die sekerhede van teorie&euml; en hulle eie ongetoetste opvattings te werk. Na alles, as hulle kon d&oacute;&eacute;n, het hulle. Nou onderrig hulle maar.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar is soms uitsonderinge en Ricardo Hausmann was wel, kortstondiglik, een van hulle. Hy het die akademiese nes in &#39;n vlaag van idealistiese ywer verlaat en was selfs &#39;n kabinetsminister, in die Perez-regering van Venezuela. Hy is juis getaak om &#39;n plan vir die land se ekonomiese groei te ontwerp. Wat sy bydrae, of gebrek daaraan, ook al was, sy politieke loopbaan is verkool in die inferno van regeringskorrupsie en popul&ecirc;re anargisme wat die land getref het. Toe dat hy gaan nesskrop het in die klimopliga-uithoek in Boston. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Tog is dit by verre nie die enigste rede hoekom ons nie vir Hausmann bel en aanstel nie. Die waarheid is, hy sal as amptenaar op meer as een manier &#39;n vreemdeling in &#39;n vreemde land wees. Hy sal eenvoudig nie opgewasse wees vir die deurlopende politieke maneuvrering wat Afrikapolitiek aandryf nie. Die Harvardman, vir al sy netjiese akademiese politieke aanvoeling, het geen benul van die kultuur van Afrika nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Di&eacute; realiteite was ontmoedigend maar, vervlaks!, wat help dit as jy die president van die vier-en-twintigste grootste ekonomie in die w&ecirc;reld is as jy nie jou Harvardman kan kry as jy jou Harvardman wil h&ecirc; nie! So, as hy nie voltyds kan inval nie, miskien kan ons hom kry as ad hoc-adviseur. Nou praat jy! Laat hy &#39;n paneel saamstel, en laat hulle kom navorsing doen, en met mense praat, en met mekaar breinskrum, en syfers versamel, invoeg, buig, knars en deur formules pers en&#8230; hier&rsquo;s die beste deel&#8230; dat hulle kom rapport&eacute;&eacute;r. Hoe mooi is dit dan nie? Harvardman kom klop saggies aan die president se deur, maak sy keel beleefd skoon en&hellip; doen verslag.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Verslag, verslag&hellip; waaroor sal hy en sy paneel verslag doen? Dalk oor&hellip; of wag, sal dit nie beter wees as dit&hellip; of dalk&hellip;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En toe is daar&hellip; AsgiSA.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">(word vervolg)&nbsp;<\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0438\u0433\u0440\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u043d\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gustav2.jpg\" width=\"85\" height=\"94\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>&quot;By die inboorlinge van die intellektuele oerwoud en vlakte wat vir &#39;n regering in ons land deurgaan, is daar min gedaantes wat meer ontsag afdwing. Vandag se Afrikaan in landsregering het vir die liberale akademikus, veral die ekonoom, dieselfde wanhopige en bygelowige respek as wat sy voorsate eeue gelede gehad het vir die bwana met sy khaki-helm, rybroek, lang stewels en &#39;n stok wat vuur spoeg.&quot; Lees Gustav Venter se eerste aflewering, waarna Harvardmanne en die ekonomiese raad wat hulle gee nooit weer dieselfde sal wees nie. <\/span><\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[1587,1586,21105,21095],"class_list":["post-1659","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle","tag-90-plan-en-hoekom-dit-miljoene-gekos-het","tag-die-r3","tag-s32-feuilleton","tag-s9-opstelle"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1659","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1659"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1659\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1659"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1659"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1659"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}