{"id":16574,"date":"2013-08-21T13:09:52","date_gmt":"2013-08-21T13:09:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16574"},"modified":"2013-08-21T13:09:52","modified_gmt":"2013-08-21T13:09:52","slug":"cosatu-anc-dreig-hoer-volkskool-heidelberg-met-3000-man-optog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16574","title":{"rendered":"Cosatu, ANC dreig Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg met &#8220;3000-man-optog&#8221;"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_16575\" aria-describedby=\"caption-attachment-16575\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/landloop_heidelberg.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-16575\" alt=\"Die landloopspan van Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/landloop_heidelberg-300x225.jpg\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/landloop_heidelberg-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/landloop_heidelberg.jpg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-16575\" class=\"wp-caption-text\">Die landloopspan van Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cosatu, tesame met die ANC en die SAKP, dreig die Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg met massa-optrede n\u00e1 &#8216;n tugverhoor wat aanbeveel het dat &#8216;n swart leerling geskors word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens &#8216;n berig in &#8216;n <a title=\"ANC to march against \u2018racism\u2019 at Ho\u00ebr Volkskool\" href=\"http:\/\/www.looklocal.co.za\/looklocal\/content\/en\/heidelberg-and-surrounds\/heidelberg-and-surrounds-news-section?oid=7721330&amp;sn=Detail&amp;pid=4979997&amp;ANC-to-march-against-%E2%80%98racism%E2%80%99-at-Ho%C3%ABr-Volkskool\" target=\"_blank\">plaaslike koerant<\/a>, beplan &#8220;3000 lede van die ANC en sy alliansievennote Cosatu en die SAKP, om na Ho\u00ebr Volkskool te marsjeer om beswaar te maak teen d\u00edt wat hulle as &#8216;rassisme&#8217; by die skool beskou. Die optog, wat deur die South African National Civic Organisation (SANCO) en die Lesedi Education Forum ondersteun sal word, word vir eerskomende Vrydag beplan, waartydens die optoggangers hoop om &#8216;n memorandum met hul eise aan &#8216;n verteenwoordiger van die onderwysdepartement te oorhandig.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die betrokke swart leerling is deel van &#8216;n groep wat gestraf word weens &#8216;n bakleiery wat by die skool uitgebreek het. Anders as die ander, het hy egter &#8216;n baksteen opgetel en na ander leerlinge geslinger wat &#8216;n ernstige besering kon veroorsaak het. Volgens mnr. Daan Marx, adjunkhoof by die skool, dien die res van die leerlinge &#8211; swart en wit &#8211; ander strawwe uit, o.a. detensie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Werknemer van die munisipaliteit op Heidelberg het aan praag ges\u00ea dat die Cosatu-groep reeds oor toestemming beskik om Vrydag by die skool te gaan betoog. Omdat die leerling wat moontlik geskors gaan word, swart is, word &#8216;n rassekleur aan die gebeure gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bakleiery tussen wit en swart leerders het aanvanklik met &#8216;n stoeiery begin, waarna dit in &#8216;n soort bendegeveg ontaard het.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Doodsdreigemente<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Memorandum het ook gesirkuleer met die bewering dat swart leerders van die blanke leerders met die dood gedreig het. Volgens &#8216;n ouer hou dit verband met die geskorste swart leerling wat sowel mede-leerlinge as &#8216;n onderwyser met die dood sou gedreig het. Hy het ook na bewering ges\u00ea: &#8220;Julle wittes is nog gelukkig om te leef.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel die polisie as die plaaslike GPF is van die betoging in kennis gestel en sal Vrydag teenwoordig wees. &#8216;n Groep ouers is ook besig om te organiseer om hul kinders by die skool te gaan beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die demografie van Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg is tans ongeveer &#8216;n vyfde tot &#8216;n kwart swart, teenoor die res wat blanke Afrikanerkinders is. Mnr. Daan Marx s\u00ea: &#8220;Ons keur enige vorm van bakleiery by die skool ten sterkste af en daarom het ons streng teen die leerders opgetree.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toitoigroep beplan om van die ou Stadsaal na Jacobsstraat, waar die skool gele\u00eb is, te stap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Patrick Craven, die nasionale woordvoerder van Cosatu, kon nie bevestig of ontken dat so &#8216;n betoging gaan plaasvind nie. By Cosatu se hoofkantoor in Johannesburg is hulle nie van so iets bewus nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit kan lede van die plaaslike gemeenskap wees wat daarby betrokke is,&#8221; het hy by navraag aan praag.co.za ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Ouer het sterk oor die saak gevoel: &#8220;Ons en ons kinders moet ons nie deur hierdie soort gedrag laat intimideer nie. Ons doen &#8216;n beroep op die gemeenskap van Heidelberg en elders om ons te ondersteun en ons kinders teen verdere boewery te beskerm.&#8221;<\/p>\n<figure id=\"attachment_16578\" aria-describedby=\"caption-attachment-16578\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/volkskool_heidelberg.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-16578 \" alt=\"Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg. Foto: looklocal.co.za\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/volkskool_heidelberg-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/volkskool_heidelberg-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/volkskool_heidelberg.jpg 801w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-16578\" class=\"wp-caption-text\">Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg. Foto: looklocal.co.za<\/figcaption><\/figure>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Geskiedenis<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skool is reeds meer as honderd jaar oud en het aanvanklik uit weeskinders n\u00e1 die Tweede Vryheidsoorlog bestaan. Op die skool se webblad onder &#8220;<a href=\"http:\/\/www.volkiesheidelberg.co.za\/wordpress\/algemene-inligting\/geskiedenis\/\" target=\"_blank\">geskiedenis<\/a>&#8221; is die volgende te lese:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Anglo-Boereoorlog word be\u00ebindig met die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902. Een van die gevolge van die Anglo-Boereoorlog was baie weeskinders (ook in Heidelberg-distrik). Die weeskinders word nie opgeneem in een van die twee bestaande skole op Heidelberg nie, want beide is onder Engelse beheer (regeringskole). Ds. A.J. Louw tree op deur die \u00a0kelderkamer vandie \u00a0Klipkerk (ook bekend as die \u00a0\u201dGrot van Abdullam\u201d) as klaskamer beskikbaar te stel met Mejj. Anna Basson en Katie Human as leerkragte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verset teen die Engelse se onderwysstelsel neem toe en C.N.O.-skole word gestig. In Heidelberg word die C.N.O-skool gestig Julie 1903 met die naam &#8216;Volkskool&#8217; en mnr. T.A. D\u00f6nges as hoof. Benewens die kelderkamer word die Van Belkum-saal ook as klaskamer gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toename in leerders maak \u2018n skoolgebou noodsaaklik. Dit word moontlik gemaak deur die skenking van geld en n groot erf deur die broers D. en W. Bezuidenhout en hul swaer C. Meyer. Die hoeksteen word 27 Oktober 1906, deur genl. Schalk Burger gel\u00ea. Die inwyding het plaasgevind op 11 Januarie 1907, en op 15 Januarie 1907 is die gebou in gebruik geneem.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Cosatu, tesame met die ANC en die SAKP, dreig die Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg met massa-optrede n\u00e1 &#8216;n tugverhoor wat aanbeveel het dat &#8216;n swart leerling geskors word. Volgens &#8216;n berig in &#8216;n plaaslike koerant, beplan &#8220;3000 lede van die ANC en sy alliansievennote Cosatu en die SAKP, om na Ho\u00ebr Volkskool te marsjeer om beswaar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16574\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Cosatu, ANC dreig Ho\u00ebr Volkskool Heidelberg met &#8220;3000-man-optog&#8221;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":16578,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[227,11747,6332,11748,11740,11746,11749,11750,5252,11751,7581,4438],"class_list":["post-16574","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-anc","tag-bakleiery","tag-cosatu","tag-geskors","tag-heidelberg","tag-hoer-volkskool-heidelberg","tag-leerling","tag-lesedi-education-forum","tag-patrick-craven","tag-sanco","tag-swart","tag-wit"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16574","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16574"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16574\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16578"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16574"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16574"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16574"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}