{"id":16557,"date":"2013-08-21T05:42:53","date_gmt":"2013-08-21T05:42:53","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16557"},"modified":"2013-08-21T05:42:53","modified_gmt":"2013-08-21T05:42:53","slug":"vf-bevraagteken-grondwetlikheid-van-eff","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16557","title":{"rendered":"VF+ bevraagteken grondwetlikheid van EFF"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/iec.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-16558\" alt=\"iec\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/iec.jpg\" width=\"276\" height=\"183\" \/><\/a>Haatspraak, \u2018n beleid gegrond op rassisme en \u2018n ekonomiese beleid van nasionalisering druis in teen die letter en gees van Suid-Afrika se Grondwet en die Vryheidsfront Plus het in die lig hiervan by die Verkiesingskommissie (OVK) ten sterkste beswaar aangeteken teen die registrasie van Julius Malema se politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV).<\/p>\n<p>Volgens mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se voorsitter, is \u2018n sterk bewoorde brief hieroor aan die Verkiesingskommissie (OVK) gestuur waarin die kommissie versoek word om Malema se registrasie-aansoek om grondwetlike redes af te keur. Individue en partye het tot einde verlede week geleentheid gehad om beswaar teen die registrasie aan te teken.<\/p>\n<p>\u201cDie EVV propageer die nasionalisering van grond, myne, banke en ander bates sonder enige vergoeding, en in besonder op \u2018n rasse-grondslag. Dit is ongrondwetlik.<\/p>\n<p>\u201cMalema is reeds deur die hooggeregshof van Suid-Afrika skuldig bevind aan haatspraak oor die sing van die gewraakte lied \u2018Shoot the Boer\u2019, wat sedertdien verbied is en tot haatspraak verklaar is.<\/p>\n<p>\u201cMet die sing van die lied het Malema rasse-polarisasie geskep en emosie opgejaag teenoor \u2018n spesifieke ras- en etniese groep wat ook ongrondwetlik is.<\/p>\n<p>\u201cTot nou toe het Malema as leier van die EVV geen berou getoon nie. Die VF Plus glo dat hy met sy ongrondwetlike optrede sal voortgaan en dat hy sy party sal misbruik as \u2018n voertuig vir soortgelyke diskriminerende optrede en beleidsrigtings.<\/p>\n<p>\u201cDaarbenewens is die woord \u2018Vegters\u2019 of \u2018Fighters\u2019 in Engels nie geskik vir \u2018n demokratiese bestel waar politieke partye verkiesings op \u2018n geordende en demokratiese wyse voer nie. Art. 16 van die Verkiesingskommissiewet stel dit duidelik dat enige naam of afkorting wat die propageer of aanhitsing van geweld of haat voorstel, nie aanvaarbaar is nie,\u201d s\u00ea mnr. Groenewald.<\/p>\n<p>\u2018n Verdere versoek is ook aan die OVK gerig waarin die VF Plus beswaar aanteken teen die Engelse afkortings van die name van die VF Plus (FF Plus in Engels) en die EVV (EFF in Engels) aangesien dit tot verwarring onder die publiek kan lei.<\/p>\n<p>Mnr. Groenewald s\u00ea die VF Plus ervaar reeds dat verwarring bestaan op onder meer netwerke van die sosiale-media.<\/p>\n<p>\u201cDie VF Plus sal oor hierdie aangeleenthede die nodige bewyse aan die Verkiesingskommissie voorl\u00ea indien dit benodig word. Oor die naamkwessie verwag ons ook \u2018n deeglike verduideliking van die (OVK) oor sy besluit.<\/p>\n<p>\u201cTot nog toe is die VF Plus die enigste party wat die registrasie van Malema se party teenstaan. By ons is daar geen twyfel nie dat dit ongrondwetlik is en die OVK sal gewis sy mandaat versaak indien die registrasie van die EVV goedgekeur word, s\u00ea mnr. Groenewald.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Haatspraak, \u2018n beleid gegrond op rassisme en \u2018n ekonomiese beleid van nasionalisering druis in teen die letter en gees van Suid-Afrika se Grondwet en die Vryheidsfront Plus het in die lig hiervan by die Verkiesingskommissie (OVK) ten sterkste beswaar aangeteken teen die registrasie van Julius Malema se politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV). Volgens mnr. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16557\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VF+ bevraagteken grondwetlikheid van EFF&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16558,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10876,11725,6685,11727,11728,11724,11726,4640],"class_list":["post-16557","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eff","tag-ekonomiese-vryheidsvegters","tag-julius-malema","tag-ongrondwetlik","tag-rasse-polarisasie","tag-suid-afrika-se-grondwet","tag-verkiesingskommissie-ovk","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16557","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16557"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16557\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16558"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16557"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16557"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16557"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}