{"id":1655,"date":"2008-05-12T04:34:16","date_gmt":"2008-05-12T04:34:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1655"},"modified":"2008-05-12T04:34:16","modified_gmt":"2008-05-12T04:34:16","slug":"sa-graankrisis-neem-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1655","title":{"rendered":"SA graankrisis neem toe"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Volgens die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens het graanproduksie vanaf 2,5 miljoen ton in 1997,  tot 1,8 miljoen verlede jaar gedaal.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mnr. Nico Hawkins, bestuurder van Graan Suid-Afrika (GSA) se nywerheidsdienste, s&ecirc; die regering het in die 1990&rsquo;s begin wegbeweeg van &lsquo;n selfonderhoudende beleid sover dit voedselproduksie betref.&nbsp; Die nuwe voedselbeleid bring kortom mee dat:&nbsp; &ldquo;solank as wat voedsel goedkoper op die internasionale mark is as die produksiekoste in Suid-Afrika, gaan dit nie lonend wees om dit self te verbou nie&rdquo;.<\/p>\n<p align=\"justify\">GSA doen nou &lsquo;n beroep op die regering om invoertariewe te verhoog.&nbsp; Hawkins verduidelik dat die vryemarkstelselbeleid dit moontlik maak vir die regering om tariewe te gebruik om boere te beskerm ten tye van lae winsgewendheid.<\/p>\n<p align=\"justify\">&ldquo;Ons (die GSA) het die regering al in 2006 gevra om invoertariewe te verhoog, maar hulle het geweier.&nbsp; Dit het tot gevolg gehad dat die plaaslike mark nie beskerm was nie en sommige boere is ontmoedig om verder te boer,&rdquo; s&ecirc; Hawkins.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mnr. Hans van der Merwe, die besturende direkteur van AgriSA, meen weer dat verhoogde invoertariewe nie die antwoord is nie.&nbsp; Ontwikkelende lande kan eenvoudig net nie meeding met die subsidies wat die staat aan reeds onwikkelde lande se boere betaal nie.&nbsp; Deur te probeer om daardie subsidiebedrae te ewenaar, gaan dit in elk geval voedselpryse die hoogte in laat skiet.&nbsp; <\/p>\n<p align=\"justify\">Van der Merwe s&ecirc;: &ldquo;Dit gaan heeltemal onbekostigbaar word vir arm mense om kos te koop, as die invoertariewe verhoog word.&nbsp; Die belangrikste is egter dat alhoewel subisidies steeds aangewend word in ryker nasies om hul landbousektor te ondersteun, is dit teen die gees en re&euml;ls van die W&ecirc;reldhandelsorganisasie&rdquo;.<\/p>\n<p align=\"justify\">Volgens mnr. Jannie de Villiers, besturende direkteur van die Meulenaarsvereniging, dra die steeds verslegtende toestand van Suid-Afrika se infrastruktuur ook by tot die groeiende graankrisis.&nbsp; &ldquo;In 1985 is 85% van Suid-Afrika se graan per spoor vervoer.&nbsp; Vandag is dit net 50% daarvan, ten spyte van die feit dat padvervoer 30% duurder is,&rdquo; s&ecirc; De Villiers.<\/p>\n<p>    N&oacute;g &lsquo;n bydraende faktor tot die krisis is as gevolg van &lsquo;n tekort aan navorsing op di&eacute; gebied.&nbsp; Ferdi Meyer, &lsquo;n senior lektor aan die Universiteit van Pretoria in landbou-ekonomie s&ecirc;:&nbsp; &ldquo;Navorsing en ontwikkeling het so te s&ecirc; heeltemal ineengestort as gevolg van beperkte fondse en swak bestuur die laaste paar jaar.&nbsp; Baie min navorsing word nog gedoen met minimale finansi&euml;le ondersteuning van privaat instellings.&rdquo;<!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/medicinskaya-spravka-095-u\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 \u043e \u0431\u043e\u043b\u0435\u0437\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/info.html?_m=publications&#038;_t=cat&#038;id=116184&#038;s=print\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/koringplaas2.jpg\" width=\"110\" height=\"131\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Koringplaas<\/div>\n<\/div>\n<p>Suid-Afrika staar n&oacute;g &lsquo;n krisis in die gesig, di&eacute; keer in die graanbedryf. &lsquo;n Moontlike voedseltekort dreig met die stygende voedselpryse en die afname in plaaslike graanproduksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\" align=\"justify\">Die probleem is te wyte aan verskeie faktore, maar hoofsaaklik as gevolg van die regering se besluit om die buiteland ook op die plaaslike mark te laat meeding.&nbsp; Ander bydraende faktore wat dit byna onbekostigbaar maak vir graanboere is vervoer en die verval van infrastruktuur in Suid-Afrika, soos byvoorbeeld spoorwegvervoer wat, hoewel goedkoper, onprakties geword het.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,1582,21108],"class_list":["post-1655","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-sa-graankrisis-neem-toe","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1655","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1655"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1655\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1655"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1655"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1655"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}