{"id":16473,"date":"2013-08-20T05:31:22","date_gmt":"2013-08-20T05:31:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16473"},"modified":"2013-08-20T07:58:01","modified_gmt":"2013-08-20T07:58:01","slug":"die-afrikaner-as-postpostmoderne-vreemdeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16473","title":{"rendered":"Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15563\" alt=\"roodt_dan_wiki\" src=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg\" width=\"266\" height=\"266\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki.jpg 266w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/roodt_dan_wiki-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 266px) 85vw, 266px\" \/><\/a>deur\u00a0<a title=\"Dan Roodt se rubrieke\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?cat=41\">Dan Roodt<\/a><\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 Albert Brenner se uiters interessante kommentaar oor <a title=\"Rugby en die Afrikaner\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=16389\" target=\"_blank\">die Afrikaner se identifikasie met rugby<\/a>, dag ek ek sal so &#8216;n stukkie teorie (denk?) pleeg oor wie en wat die Afrikaner in 2013 nou eintlik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie lank gelede nie, het ek &#8216;n insgelyks fassinerende paar eposse met &#8216;n klassiek opgeleide musikus\/pianis uitgeruil, waarin hy vir my ges\u00ea het:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Soos ek dit sien is daar interessante verskynsels in die kunsmusiek van plaaslike komponiste, soos die ruimtegevoel, naatlose struktuurbeheer, onnaspeurbare ritmiese vitaliteit en &#8216;n universele lirisme in Arnold van Wyk se\u00a0musiek, struktuurvaartbelyning en psigologiese skakels met kernelemente in die Europese erfenis in Hubert du Plessis se werke, &#8216;n &#8220;kop-omkeer&#8221; Afrika-vernuwing in Stefans Grov\u00e9 se styl, skakel met abstrak ekspressionistiese kunsrigtings by Dirk de Klerk, &#8216;n Namib-tydloosheid gepaardgaande met post-modernistiese perspektiewe in Etienne van Rensburg se\u00a0musiek, konseptuele vernuwings in Jeanne Zaidel-Rudolph se styl &#8211; alles dinge wat wesenlik verband hou met die feit dat Afrikanerkultuur essensieel &#8216;n Nuwe Wereld-verskynsel is. Maar ek dink minderwaardigheidsgevoelens of &#8216;n gebrek aan juiste waardebepaling veroorsaak dat hierdie genre eerder uitsterf en &#8216;n populistiese potjiekoskultuur oorneem waar niemand juis geaffronteer word nie en ook waar intellektuele vernuwing nie entlik belangrik is nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis &#8216;n mondvol, maar die &#8220;money quote&#8221; soos die Amerikaners s\u00ea, is sy gevolgtrekking: &#8220;dat Afrikanerkultuur essensieel &#8216;n Nuwe W\u00eareld-verskynsel is&#8221;. Dvorak het mos &#8216;n Nuwe W\u00eareld-simfonie gekomponeer, waarin hy die vitaliteit en aardsheid, maar ook die moderne van Amerika, wou vasvang. Blykbaar het Neil Armstrong &#8216;n opname van hierdie simfonie tydens die Apollo 11-sending saam maan toe geneem waar hy in 1969 daardie eerste beroemde tree op ons naaste hemelliggraam gegee het.<a title=\"Neil Armstrong\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Neil_Armstrong\"><br \/>\n<\/a><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as die stereotipe voorstellings van die Afrikaner as arga\u00efese, landelike wese, &#8216;n soort &#8220;Ampie&#8221; uit die w\u00eareld van <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Jochem_van_Bruggen\" target=\"_blank\">Jochem van Bruggen<\/a>, was die Afrikaner tot op hede die belangrikste draer van die modernisme en selfs die postmodernisme in Suid-Afrika.Tydens die dertigerjare van die vorige eeu het Afrikanerargitekte reise na Skandinawi\u00eb onderneem in hul versugting na moderne argitektuur en ontwerp. Vele van die destyds ultramoderne geboue wat hulle in Pretoria en Johannesburg ontwerp het, is vandag besig om in puin en ru\u00efne te verval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net vanoggend luister ek na my seun wat op pad skool toe vir sy suster differensi\u00eble wiskundige vergelykings met die grootste gemak en half aan die slaap &#8211; sit-l\u00eaend agter in die motor &#8211; uitl\u00ea. Benewens Afrikaans, Calvinisme en Europese argitektuur en filosofie, is wiskunde omtrent so eie aan die Afrikaner soos boerewors en koeksisters. Ondanks alle pogings van die ANC-bewind en sy kommissarisse soos me. Barbara Creecy om ons skole te vernietig, l\u00e9\u00e9f daardie kennis en insig &#8211; tesame met en in Standaardafrikaans &#8211; hardnekkig voort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die linkse staatsgreep van 1994 het ons meteens vanuit modernisme en postmodernisme teruggeruk in &#8216;n barbaarse, primitiewe w\u00eareld in. Dis &#8216;n sfeer van rituele, offerandes en buitenissige geweld: die mag van verskrikking (<a href=\"http:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Julia_Kristeva\" target=\"_blank\">Julia Kristeva<\/a>). Vir die Afrikaner het dit in alle opsigte &#8216;n rampspoedige breuk met sy voorafgaande geskiedenis meegebring, maar ook: toenemende blootstelling aan die paradys van wreedheid (<a title=\"Negrologie deur Stephen Smith\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=23&amp;category_id=8&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=4&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=4\" target=\"_blank\">Stephen Smith<\/a>, <a href=\"http:\/\/www.opendemocracy.net\/author\/stephen-ellis\" target=\"_blank\">Stephen Ellis<\/a>), ontheemding en vervreemding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polities, ekonomies en tegnologies, het die Afrikaner &#8211; miskien meer as enige ander Westerse volk &#8211; ineens afskeid geneem van die moderne, maar ook die postmoderne. Trouens, die Duitse filosoof <a href=\"http:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Habermas\" target=\"_blank\">J\u00fcrgen Habermas<\/a> het eens in sy kritiek van postmodernisme daarna as &#8220;die afskeid van die moderne&#8221; verwys. As uitgeworpene, sowel uit &#8220;die Weste&#8221; &#8211; daardie verkrummelende begrip &#8211; as uit die neoprimitiewe &#8220;uitgebreide stam van Suid-Afrikaners&#8221;, bevind die Afrikaner hom reeds as &#8216;n soort pionier op die rand van die beskawing en van rasionaliteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaner word aan &#8216;n intense proses van vervreemding onderwerp, in elke moontlike sin van die woord: verlies aan &#8216;n identiteit, &#8216;n heimat, &#8216;n self, selfs sy burgerskap en sy grond. Geen Afrikaanse naam mag in die neoprimitiewe Suid-Afrika oorbly nie. Om Afrikaner te wees, is daarom, in die eerste plaas en bowenal, om vreemdeling te wees: <em>l&#8217;\u00e9tranger<\/em>. Met al die eggo&#8217;s van <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Albert_Camus\" target=\"_blank\">Albert Camus<\/a> se <a title=\"Die buitestaander, deur Albert Camus\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=24&amp;category_id=7&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=4\" target=\"_blank\">beroemde novelle<\/a> oor &#8216;n Fransman in Noord-Afrika, op die vooraand van die sogenaamde dekolonisering.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buitestaanderskap (Camus, <a href=\"http:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/De_buitenstaander_%28Lovecraft%29\" target=\"_blank\">Lovecraft<\/a>, <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/The_Outsider_%28Colin_Wilson%29\" target=\"_blank\">Wilson<\/a>). Om vreemdeling te word en as vreemd gesien te word, is die nuwe inhoud van Afrikanerskap. Die absurditeit &#8211; absurde mure, herinner ek my iewers &#8216;n frase uit Camus &#8211; van wette wat die Afrikaner tegelyk wil &#8220;ontras&#8221;, soos dit genoem word, maar tegelyk teen hom as blanke diskrimineer en &#8216;n soort geweldshorison definieer waarteen sy nuwe nuwe\/ou status van slagoffer afspeel. Soos <a title=\"Die moord op Piet Retief\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=10685\" target=\"_blank\">Retief <\/a>en sy manne moet ons afgeslag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor die neoprimitiewe <em>totale aanslag<\/em> op sy wese en alles wat Afrikaans is, ken die Afrikaner net een reaksie: hy vlug. Om van die verskrikking af weg te vlug. Hy vlug in sy diaspora in. Of agter mure. Hy skuil agter sy Afrikaans, agter sy taalgrens van waar hy die verval met gelatenheid betrag. Hy ervaar sy vervreemding, sy vreemdeling-wording, om in sy eie land as vreemdeling en buitelander gesien te word, met angs, met onverskilligheid, met fatalisme, maar ook: woede. Ten minste sommige, &#8216;n minderheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bantoe-imperialistiese ANC-bewind het daardie kennisgewing vervolmaak wat vroe\u00ebr jare in die Engelse stad Durban vertoon is: &#8220;Woonstel te huur: <em>Dutchmen<\/em> en Indi\u00ebrs hoef nie aansoek te doen nie.&#8221; Vandag is dit veral as Indo-Europe\u00ebr (<a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Georges_Dum%C3%A9zil\" target=\"_blank\">Dum\u00e9zil<\/a>), as Kaukasi\u00ebr, wat ons nie meer in Suid-Afrika welkom is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noem die Afrikaner se nuwe peregrinasie &#8211; sy eksistensi\u00eble dwaal (ook die titel van &#8216;n novelle deur die skrywer <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Chris_Barnard_%28skrywer%29\" target=\"_blank\">Chris Barnard<\/a>!), sy reise na n\u00earens, na die verre, uitgestrekte Oos-Rand wat Australi\u00eb is of die aardbewings van Nieu-Seeland, die koue van Kanada, die klam, mistige w\u00eareld van Engeland, &#8216;n verkenning van vreemdeling-wees. Die peregrinasie van die ewige <a href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Peregrinus_%28Roman%29\" target=\"_blank\"><em>peregrinus<\/em><\/a>, die Afrikaner. Die <a title=\"Wikipedia oor die Vlie\u00ebnde Hollander-legende\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Vlie%C3%ABnde_Hollander\" target=\"_blank\">Vlie\u00ebnde Hollander<\/a> (groete vir <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Richard_Wagner\" target=\"_blank\">Wagner<\/a>) wat n\u00f3g in Europa tuis is, n\u00f3g in Afrika. Daardie tussenw\u00eareld wat <a title=\"N.P. van Wyk Louw\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/N.P._van_Wyk_Louw\" target=\"_blank\">Van Wyk Louw<\/a> o so lowend beskryf het en in die beton van die Paarlse <a title=\"Die Afrikaanse Taalmonument\" href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Taalmonument\" target=\"_blank\">Taalmonument<\/a> vasgegiet is, het nou die Afrikaner se nuwe hel geword.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Xenofobie. Moontlik die enigste Griekse woord wat aan die <a href=\"http:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Barbaar\" target=\"_blank\"><em>barbaroi<\/em><\/a> van die nuwe Suid-Afrika bekend is en waarmee die doodmaak van vreemdelinge benoem word. Ook die daaglikse moorde op Afrikanermans, -vroue en -kinders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Transformasie is <a title=\"The madness of the day\" href=\"http:\/\/www.goodreads.com\/book\/show\/1147264.The_Madness_of_the_Day\" target=\"_blank\">die waansin van die dag<\/a>, <em>la folie du jour<\/em> (<a href=\"http:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Maurice_Blanchot\" target=\"_blank\">Blanchot<\/a>). Die paradoks is egter (en Afrikanerskap is ook, bowenal en by uitstek: paradoks) dat die Afrikaner bo die moderne en die postmoderne uitstyg, <em>jenseits der Moderne<\/em>, <em>au-del\u00e0<\/em>, anderkant, en hom in &#8216;n nuwe w\u00eareld bevind waarvan die mees radikale postmoderne denkers maar net kon droom en dalk heenwys. Die lang naels van <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Gilles_Deleuze\" target=\"_blank\">Gilles Deleuze<\/a>, omring deur draagbare klankopnemers, wat waansin en skisofrenie as die Nuwe Jerusalem poneer. Die <a title=\"Rizoom verklaard\" href=\"http:\/\/www.rizoom.org\/rizoom%20verklaard.html\" target=\"_blank\">risoom<\/a>, die <em>Pink Panther<\/em> wat die w\u00eareld ligroos oorstroom, onbeduidende breuke agterlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ligroos soos bloed? Vanuit die bloedige orgie wat Suid-Afrika vandag is, vanuit die totalit\u00eare totemstaat van multikulturele samesyn, sluip die Afrikaner op sy tone die toekoms in. Ontwortel, binnekort grondloos en sonder wortels, risomeer hy (as dit &#8216;n werkwoord kan wees) na nuwe werklikhede. Die <a title=\"Engelse verklaring van die risoom\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/Rhizome_%28philosophy%29\" target=\"_blank\">risoom<\/a>. Die uiterste revolusion\u00eare begrip. Om in enige rigting te kan groei. Soos die internet. Virtuele bande tussen ontwortelde individue, ontheemdes, vervreemdes. Aussiekaner, Eurokaner, Englikaner. Een en almal Afrikaners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grense van bloed is belangriker as geografiese grense (<a href=\"http:\/\/nl.wikipedia.org\/wiki\/Alain_de_Benoist\" target=\"_blank\">Alain de Benoist<\/a>).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En in ons groei oor die aardbol heen en na mekaar toe, is daar iets van die laertrek van ouds te bespeur. Nou nie meer die geslote kring van waens nie, maar die oop teks, die losse alliansie en verstrengel raak in mekaar. Die &#8220;drade&#8221; en weefsel van virtuele gesprekke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir ons lyk die w\u00eareld oud en ons is nuut.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">S\u00f3 moes <a href=\"http:\/\/af.wikipedia.org\/wiki\/Prometheus\" target=\"_blank\">Prometheus<\/a> gevoel het toe hy &#8216;n hele goddelike orde uitgedaag het.<\/p>\n<p>[followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/danroodtpage\" target=\"_blank\">Hou van Dan Roodt se Facebookblad<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur\u00a0Dan Roodt [followbutton username=&#8217;danroodt&#8217; count=&#8217;true&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;] Hou van Dan Roodt se Facebookblad N\u00e1 Albert Brenner se uiters interessante kommentaar oor die Afrikaner se identifikasie met rugby, dag ek ek sal so &#8216;n stukkie teorie (denk?) pleeg oor wie en wat die Afrikaner in 2013 nou eintlik is. Nie lank gelede nie, het ek &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16473\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die Afrikaner as postpostmoderne vreemdeling&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15563,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[],"class_list":["post-16473","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16473","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16473"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16473\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15563"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16473"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16473"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16473"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}