{"id":16389,"date":"2013-08-18T06:02:17","date_gmt":"2013-08-18T06:02:17","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16389"},"modified":"2019-11-02T18:04:36","modified_gmt":"2019-11-02T16:04:36","slug":"rugby-en-die-afrikaner","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16389","title":{"rendered":"Rugby en die Afrikaner"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Jy sal hom vind daar waar hy deur die strate van menige Westerse stad drentel &#8211; veral in Statebondshoofstede soos Londen, Dublin en Sydney.<\/p>\n<p>En in die stede en dorpe van Suid-Afrika is hy &#8216;n algemene gesig&#8230; die eensame, groot Afrikanerman wat die Springboktrui met geregverdigde trots dra. Dis asof die dra van die nasionale rugbytrui h\u00f3m die regte Springbokspeler maak, die wenner &#8211; al is dit net vir &#8216;n rukkie.<\/p>\n<p>En wie kan hom blameer? Die Springbokke &#8211; daardie voortreflik gevormde atlete van &#8216;n fisieke spel wat volmaak by die rowwe Afrikanerman pas &#8211; is legendaries. Hulle was nog altyd een van die twee topspanne op aarde. Dis &#8216;n geweldige bron van trots&#8230; want hulle is inderdaad w\u00e9nners!<\/p>\n<p>Deur die Springboktrui in die openbaar te dra, ontvang Afrikanermans uiteindelik daardie positiewe erkenning, daardie internasionale ego-inspuiting, wat hulle onts\u00ea word sedert hulle &#8211; deur hul eweknie\u00eb in die Weste &#8211; geblameer word vir al die probleme wat swartes in Suid-Afrika teister.<\/p>\n<p>Trouens, dit is feitlik die \u00e9nigste bron van trots wat die Afrikaner toegelaat word om te koester&#8230; die enkele <em>erkenning<\/em> waarop hy of sy m\u00e1g aanspraak maak. Want hulle bevind hulle in &#8216;n sosiokulturele en polities-ekonomiese omgewing wat hulle, asook hul hele <em>wese<\/em>, slegs apartheidsterme beskou. Soortgelyk aan Duitsers n\u00e1 die tweede w\u00eareldoorlog, is die Afrikaner letterlik van al sy prestasies v\u00f3\u00f3r apartheid &#8211; tot in sy diepste geskiedkundige wese &#8211; gestroop.<\/p>\n<p>Sy unieke taal, Afrikaans &#8211; die derde jongste Germaanse taal op die planeet &#8211; word steeds gekriminaliseer en gemarginaliseer as &#8220;die taal van die verdrukker&#8221;&#8230; en as die onmodieuse &#8220;dumb Dutchman&#8221;-taal deur vermetele, gebore Engelssprekendes in Suid-Afrika bespot.<\/p>\n<p>Sy legendariese milit\u00eare manhaftigheid &#8211; soos weereens tydens die Angolese oorlog vertoon is &#8211; is insgelyks gekriminaliseer. Daardie dapper jong Afrikanermans &#8211; waarvan baie destyds &#8216;n skamele 18 jaar oud was &#8211; en wat die Weste gehelp het om die Koue Oorlog te wen, word vandag deur die oorheersend swart ANC-regering as niks anders as wrede &#8220;apartheidsmoordenaars&#8221; voorgestel nie. &#8216;n ANC wat destyds vir die ander kant geskree het.<\/p>\n<p>Die besondere prestasie en sukses om Suid-Afrika tot die rykste, magtigste en ontwikkeldste land in Afrika op te bou, is so te s\u00ea deur die swart regering en liberale in die Weste uit die geskiedenis uitgewis &#8211; eenvoudig omdat hulle aanneem dat Suid-Afrika se swartes dit in elk geval sou reggekry het, indien dit nie vir die &#8220;bose&#8221; Afrikaner se &#8220;apartheidsingryping&#8221; was nie.<\/p>\n<p>Dan noem &#8216;n mens nie eens die Afrikaner se ongelooflike moed en vasberadenheid om hom letterlik, sonder enige hulp, vanuit die as op te trek wat deur Lord Milner se lafhartige verbrande-aarde-:&#8221;oorlogvoering&#8221; gedurende die tweede vryheidsoorlog agtergelaat is nie. &#8216;n Oorlog waarin die Afrikaner in getalle 10\/1 oortref is, &#8216;n oorlog wat 33 000 van sy vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe laat sterf het &#8211; en die Afrikaner destyds tot die armste blanke nasie op aarde gereduseer het.<\/p>\n<p>Kortom, die Afrikaner se hele geskiedkundige wese verduur tans dieselfde lot as wat sy plase tydens Milner se gepoogde volksmoord &#8216;n eeu gelede getref het&#8230; behalwe dat dit hierdie keer gaan oor sy verstand wat <em>verskroei<\/em> is!<\/p>\n<p>Hieroor is die internasionale gemeenskap egter min gepla. En wat die ontstellendste van alles is: dit lyk nie asof dit die meerderheid van die moderne Afrikaners pla nie. Waarom? Ek bedoel, hoe kan &#8216;n unieke volk met &#8216;n ongelooflike geskiedenis eenvoudig verg\u00e9\u00e9t, asof niks gebeur het nie?<\/p>\n<p>Wel, dis waar rugby inkom. Die erkenning wat die Afrikaner (-meerderheid) deur rugby ontvang, hou hom skynbaar gelukkig&#8230; selfs te midde van die barbaarse chaos in Mandelatopia.<\/p>\n<p>Die soeke na erkenning (<em>thymos<\/em>) is een van die sterkste dryfvere in die menslike psige. So sterk dat dit selfs deur Francis Fukuyama as die <em>enjin van die geskiedenis<\/em> veronderstel word. Sy (taamlik gemeenplasige) boek, <em>The end of history and the last man<\/em>, het menige Westerse leier tot histeriese vreugde oorgehaal, want dit het &#8216;n utopiese grondslag\/regverdiging vir neoliberalisme verskaf nadat die Koue Oorlog teen kommunisme gewen is.<\/p>\n<p>Hoe dit ook al sy, almal van ons sm\u00e1g na erkenning &#8211; sommiges meer (en op &#8216;n groter skaal) as ander. Die puberteitsdrukvlerk op die kattebak van &#8216;n Ford Escourt mag die ding wees wat jou ego die meeste streel, of &#8216;n vakansiehuis op Hermanus, of &#8216;n doktorale titel voor jou naam, of &#8216;n multinasionale maatskappy wat aan jou (soos aan Kdoos Bekker van Naspers) &#8216;n uitnodiging na Davos besorg. Wat ook al die grootte en vorm van van jou ego, sal jy deur die vuur loop om dit gestreel te kry. En as dit uiteindelik gestreel word, is jy daardie w\u00e9nner&#8230; d\u00edt waarna jy s\u00f3 lank gesmag het.<\/p>\n<p>En dit is presis waarom Afrikaners bereid is om met &#8216;n verskroeide verstand in &#8216;n verlore ryk wat deur &#8220;edele&#8221; barbare regeer word, saam te leef. Want om op die rugbyveld te wen is al die erkenning wat hy (dink) hy nodig het, aangesien hy nes die Springbokke nog nooit werklik verloor het nie. In sy verbeelding is hy steeds &#8220;baas van die plaas&#8221;.<\/p>\n<p>Die gemene ou Britse Ryksarende het die Anglo-Boereoorlog gewen, maar hulle het nooit daarin geslaag om die Afrikaner se moed te breek nie. Die Afrikaner het die Angolese oorlog loshande gewen, selfs al het hy die vrede verloor, danksy die verraad van sy domonnosele leiers. Die Afrikaner het nooit sy &#8220;domein&#8221; aan god Mandela moes afstaan nie; hy het dit eenvoudig aan Mandela oorhandig &#8211; soos die Springboktrui wat hulle tydens die afsluitingseremonie van die 1995-rugbyw\u00eareldbeker aan hom oorhandig het.<\/p>\n<p>Oor die algemeen beskou, is Afrikaners, as individue, steeds (gemiddeld) wenners in Mandelatopia, en elders ter w\u00eareld as uitgewekenes &#8211; veral finansieel, nes hul Springbokhelde en -rolmodelle.<\/p>\n<p>Die enigste probleem is dat rugby &#8216;n <em>spansport<\/em> is, net soos &#8216;n nasie&#8230; soos &#8216;n beskawing. Selfs die magtige Springbokke kan net wenners bly solank hulle as &#8216;n span speel. Dis waarom minder en minder eensame, groot Afrikanermans met hul trotse Springboktruie in die toekoms deur die strate van Westerse stede gaan drentel.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Jy sal hom vind daar waar hy deur die strate van menige Westerse stad drentel &#8211; veral in Statebondshoofstede soos Londen, Dublin en Sydney. En in die stede en dorpe van Suid-Afrika is hy &#8216;n algemene gesig&#8230; die eensame, groot Afrikanerman wat die Springboktrui met geregverdigde trots dra. Dis asof die dra van die nasionale [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":100040,"featured_media":46821,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[11551,10],"tags":[768,11556,11553,11554,9482,7582,5038,2149,11552,21114,4883,2242,10925,11555,6358],"class_list":["post-16389","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-albert-brenner","category-rubrieke","tag-afrikaner","tag-angolese-oorlog","tag-dublin","tag-dumb-dutchman","tag-fukuyama","tag-koue-oorlog","tag-londen","tag-mandela","tag-mandelatopia","tag-c78-rugby","tag-springbokke","tag-suid-afrika","tag-sydney","tag-thymos","tag-tweede-vryheidsoorlog"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16389","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/100040"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16389"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16389\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":46823,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16389\/revisions\/46823"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46821"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16389"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16389"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16389"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}