{"id":16347,"date":"2013-08-16T09:46:42","date_gmt":"2013-08-16T09:46:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16347"},"modified":"2013-08-16T10:03:18","modified_gmt":"2013-08-16T10:03:18","slug":"inwoners-ontsteld-oor-gemors-na-kerkbyeenkoms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16347","title":{"rendered":"Inwoners ontsteld oor gemors na kerkbyeenkoms"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_16348\" aria-describedby=\"caption-attachment-16348\" style=\"width: 250px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/gemorscenturion.bmp\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-16348\" alt=\"\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/gemorscenturion.bmp\" width=\"250\" height=\"250\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-16348\" class=\"wp-caption-text\">Giovanni Cantarello<\/figcaption><\/figure>\n<p class=\"teaser\" style=\"text-align: justify;\">Inwoners van Doringkloof in Centurion is geskok oor die vuil toestand waarin di\u00e9 woongebied agtergelaat is na \u2019n byeenkoms die afgelope naweek by Supersportpark.<\/p>\n<div class=\"copy\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense het in massas by die stadium in honderde busse opgedaag om \u2019n godsdienstige geleentheid van &#8216;n swart kerk Sondag by te woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens een van die inwoners in Leoniestraat, slegs \u2019n blok van die stadion, was die oop stuk grond in di\u00e9 straat in \u2019n walglike toestand agtergelaat met papiere en toiletpapier wat oor die hele gebied in die Augustuswind gewaai het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Giovanni Cantarello was hoogs ontsteld toe hy die gemors wat deur die feesgangers gelos is, gesien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen Maandagmiddag het geen opruimingspan \u2019n poging aangewend om die gebied skoon te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns as belastingbetalers verwag dat daar n\u00e1 hierdie tipe byeenkomste skoongemaak moet word aangesien ons vir hierdie dienste indirek betaal,\u201d het Cantarello ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cantarello bevraagteken ook die toiletgeriewe wat vir die mense aangebied was, aangesien toiletpapier oral tussen die busse gelos is. Hy het ook ges\u00ea dat hy mense gesien het wat hul tande tussen die busse geborsel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sondag het feesgangers in die strate afgedwaal en by huise aangeklop om vir water te bedel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk glo nie daar was genoeg water vir die mense beskikbaar nie,\u201d het Cantarello ook besorg bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy vrou het kos vir \u2019n seun gegee wie die hele dag onder \u2019n boom voor hul huis sonder kos en water gesit het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy bevraagteken ook die kapasiteit van die stadion en die werklike hoeveelheid mense wat die geleentheid bygewoon het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Inspekteur van die Departement van Afvalbestuur het Maandag die gebied besoek en was geskok oor die toestand daarvan. Di\u00e9 departement was glo nie in kennis gestel van die funksie nie en daarom was \u2019n skoonmaakspan nie gere\u00ebl nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het wel ges\u00ea dat daar werkers moontlik Dinsdag na die gebied gestuur sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Supersportpark se bestuurder, Malcolm Drysdale het om verskoning gevra vir die ongerief wat di\u00e9 onsmaaklikhede die inwoners veroorsaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Drysdale was die stadion aan Twelve Apostels Church verhuur en dus het die stadion nie as organiseerders opgetree nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bestuur van die stadion het vereistes gestel wat deur die organiseerders van die byeenkoms nagekom moes word, maar volgens Drysdale was dit nie die geval nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cSonder om die blaam te verskuif was meeste van ooreenkomste nie nagekom nie met die grootste probleem dat die beperkte getal toeskouers oorskry was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het ooreengekom dat slegs 30 000 mense toegelaat was, maar tussen 55 000 en 60 000 mense het daarop aangedring om toegelaat te word,\u201d het Drysdale ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Drysdale was later &#8216;n vergadering gere\u00ebl waarby die organiseerders, verteenwoordigers van Tshwane-metro, polisie en metropolisie betrokke was om di\u00e9 kwessies te bespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Aksieplan om die gebied op te ruim was bespreek en is Dinsdag uitgevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gebied in Leoniestraat is skoongemaak.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Inwoners van Doringkloof in Centurion is geskok oor die vuil toestand waarin di\u00e9 woongebied agtergelaat is na \u2019n byeenkoms die afgelope naweek by Supersportpark. Mense het in massas by die stadium in honderde busse opgedaag om \u2019n godsdienstige geleentheid van &#8216;n swart kerk Sondag by te woon. Volgens een van die inwoners in Leoniestraat, slegs &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=16347\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Inwoners ontsteld oor gemors na kerkbyeenkoms&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16348,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11510,11512,6796,11511],"class_list":["post-16347","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-centurion","tag-doringkloof","tag-supersport-park","tag-twelve-apostles-church"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16347","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16347"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16347\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16348"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16347"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16347"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16347"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}