{"id":16240,"date":"2013-08-14T07:17:44","date_gmt":"2013-08-14T07:17:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=16240"},"modified":"2013-08-14T09:00:14","modified_gmt":"2013-08-14T09:00:14","slug":"waarom-oom-kosie-nie-sukkel-in-afrika-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=16240","title":{"rendered":"Waarom Oom Kosie nie sukkel in Afrika nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/milton.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-16241\" alt=\"milton\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/milton.jpg\" width=\"244\" height=\"207\" \/><\/a>deur Joseph Secr\u00e8ve<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is met \u2019n vreemde verbasing dat ek gelees het oor Naspers se hoofsweep Koos Bekker se enorme kapitaal. Soos hierdie <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=16082\">artikel <\/a>beweer het Bekker \u2019n neseiertjie van so 17 miljard rand vergaar. Dit is nou 17 duisend miljoen een Rand munte op mekaar gestapel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder om nou te preek oor moralismes van uiterste welvaart terwyl ander vanaand onder br\u00fbe moet slaap, moet ons een ding besef oor wat dit beteken om so ongelooflik baie kapitaal te besit. Sien, in ons w\u00eareld is daar ryk mense en dan is daar ongelooflike ryk mense. Tussen hierdie twee soorte rykmense skuil daar \u2019n enorme mentaliteitsverskil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ryk mense is oor die algemeen ondernemend en glo jy moet op jou eie bene staan. Hulle werk hard, sien kanse, bereken risiko\u2019s en gryp dan daardie kanse aan. Die meeste van hulle kan getuig hoe dit is om van armoede tot rykdom op te beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egter, wanneer ons die domein van die ongelooflik ryk mense betree, is die patroon effens anders. Veral in die geval waar ongelooflike ryk families nou al generasies lank op &#8216;n kruin is, is daar ook sprake van ondernemende optredes, maar oor die algemeen nie sonder bybedoeling nie. Die ongelooflike rykes is voortdurend met planne en aksies besig om te sorg dat hulle hul kapitaal en invloed tot die maksimum kan uitbrei, en ek dink ons kan stel dat Bekker nou leerling is op hierdie vlak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ongelooflik rykes doen snaakse dinge: Hulle wil enersyds sogenaamd van hul enorme kapitaal af deur stigtings en liefdadigheidsorganisasies op te rig, maar andersyds lyk dit nie of hulle armer word nie. Hulle is oor die algemeen groot bewonderaars van kommunistiese of sosialistiese helde en ideale. In Bekker se geval is die bekende Boerekommunis Bram Fischer sy nommer een troetelrooie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is egter waarom. Kommunisme \u2013 wat sogenaamd fel teen kapitalistiese uitbuiting is \u2013 word grootliks gesteun deur diegene waarvan \u2019n mens sou verwag dat hulle slagoffer sou word van daardie sisteem&#8230;tensy natuurlik hulle van die begin af aan daardie stelsel uitgedink het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons kan daardie vreemde liefde van rykmense vir kommunisme soos volg verklaar: Enersyds is dit bekend dat die rykstes ter w\u00eareld slegs ryker en ryker word soos wat die tyd aanbeweeg. Nie net is die kapitaal van die Rothschilds en Rockefellers nog steeds in hul besit nie, maar selfs die steenryke Middeleeuse bankiers, die Florentynse De Medici-gesin se bloedlyn bestaan ook nog steeds. Ons almal het op skool geleer oor die Renaissance en hoe ons daardeur wegbeweeg het uit die Donker Middeleeue, dog weet min mense dat die Renaissance volledig gefinansier was deur die De Medici\u2019s. Elke belangrike politieke kentering het ontstaan as gevolg van geld&#8230;baie geld, ten minste vanaf die Middeleeue.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ander gevaar is die gewone mens, wat slegs met bewondering kan kyk hoe hierdie kapitaal aan hulle verbygaan. Die rykes het daarom \u2019n verantwoordelikheid om hulself te beskerm om nie te word soos John D Rockefeller nie, daardie eerste miljard\u00ear wat parano\u00efes en senuweesiek begin word het omdat hy nie opgewasse was teen rykwees nie en almal hom gehaat het. Hier kom kommunisme en\/of sosialisme na vore as beste skikking tussen uiters ryk en die gewone mens. Dit is \u2019n samestelling, oftewel sintese tussen baie ryk en arm. Hoe ryker die rykstes word hoe meer word hulle bedreig deur die gewone mens. Ten einde hulself te beskerm moet hulle \u2019n skikking tref met die gewone mens, wat meer inspraak in die kapitaal eis waar hulle immers ook voor gewerk het. Die skikking is dat die gepeupel meer gelykheid en inspraak mag verkry, maar geen bedreiging mag vorm vir diegene bo-aan nie. Tegelykertyd sal \u2019n mens merk dat dit baie moeilik is om in hierdie lande ho\u00ebr op die sosiale trap te beweeg. Tussen sosialisme en die uiters rykes begin \u2019n kaste te ontstaan, oftewel \u2019n burokratiese muur waar gewone mense nie deur kan breek nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rykes daarenteen het allerlei slim planne en adviseurs wat sorg dat hul kapitaal veilig is en dat hulle geen probleme met hul geld sal ervaar nie. \u2019n Sekere Machiavelliaanse takt en roekeloosheid is nodig om laasgenoemde te bewerkstellig. Slegs diegene wat hierdie taktvolle roekeloosheid het word uitgenooi om by hierdie elite klub te behoort, en Koos Bekker se miljarde rand was sy beloning gewees vir sy ingesteldheid. Hy verstaan die fyn kepies van die rykes se vak. Tegelykertyd hou sy media emporium die gewone mense in \u2019n wolk van onkunde met hul eufemismes oor die ware toedrag van sake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos hy \u2019n diepgewortelde minagting vir Afrikaners koester, sien ons sy ryker eweknie in die \u201cfilantropiese\u201d Hongaarse satanaanbidder George Soros. Laasgenoemde het by herhaling gestel dat die beste tyd van sy lewe in 1944 was toe hy die eiendomme van gedeporteerde Jode gesteel het en meegehelp het met hul deportasie. In plaas van spyt agteraf meen hy dat hy gevul was met \u2019n gevoel van absolute mag. Ook het Soros skaamteloos toegegee dat die groot beursval van 2008 die \u201choogepunt van sy loopbaan\u201d was. \u2019n Mens sou eintlik kon s\u00ea dat Soros (\u2019n aangenome van wat \u201com te strewe\u201d beteken) \u2019n hedendaagse re\u00efnkarnasie van Lenin is. Altwee wou oor die w\u00eareld heers, geloof afbreek en iemand uit hul ingewyde kring van kamerade voordra as groot verlosser. Soros se pa was origens die bedenker van Esperanto gewees, daardie mengelmoestaal wat veronderstel is om die w\u00eareld linguisties te verenig. Sy Open Society stigting is uiteindelik ook niks anders as \u2019n lis om plaaslike regerings te ondermyn en grense af te breek sodat dit makliker word om mag te sentreer sodat hy en sy ingewydes hul gewetenlose magswellus verder kan voortsit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die gedrag van hierdie figure te ontleed sal ons goed doen om onsself in die klassieke literatuur te verdiep. Die Middeleeuse digter John Milton skryf in sy bekende werk <em>Paradise Lost<\/em> dat Satan fundamenteel arrogant en heerssugtig is. Klink dit tog nie al te bekend nie! Die groot linkse denkers wat alewig vir ons vertel wat beter is vir ons. Dat ons aan \u2019n vals bewussyn ly wat hulle gaan regdokter. Dat ons, ofskoon ons mense in ernstige armoede verkeer, nog elke dag moet hoor dat ons tot \u2019n bevoordeelde klas behoort. Dat die Carnegie, Ford en Rockefeller stigtings hulself voortdurend bemoei met onderwys om ons te vertel watter onderwysmodel die beste is, en nou sit mense met matrieksertifikate en hulle kan skaars \u2019n paragraaf skryf. Dit is ook die les wat Mary Woolstonecraft-Shelley aan ons wou leer in haar bekende gruwelverhaal Frankenstein, naamlik dat in hul poging om \u201cdie mensdom te bevorder\u201d, is die enigste wat ons uiteindelik vermag om monsterlike aberrasies te skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie goed daaroor nadink sal besef dat al hierdie linkse stokperdjies wat op ons afgedwing word, sogenaamd \u201comdat ons dit wil h\u00ea\u201d, niks anders is as die toppunt van arrogansie nie. Ons word beskou as le\u00eb doppe wat hulle gaan invul met hul kortsigtige kranksinnige lewensbeskouings omdat die gewone mens kwansuis geen insigte in sy eie optredes het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit is die klas waartoe Koos Bekker behoort. Daar is duisende wanhopige stemme van mense wat die ergste vorm van gruwel en vernedering meegemaak het in Suid-Afrika, maar die gees wat die media uitsaai is een van \u2019n diepgewortelde onge\u00efnteresseerdheid. Die leed wat tans oor Suid-Afrika heers is nie kongruent met die beeld wat die hoofstroommedia uitstuur nie. Ons word in slaap gesus terwyl Rome brand en dit wil voorkom asof dit die bedoeling is om mense apaties te maak sodat hulle makliker be\u00efnvloedbaar word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weereens sien ons die bewys dat dit nie swart leiers met hul \u201cKill a Boer\u201d krete is waarvoor ons soseer moet oppas nie, maar die uiters ryk en magtige wittes agter die skerms wat stilletjies meewerk om hierdie klimaat te bewerkstellig. Hulle is die ware <em>genocidaires<\/em>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vyand in ons midde is die ware vyand. Maar onderliggend daaraan is ook waar dat verdeelde volke soos Afrikaners begin saamstaan \u2013 nie soseer uit \u2019n patriotiese gevoel van solidariteit nie, maar omdat hulle besef dat hul hele identiteit en bestaan-in-die-w\u00eareld bedreig word as hulle dit nie doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om Naspers te boikot is uiteindelik nie \u2019n kwessie van voorkeur nie, maar oorlewing.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>deur Joseph Secr\u00e8ve Dit is met \u2019n vreemde verbasing dat ek gelees het oor Naspers se hoofsweep Koos Bekker se enorme kapitaal. Soos hierdie artikel beweer het Bekker \u2019n neseiertjie van so 17 miljard rand vergaar. Dit is nou 17 duisend miljoen een Rand munte op mekaar gestapel. Sonder om nou te preek oor moralismes [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":16241,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[11447,11450,7171,10660,11449,4708,10543,11448,11451],"class_list":["post-16240","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-braam-fischer","tag-carnegie","tag-ford","tag-george-soros","tag-john-milton","tag-kommunisme","tag-koos-bekker","tag-paradise-lost","tag-rockefeller"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16240","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=16240"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/16240\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/16241"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=16240"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=16240"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=16240"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}