{"id":1620,"date":"2008-05-07T11:19:41","date_gmt":"2008-05-07T11:19:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1620"},"modified":"2008-05-07T11:19:41","modified_gmt":"2008-05-07T11:19:41","slug":"afrikanerjeug-waar-is-jul-trots","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1620","title":{"rendered":"Afrikanerjeug, waar is jul trots?"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"Section1\">\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nelson Mandela is nie na 27 jaar in die tronk vrygelaat omdat hy en sy &ldquo;Comrades&rdquo; onskuldig was en omdat die ouer geslag besluit het dat hulle die &ldquo;awesome&rdquo; Springbokke wou sien nie. Daar was baie druk op Suid-Afrika van die buiteland af, veral deur Brittanje wat nog altyd die ondergang van die Afrikanervolk wou sien, hetsy deur wapengeweld, hetsy deur demografiese onderploeging.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span>&nbsp;<\/span>Die besluit oor Mandela se vrylating is nie oornag gedoen nie. Indien Nelson Mandela en kie. nie toe vrygelaat is nie, kon ons nie vandag so lekker in die buiteland rinkink en al die tegnologie invoer wat jou en my lewe makliker maak nie. Dan sou Suid-Afrika afgesny van die res van die w&ecirc;reld gebly het.<span>&nbsp; <\/span>Dit het oor veel meer as rugby gegaan en die ouer geslag het nie die nasie &ldquo;uitverkoop&rdquo; nie, maar het ook die besluit geneem vanuit &#329; Christelike oogpunt. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nietemin sou niemand in die vroe&euml; negentigerjare kon dink die huidige toestand sou ontstaan nie. Hoe kon julle &ndash; terwyl almal in die ban van die buitelandse media en die re&euml;nboogoptimisme verkeer het?<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die afskaffing of die einde van die sogenaamde apartheidsregering het verlede maand op 27 April 2008 presies veertien jaar gelede plaasgevind. Daarmee saam is ons onderwys natuurlik in &#329; krisis gedompel, want vir die ANC was dit nog altyd &#329; &ldquo;veld van stryd&rdquo;. Nelson Mandela het tydens sy een van sy eerste toespraake as &#329; vry man op 13 Februarie 1990 by &#329; herdenking van die Soweto-opstand van 16 Junie 1976 die volgende ges&ecirc;: <\/span><em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Apartheid education is inferior and a crime against humanity<\/span><\/em><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">.<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vandag word onderwys weereens as minderwaardig beskryf, maar di&eacute; keer wel onder die ANC-regering. Di&eacute; stelling is gemaak deur <span style=\"text-transform: uppercase\">COSATU<\/span> se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi wat leerders vanjaar toegespreek het voor die sogenaamde Vryheidsdagvieringe. Daar het heelwat tyd tussen die twee toesprake verloop, maar min dinge het verander!<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vavi het onderwys uitgesonder as die een gebied waar daar nog &#329; groot rassekloof bestaan en ges&ecirc; dat die helfte van alle blanke leerlinge wat matriek slaag, dit doen <span>&nbsp;<\/span>met universiteitstoelating. D&iacute;t, terwyl net twaalf persent van swart leerlinge dit regkry.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hy het ook ges&ecirc;<span>&nbsp; <\/span>dat die meeste swart leerlinge nie kan bekostig om na &#329; voormalige Model C-skole toe te gaan nie en moet daarom opgeskeep sit met &#329; minderwaardige opvoeding. Ek hoop dat ons jeug, onderwysers en ouers meer op hoogte van sake is, want daar bestaan nie meer so iets soos Model C-skole nie, maar slegs private skole en staatskole wat almal dieselfde kurrikulum volg, nl. Kurrikulum 2005.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Deel van kinderregte is die reg op gratis onderwys. Vanaf 2008 het dit &#329; werklikheid geword. Onthou die koerantopskrifte gedurende 2007. Afrol News het &#329; artikel gehad onder die opskrif: &ldquo;Vyf miljoen Suid-Afrikaanse kinders gaan gratis onderwys ontvang.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dus wat Zwelinzima Vavi verder te s&ecirc; gehad het, laat die land se onderwysstelsel nie baie goed lyk nie &ndash; &#329; onderwysstelsel onder die ANC-regering:<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ldquo;Skoolfooie handhaaf diep klasseverskille tussen skole in die gegoede voorstede en di&eacute; in die lokasies of, nog erger, in plattelandse gebiede.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Werkersklaskinders kan nie die skoolfooie bekostig wat by voormalige skole slegs vir blankes geld nie. Swart leerders wat &#329; Model C-skool kan beskostig, kom matriek deur; di&eacute; wat net historiese swart skole kan bekostig, moet &#329; opdraande stryd voer.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die meeste leerders wat uitval verlaat die skool omdat hulle nie kan bekostig om fooie of uniforms te betaal nie, of omdat hulle deur die swak gehalte opvoeding ontnugter word en omdat ho&euml; werkloosheid hulle van hoop beroof.&rdquo;<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Deur die loop van Nelson Madela se bewind het hy baie oor die onderwys te s&ecirc; gehad &ndash; dinge wat nie ter harte geneem is nie <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&ndash;<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> ook nie deur bogenoemde persoon wat nie die feite van die nuwe regering reg het nie en dus ook nie gedoen het wat sy held ges&ecirc; het hy moet doen nie. Nelson Mandela het by verskeie geleenthede die jeug aangemoedig om terug te gaan skool toe en dat &#329; klimaat van leer geskep moet word sodat Suid-Afrika se jeug kan meeding met ander lande en dat hulle goeie werksgeleenthede kan verkry.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wanneer iemand jou held is, wil jy tog dit doen wat hy van jou vra. Indien almal geluister het en nie meegewerk het om die onderwys af te takel nie, sou dit nie nodig gewees het om te s&ecirc; dat Suid-Afrika se onderwys nou weer as minderwaardig beskou word nie. Die houding van die kinders en die onderwysers oor die afgelope paar jaar het baie daartoe bygedra. Die kinders met hulle lelike houding teenoor die onderwysers, maar ook omdat die onderwysers besluit het dat dit nie meer nodig is om die kinders te &ldquo;dril&rdquo; nie. Daar bestaan die houding dat wanneer kinders &#329; werksopdrag doen of eksamen skryf net &#329; algemene idee van die betrokke saak<span> <\/span>nodig is en dat die spelling en taalkunde nie eens reg hoef te wees nie. Dit is dan nie verbasend dat Graad 9-leerlinge nie kan lees en skryf nie. Ek dink nie dat Nelson Mandela baie trots is op di&eacute; stand van sake nie. Die huidige toestand het niks te doen met die &ldquo;uitverkoop&rdquo; van die nasie in 1994 nie &ndash; dit het te doen met persoonlike keuse en die wegskram van verantwoordelikheid.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ek glo ek kan met sekerheid s&ecirc; dat die meeste blankes nie vir die ANC gestem het nie, maar daar is wel &ldquo;Ja&rdquo; gestem om apartheid af te skaf. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Iewers het iets baie verkeerd geloop en dit is in die hande van die jongmense om dit reg te <span>&nbsp;<\/span>stel. Ek praat nie weer van &#329; ander vorm van apartheid nie, maar indien hierdie onsinnige moorde op onskuldige mense nie ophou nie, gaan die hele Suid-Afrika se bevolking uitsterf en ek dink dit is wat Sokrates de Wet bedoel met die jonger mense wat &#329; invloed kan uitoefen. Vertel vir die kinders dat hulle moet werk, van geweld moet wegbly en &#329; goeie voorbeeld moe stel. Daarom s&ecirc;<span>&nbsp; <\/span>ek: Jeug, wees bewus van julle feite, doen iets anders as net rekenaarspeletjies speel en hou op om soos &#329; klomp skape net te herhaal dat Nelson Mandela julle held is en dat julle saamstem met alles wat aan julle opgedis word. Raak weer trots daarop om &#329; blanke Afrikaner te wees en los asseblief julle &ldquo;slap&rdquo; houding &ndash; die nie-blanke jeug lag vir julle want julle speel so mooi in die hande van die mense wat julle van julle trots wil ontneem of reeds ontneem het.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ouers, indien julle ernstig is oor die opvoeding van julle kinders, moenie net aanhou kla oor die standaarde wat gedaal het nie. Doen iets daadwerkliks en ondersteun die CVO-skole of gebruik ander kurrikulums wat harde werk, opoffering en die behoud van waardes vereis. As iets nie van julle kant af gedoen word nie gaan ons weer te doen kry met &#329; minderwaardige skoolstelsel. Neem die voortou en neem standpunt in dat julle nie saamstem met die verlaagde standaarde nie, want hoekom moet die blankes nou al hulle waardes laat staan net omdat ons die minderheidsgroep is &ndash; lede van minderheidsgroepe het nog steeds die reg op menswaardigheid. Vra maar vir die Afro-Amerikaners!<\/span><\/p>\n<\/p><\/div>\n<p>  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"> <\/span><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/18-kruglyj-svetodiodnyj-svetilnik-kharakteristika\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 \u043f\u0430\u043d\u0435\u043b\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Afrikanerjeug, waar is julle trots om &#329; blanke Afrikaner te wees? Daar waar julle in die klaskamers sit en rook en na musiek in julle ore luister. Dis wat onderwysers vertel. Terwyl julle aandag aan die onderwyser moet gee wat sy bes doen om vir julle iets te leer. Vir die onderwyser is dit geensins lekker om vir bedwelmde tegno-zombies klas te gee nie.<\/span><\/p>\n<p>  <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Maar vra vir julle wie is julle held, dan kan julle nie gou genoeg die naam Nelson Mandela uiter nie. Van julle weet nie presies hoekom hy in die tronk was nie &ndash; nee, maar julle praat soos &#329; klomp skape saam en dan is dit julle wat nie wil leer nie en nie hou van herhaling nie.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[116],"tags":[1545,21092,1544,1546],"class_list":["post-1620","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c107-susan-combrinck","tag-afrikanerjeug","tag-rubrieke","tag-susan-combrinck","tag-waar-is-jul-trots"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1620","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1620"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1620\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1620"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1620"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1620"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}