{"id":15962,"date":"2013-08-07T08:35:00","date_gmt":"2013-08-07T08:35:00","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=15962"},"modified":"2013-08-08T14:10:32","modified_gmt":"2013-08-08T14:10:32","slug":"15962","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=15962","title":{"rendered":"Wildstropers bedreig aasvo\u00ebls"},"content":{"rendered":"<div class=\"field field-name-body field-type-text-with-summary field-label-hidden\">\n<div class=\"field-items\">\n<div class=\"field-item even\">\n<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/vultures.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-15958\" alt=\"vultures\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/vultures-300x222.jpg\" width=\"300\" height=\"222\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/vultures-300x222.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/vultures.jpg 431w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>Wildstropers wat die karkasse van trofeediere met gif laai is &#8216;n groot bedreiging vir aasvo\u00ebls in Namibi\u00eb.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Peter Bridgeford van Vultures Namibia is as Walvisbaaier een van die grootste navorsers en bewaarders van Namibi\u00eb se aasvo\u00ebls. Met Walvisbaai as die basis van Vultures Namibia konsentreer hy op die skaars swartaasvo\u00ebls van die Namib, maar aanmeldings van witrugaasvo\u00ebls in ander dele van die land kan ook by hom gedoen word. Enkele witrugaasvo\u00ebls kom wel in die Namib voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea minder aasvo\u00eblvrektes word deur roofdiere soos jakkalse en rooikatte veroorsaak. Oor die optrede van wildstropers en die gevolglike uitwissing van aasvo\u00ebls het hy &#8216;n onlangse voorval in Caprivi genoem. Daar het wildstropers &#8216;n olifant onwettig geskiet. Aasvo\u00ebls dien as klikkers van sodanige voorvalle deurdat hulle bo die karkas rondsweef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kan die gereg na die diewe en hul prooi lei. Gevolglik word die karkas met gif gelaai. In die genoemde voorval het blykbaar tot driehonderd aasvo\u00ebls aan vergiftiging gevrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verdoemende bewysstukke wat di\u00e9 week op die ministerie van landbou, water en bosbou se proefplaas Omatjene buite Otjiwarongo gevind is, toon intussen di\u00e9 regeringsplaas is &#8216;n nes van onwettige jagbedrywighede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moontlikheid is nie uitgesluit dat regeringsbeamptes kop in een mus met die wilddiewe is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nagenoeg 20 draadstrikke is gevind nadat die Otjiwarongo Buurtwag, vergesel van polisiereserviste en &#8216;n natuurbewaarder, deur &#8216;n boer op een van die buurplase daarheen ontbied is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die strikke is by veeposte gestel en moeite is nie eens gedoen om dit te versteek nie. Mnr. Eben du Plessis, sekretaris van die buurtwag, s\u00ea volgens werkers op die regeringsplaas word die veeposte weekliks gepatrolleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea hulle is ontbied nadat die boer wie se plaas aan Omatjene grens, honde op die regeringsplaas hoor blaf het toe hy besig was om aan &#8216;n waterpomp te werk. Hy het gaan ondersoek instel en op &#8216;n regeringsbakkie van die proefplaas afgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie boer het die bakkie gestop en agterop was die skedel van &#8216;n koedoebul, &#8216;n dooie vlakvark met letsels van &#8216;n draadstrik om sy lyf en &#8216;n hondeketting,\u201d s\u00ea Du Plessis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEen van die mans van die proefplaas het die plek gaan uitwys waar die bosvark die oggend in &#8216;n strik gevind is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die betrokke veepos het die buurtwag en polisiereserviste nog ses draadstrikke gevind en verwyder. Daarna het hulle elf draadstrikke by twee ander waterposte gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie strikke was duidelik sigbaar. Hierdie poste word volgens die werkers van Omatjene weekliks gepatrolleer, maar geen poging is aangewend om die strikke te verwyder nie. Dit dui daarop dat hulle moontlik by die onwettige jagtery betrokke was,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die vermoede bestaan dat honde vir die onwettige jagtogte op Omatjene ingespan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHoewel die boer nie die honde gesien het nie, het hy hulle hoor blaf. Ons het ook &#8216;n halsband en ketting gevind waarmee die honde vermoedelik agterop die bakkie vasgemaak word.\u201d &#8211; Die Republikein<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wildstropers wat die karkasse van trofeediere met gif laai is &#8216;n groot bedreiging vir aasvo\u00ebls in Namibi\u00eb. Mnr. Peter Bridgeford van Vultures Namibia is as Walvisbaaier een van die grootste navorsers en bewaarders van Namibi\u00eb se aasvo\u00ebls. Met Walvisbaai as die basis van Vultures Namibia konsentreer hy op die skaars swartaasvo\u00ebls van die Namib, maar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=15962\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wildstropers bedreig aasvo\u00ebls&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15958,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11268,6831,11267,11265],"class_list":["post-15962","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aasvoels","tag-namibie","tag-vultures-namibia","tag-wildstropers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15962","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15962"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15962\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15958"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15962"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15962"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15962"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}