{"id":15725,"date":"2013-08-04T04:11:39","date_gmt":"2013-08-04T04:11:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=15725"},"modified":"2015-11-08T09:30:25","modified_gmt":"2015-11-08T07:30:25","slug":"nou-wies-nou-dom-hu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=15725","title":{"rendered":"Nou wie\u2019s nou dom, h\u00fb?"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit het onder my aandag gekom&#8230; wel eintlik kwetter en kraak die omgewing al vir jare met die onregse mense se selfvoldane stelling dat hulle, dank Vader (of Moeder, afhangende van hoe stuitig hulle aanbid) nie dom is soos die Afrikaner nie. Dit is een van die pilare van die Suid-Afrikaanse liberalis se politieke credo: Regses (Afrikaners) \u2013 dom. Linkses (Suid-Afrikaners, wat uitgesoekte Afrikaanssprekendes kan insluit) \u2013 slim.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Jy kan dit tot \u2018n kripnota vir UJ-politiekewetenskapstudente reduseer: Regs dom. Links slim. Ek kan \u2013 en sal \u2018n entjie verder \u2013 di\u00e9 liberale aksioma nekomdraai, maar voor ek dit doen, laat ons net eers ooreenkom waarvan ons praat.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Volksverlate mense soos Antjie Krog, Max du Preez en, deesdae meer prominent, Piet Croucamp, het \u2018n afsku en is verskrik deur mense, in hierdie geval Afrikaners, wat die heil van hulle eie mense bo di\u00e9 van enige ander volk of nasie stel. Daar is \u2018n uitdrukking wat sulke mense beskryf: Nasionaliste. Krog, Du Preez, Croucamp et al posisioneer hulleself aan die teenpool van nasionalisme. Hulle noem hulleself \u00a0\u201cliberaliste\u201d maar die ironie is vir my net te frank, want die regeringstelsel waaraan hulle verknog is \u2013 die kinderoppasserstaat wat op elke gebied eenvoudig moet tussenin \u2013 is juis nie bevrydend nie, maar knellend. Die politieke \u00a0begrippe \u201cregs\u201d en \u201clinks\u201d is ook al so vervreem van die oorspronklike betekenis daarvan en so kwistig gebruik dat dit meer eienamig as polities defini\u00ebrend geword het. Die anti-nasionaliste het wel \u2018n hele leerstelling rondom die begrip \u201clinks\u201d uitgewerk en dit tot \u2018n selfstandige ideologie ontwikkel, in so &#8216;n mate dat die begrip \u201clinks\u201d die agtervoegsel \u201cis\u201d verdien om dit as \u2018n politieke rigting te bevestig. Krog, Du Preez, Croucamp en hulle ideologiese genote is derhalwe \u201clinksiste&#8221;.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">So die linksistiese opvatting is derhalwe: Nasionalisme \u2013 dom! Linksisme \u2013 slim!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wel, ek het mos belowe om di\u00e9 opvatting in die sloot van uitgediende politieke idees te gooi en daarop te trap. En vir my volgende toertjie gaan ek dit in twee sinne doen:<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nasionalisme het vir ons die Ou Suid-Afrika gegee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Linksisme het vir ons die Nuwe Suid-Afrika gegee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dit wil s\u00ea: Nasionalisme \u2013 slim! Linksisme \u2013 dom!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Einde van die gesprek. Kom ons praat dan oor \u00a0iets veel interessanters. \u00a0Voorstelle? Wat van motors? Het ek genoem dat ek \u2018n paar weke terug \u00a0vir my \u2018n ouerige Nissan Patrol-stasiewa gekoop het? Land Cruisers draai hulle aangesigte weg as ek straat af kom. Jeeps probeer op die stoep skuiling vind. Land Rovers piepie olie&#8230;<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ag nou ja. Ek is egter nie die motorrubriekskrywer nie. So laat ek, mompelend en dikbek, tot die poltieke gesprek terugkeer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Waar was ons? O ja \u2013 linkses dom!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nasionalisme het vir die w\u00eareld Detroit 1963 gegee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Linksisme het vir die w\u00eareld Detroit 2013 gegee.<\/p>\n<figure id=\"attachment_15724\" aria-describedby=\"caption-attachment-15724\" style=\"width: 297px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Piet_Croucamp.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-15724 \" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Piet_Croucamp-297x300.jpg\" alt=\"Piet Croucamp loop te koop met sy &quot;ho\u00eb linkse IK&quot;\" width=\"297\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Piet_Croucamp-297x300.jpg 297w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/Piet_Croucamp.jpg 495w\" sizes=\"auto, (max-width: 297px) 100vw, 297px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-15724\" class=\"wp-caption-text\">Piet Croucamp loop te koop met sy &#8220;ho\u00eb linkse IK&#8221;<\/figcaption><\/figure>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Is nasionaliste dom, soos Piet Kopdoek postuleer? Ek sou nie so s\u00ea nie. Ek ken baie Afrikaner-nasionaliste en baie van hulle is heel skrander. Ek sien kans vir \u2018n kroegvasvra teen Krog, Du Preez en Croucamp \u2013 as ek vir Dan Roodt en, s\u00ea nou maar, Friedel Hansen as spanmaats kan kry (hoewel dit erken moet word dat Krog en Croucamp met \u2018n liederlike agterstand belas is met Max as spanlid). Dan Roodt weet alles van omtrent alles \u2013 hy\u2019s net \u2018n bietjie lig in die sportafdeling, maar met Hansen wat op vasvraevaskop sak, sal ons span nie \u2018n sportvraag onbeantwoord laat nie. Ek sal as impakspeler aangewend word vir obskure vrae soos wie Hendrik die Tweede as Engelse koning in 1189 opgevolg het of hoeveel Amerikaanse deelstate se name met die letter \u201cT\u201d begin. Julle impakspeler is \u2018n ware myn van nuttelose inligting.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">En tog dink ek nie dit dat algemene kennis, of die gebrek daaraan, was wat Croucamp in gedagte gehad het toe hy die uitspraak dat \u201calle Afrikaners dom is\u201d gemaak het nie. Dit gaan sekerlik vir hom oor die wysheid of onnoselheid van \u2018n groep mense. Die linksistiese stelling moet dus aangepas word: Nasionaliste \u2013 onnosel! Linksiste \u2013 wys!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar is dit so? Weereens moet ons die wese van die twee opponerende groepe bekyk. Nasionalisme is veral bemoeid met een manjifieke obsessie: Die oorlewing van die volk. Linksisme begeer die teenoorgestelde: Die vernietiging van die volk. Besluit self: Is oorlewing vir jou belangrik? Dan is jy \u2018n Nasionalis. Is dit nie? Ja, jou ou linksis.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Nasionalisme is die ingesteldheid van \u2018n volk wat bou en beskerm. Nog geen volk of kultuur of beskawing het enige iets van blywende waarde voortgebring anders as gestu deur \u2018n golf van nasionalisme nie. Gaan kyk na enige suksesvolle land, van antieke Griekeland en Rome deur tot die Engeland van die 19de eeu en Amerika van die 20ste, en jy sal sien hoe hulle tydens hulle hoogtepunte as\u2019t ware gevibreer het van nasionalisme.Dit kan nie anders nie: Dis volksliefde wat mense aanspoor om bome te plant wat hulle nooit sal sien vrug dra nie, fondasies gooi van geboue wat hulle nooit sal betree nie, universiteite begin sonder om ooit die geleerdes te ken wat daaruit kom.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Linksisme, daarenteen, kan net verteer wat die Nasionalis gebou het. Hulle bestaan om die Nasionalis se rykdom te verdeel, om sy suksesse te misken en om allerhande booshede aan hom toe te skryf.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die linksis se aanslag was nog altyd om die Nasionalis te laat glo dat hy dom is. Hulle het die karikatuur van die regse omie met die slaprandhoed, pyp in die bek en kam in die lang kous geskep en aan hom sekere onbesonne, hubristiese politieke menings toegeskryf. Wil jy weet hoekom Piet Croucamp so iesegrimming lyk? Omdat hy weet dat Oom Kam-in-die-Kous reg was oor wat die Nuwe Suid-Afrika sou wees. Oom Kam-in-die-Kous \u2013 slim! \u00a0Piet Croucamp \u2013 dom!<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Arme Piet Croucamp. So \u2018n paar jaar gelede was dit \u2018n gier om vir Max du Preez op openbare forums af te ransel, en ek erken, ek het uitgelate meegemaak daaraan. Dit was net s\u00f3veel pret want Max se onbesonne sienings en verflenterde skryfstyl het van hom \u2018n maklike teiken gemaak. T\u00e9 maklik, eintlik, want om hom aan die strot van sy saai en verspotte politieke menings rond te ruk, was naderhand bra vervelig.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">[followbutton username=&#8217;GustavSVenter&#8217; count=&#8217;false&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Lees ook Gustav se <a title=\"Piet Croucamp se algemene probleem met Afrikaners\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=15451\">vorige rubriek<\/a>.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Ons het \u2018n nuwe slaansak gesoek.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Dankie tog vir Piet Croucamp \u2013 die Max du Preez van 2013.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het onder my aandag gekom&#8230; wel eintlik kwetter en kraak die omgewing al vir jare met die onregse mense se selfvoldane stelling dat hulle, dank Vader (of Moeder, afhangende van hoe stuitig hulle aanbid) nie dom is soos die Afrikaner nie. Dit is een van die pilare van die Suid-Afrikaanse liberalis se politieke credo: [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":15726,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46,10],"tags":[768,7457,11102,11104,235,504,10916,8825,11103,2242,9176],"class_list":["post-15725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter","category-rubrieke","tag-afrikaner","tag-antjie-krog","tag-dom","tag-kripnota","tag-links","tag-max-du-preez","tag-piet-croucamp","tag-regs","tag-slim","tag-suid-afrika","tag-uj"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15725"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15725\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15726"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}