{"id":15662,"date":"2013-08-01T06:50:35","date_gmt":"2013-08-01T06:50:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=15662"},"modified":"2013-08-01T06:50:35","modified_gmt":"2013-08-01T06:50:35","slug":"seisoen-verby-vir-bulle-se-hougaard-stegmann","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=15662","title":{"rendered":"Seisoen verby vir Bulle se Hougaard, Stegmann"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_15663\" aria-describedby=\"caption-attachment-15663\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignleft\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/stegmannhougaard.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-15663\" alt=\"Stegmann, Hougaard in 2010\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/stegmannhougaard-300x199.jpg\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/stegmannhougaard-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/08\/stegmannhougaard.jpg 500w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-15663\" class=\"wp-caption-text\">Stegmann, Hougaard in 2010<\/figcaption><\/figure>\n<p>Deur Koos Venter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuus dat Francis Hougaard en Deon Stegmann albei binnekort geopereer word vir ernstige beserings, en dus nie vanjaar weer rugby sal speel nie, is die nuuste terugslag vir die Blou Bulle wat na dese s\u00f3 uitgedun is voor die Curriebekerreeks dat hulle waarskynlik die jongste en mees onervare span in di\u00e9 toernooi gaan<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">wees.<\/p>\n<p>Met slegs tien dae oor voor die Curriebekerreeks vir 2013 afskop, het die krisis in die Bloubul kamp op Loftus Versfeld hierdie week vergroot toe daar aangekondig is dat nog twee senior Springbokke nie weer vanjaar vir die Bulle in aksie sal wees nie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 twee Springbokke, Francois Hougaard en Deon Stegmann, word albei binne die volgende week vir onderskeidelik \u2019n skouer- en \u2019n enkelbesering geopereer en sal dus nie weer vanjaar kan speel nie.<\/p>\n<p>Hierdie nuus is nie net sleg vir die Blou Bulle nie, maar ook vir die Springbokke, wat binnekort met hul veldtog in die Castle Rugby Kampioenskap teen Nieu-Seeland, Australi\u00eb en Argentini\u00eb begin. Hoewel Stegmann waarskynlik nie tans in Springbok afrigter, Heyneke Meyer, se visier is nie, was Hougaard se betrokkenheid by die Springbokspan \u2019n formaliteit.<\/p>\n<p>Hougaard se besering en operasie beteken dat die Springbokke waarskynlik vanjaar die Castle Rugby Kampioenskap met twee skrumskakels sal aandurf wat albei hul klubrugby oorsee speel. Ruan Pienaar wat tans vir Ulster in Ierland speel is van verlede jaar af al deel van Meyer se planne, terwyl sy derde keuse in di\u00e9 posisie naas Hougaard en Pienaar, Jano Vermaak, ook kort na die SupeRugby halfeindrondte na Toulouse in Frankryk vertrek het, waar hy vir die volgende twee seisoene sy rugby gaan speel.<\/p>\n<p>Stegmann was waarskynlik die sterkste kandidaat om die Blou Bulle in vanjaar se Curriebekerreeks te lei, nadat die ander kandidate vir die kapteinskap ook \u00f2f beseer is \u00f2f oorsee verkas het. Pierre Spies sal weens \u2019n besering eers weer in 2014 rugby speel, terwyl Dewald Potgieter na Japan uitgewyk het waar hy vir die Yamaha-span gaan speel.<\/p>\n<p>Saam met Potgieter en Vermaak het n\u00f3g vyf senior spelers Pretoria die afgelope maand verlaat. Hulle is Chiliboy Ralepelle (Frankryk), Juandr\u00e9 Kruger (Frankryk), Jacques Potgieter (Japan), Morn\u00e9 Steyn (Frankryk), Wynand Olivier (Frankryk) en Zane Kirchner (Ierland).<\/p>\n<p>Voeg hierby Spies en Arno Botha se langtermyn beserings en die feit dat Flip van der Merwe, Jan Serfontein, JJ Engelbrecht en Bjorn Basson waarskynlik almal by die Springbokke betrokke gaan wees, en dit word duidelik dat die Blou Bulle se diepte tot die uiterste beproef gaan word in die Curriebekerreeks wat op 10 Augustus afskop.<\/p>\n<p>Die Blou Bulle sal dus kan reken op slegs die stutte, een slot en een vleuel wat vir die Curriebekerreeks gaan oorbly uit die span wat verlede Saterdag in die halfeindrondte teen die Brumbies op die veld gedraf het. Pine Pienaar, die Bou Bulle se Curriebeker afrigter, sal dus byna \u2019n hele nuwe agterlyn en drie nuwe losvoorspelers moet vind vir sy Curriebeker veldtog.<\/p>\n<p>Verlede jaar moes die Blou Bulle baie hard werk om in die Curriebekerreeks onder die top vier spanne te eindig, terwyl hulle die vorige jaar selfs gesukkel het om nie laaste (sesde) te eindig en by \u2019n promosie-relegasie wedstryd teen die top span uit die Eersteliga betrokke te raak nie.<\/p>\n<p>Vanjaar sal die stryd soveel groter wees, want Pienaar sal moet terugval op jong en onervare spelers om sy Curriebekerspan vol te maak.<\/p>\n<p>Daar word verwag dat die OP Kings met \u2019n groot aanslag gaan kom om te probeer om vanjaar na die Premierliga-afdeling van die Curriebeker bevorder te word. Hoewel hulle tans vyfde op die punteleer in die Eersteliga-afdeling is, sal hulle vanaf volgende naweek en basies die hele tweede rondte van di\u00e9 kompetisie al hul SupeRugby spelers beskikbaar h\u00ea vir hul Curriebekerspan. Dit is dus nie onmoontlik dat hulle die Pumas, wat tans tien punte voor hulle op die punteleer l\u00ea, sal kan inhaal en selfs di\u00e9 liga kan wen nie.<\/p>\n<p>Indien die OP Kings dit regkry om vir die promosie-relegasie wedstryd te kwalifiseer teen die laagste span op die Premierliga-afdeling, kan dit aanvaar word dat die rugbymagte in die Oos-Kaap alles in hul vermo\u00eb sal doen om gepromoveer te word.<\/p>\n<p>Die Blou Bulle sal dit dus nie kan bekostig om enige kanse te vat om in so \u2019n wedstryd betrokke te raak met \u2019n jong en onervare span nie. Daar sal enorme druk wees op die Blou Bulle om selfs na die verlies van soveel top spelers \u00e9n sonder die hulp van hul Springbokke steeds te presteer in die komende Curriebekerreeks. Die Springbokke speel hul laaste toets in die Castle Rugbykampioenskap op 5 Oktober, wat beteken dat die Blou Bulle se Springbokke eers in hul laaste ligawedstryd van die Curriebekerreeks, wat op 12 Oktober sal gespeel word, beskikbaar sal wees. Op daardie stadium behoort die spanne se lot op die punteleer reeds bepaal te wees. &#8211; looklocal.co.za<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Deur Koos Venter. Die nuus dat Francis Hougaard en Deon Stegmann albei binnekort geopereer word vir ernstige beserings, en dus nie vanjaar weer rugby sal speel nie, is die nuuste terugslag vir die Blou Bulle wat na dese s\u00f3 uitgedun is voor die Curriebekerreeks dat hulle waarskynlik die jongste en mees onervare span in di\u00e9 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15663,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87,24],"tags":[11039,8056,2897,11040,6909,11038,10893,21114,4883],"class_list":["post-15662","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","category-s25-sport","tag-absa-curriebeker","tag-bloubulle","tag-bulle","tag-castle-rugby-kampioenskap","tag-deon-stegmann","tag-francois-hougaard","tag-loftus-versfeld","tag-c78-rugby","tag-springbokke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15662","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15662"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15662\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15663"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15662"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15662"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15662"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}