{"id":15506,"date":"2013-07-29T07:59:09","date_gmt":"2013-07-29T07:59:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=15506"},"modified":"2013-07-29T07:59:09","modified_gmt":"2013-07-29T07:59:09","slug":"zim-verkiesing-deur-duisende-waarnemers-toegesak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=15506","title":{"rendered":"Zim-verkiesing deur duisende waarnemers toegesak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/zimsadc.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-full wp-image-15507\" alt=\"zimsadc\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/zimsadc.jpg\" width=\"290\" height=\"174\" \/><\/a>Minstens 20 000 plaaslike en buitelandse verkiesingswaarnemers sal vandag in verskeie gebiede in Zimbabwe ontplooi word in aanloop tot Woensdag se verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land het meer as ses-komma-vier-miljoen geregistreerde kiesers, wat na verwagting hul kruisies sal trek om die bele\u00ebrde koalisieregering te be\u00ebndig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die akkreditasieproses in Harare het deurgeloop onder logistieke probleme met duisende plaaslike waarnemers wat die naweek by akkreditasiesentrums opgedaag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit laat kommer ontstaan dat sommige nie betyds vir die verkiesing ontplooi sal kan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Zimbabwiese Verkiesingsondersteuningsnetwerk het die grootste groep waarnemers van meer as seweduisend. Die nasionale direkteur van die organisasie, Rindai Chipfunde Vava, het die Zimbabwiese verkiesingskommissie die skuld gegee vir die chaos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die organisasie moet nou bykomende dae meer betaal vir vervoer en akkommodasie vir hul waarnemers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoof van die Afrika Ontwikkelingsbank, Donald Kaberuka het sy hoop uitgespreek dat die komende verkiesing deur die kiesers en buurlande as geloofwaardig beskou sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voormalige Rwandese Minister van Finansies s\u00ea Zimbabwe kan dit nie bekostig om nog &#8216;n tydperk van chaos en onsekerheid deur te maak nie. Kaberuka s\u00ea &#8216;n geloofwaardige verkiesing sal sakevertroue en beleggings aanhelp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal Zimbabwe ook in aanmerking laat kom vir skuldverligting deur internasionale finansi\u00eble instellings soos die Internasionale Monet\u00eare Fonds en die W\u00eareldbank.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die Afrika-unie kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma s\u00ea hulle is tevrede met Zimbabwe se voorbereidings vir die verkiesing op 31 Julie. Dlamini-Zuma het met Zimbabwe se kieskommissie en politieke partye vergader.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die AU het &#8216;n span van 60 mense na Zimbabwe ontplooi om die verkiesing waar te neem. Die polisie in Zimbabwe het egter vroe\u00ebr bevestig dat die MDC se verkiesings-organiseerder in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit volg nadat hy aangemeld het dat hy gemerkte stembriewe in &#8216;n asblik gekry het na vroe\u00eb stemmery.<\/p>\n<p>Dlamini-Zuma s\u00ea die enigste kwessies wat by haar geopper is, is operasionale en logistieke bekommernisse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die organisasie <em>Human Rights Watch<\/em> betwyfel egter of die verkiesing geloofwaardig gaan wees. Die groep se Suid-Afrikaans direkteur, Tiseke Kasambala s\u00ea hulle is bekommerd oor die hoogs partydige aard van veiligheidsmagte in Zimbabwe en hulle vermo\u00eb om kiesers te intimideer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kasambala s\u00ea daar is al &#8216;n aantal voorbeelde van opruiende uitsprake deur die hoofde van veiligheidsmagte in die aanloop tot die verkiesing.<\/p>\n<p>President Zuma is as bemiddellaar in die verkiesing aangewys.<\/p>\n<p>Adjunkpresident Kgalema Motlanthe s\u00ea Suid-Afrika is vasbeslote dat aanstaande week se verkiesing in Zimbabwe &#8216;n regverdige weerspie\u00ebling van die wense van di\u00e9 land se mense sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duisende vlugtelinge het na Suid-Afrika gevlug na die geweld in die 2008-verkiesing wat &#8216;n duur humanit\u00eare krisis vir die land geskep het. Sedert die eenheidsregering op die been gebring is, het die ekonomie begin herstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorbereidings vir die verkiesing het tot dusver nie glad verloop nie, terwyl die MDC beweer dat Zanu PF probeer om dit vir kiesers moeilik maak om te registreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Motlanthe het in &#8216;n onderhoud met Reuters ges\u00ea politieke bestendigheid is &#8216;n voorvereiste vir ekonomiese ontwikkeling en Suid-Afrika het &#8216;n gevestigde belang om te verseker dat daar vrede en bestendigheid in Zimbabwe is. &#8211; RSG<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Minstens 20 000 plaaslike en buitelandse verkiesingswaarnemers sal vandag in verskeie gebiede in Zimbabwe ontplooi word in aanloop tot Woensdag se verkiesing. Die land het meer as ses-komma-vier-miljoen geregistreerde kiesers, wat na verwagting hul kruisies sal trek om die bele\u00ebrde koalisieregering te be\u00ebndig. Die akkreditasieproses in Harare het deurgeloop onder logistieke probleme met duisende plaaslike &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=15506\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zim-verkiesing deur duisende waarnemers toegesak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15507,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10960,5407,10958,5208,10961,7431,7703,6976,2251,10959,10957],"class_list":["post-15506","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afrika-ontwikkelingsbank","tag-au","tag-buitelandse-verkiesingswaarnemers","tag-human-rights-watch","tag-internasionale-monetere-fonds","tag-mdc","tag-nkosazana-dlamini-zuma","tag-wereldbank","tag-zimbabwe","tag-zimbabwiese-verkiesingskommissie","tag-zimbabwiese-verkiesingsondersteuningsnetwerk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15506","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15506"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15506\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15507"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15506"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15506"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15506"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}