{"id":15451,"date":"2013-07-28T02:53:52","date_gmt":"2013-07-28T02:53:52","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=15451"},"modified":"2015-11-08T09:35:48","modified_gmt":"2015-11-08T07:35:48","slug":"piet-croucamp-se-algemene-probleem-met-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=15451","title":{"rendered":"Piet Croucamp se algemene probleem met Afrikaners"},"content":{"rendered":"<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die probleem met blanke Suid-Afrikaners \u2013 kode vir Afrikaners \u2013 is dat hulle veralgemeen, verduidelik \u201cpolitieke ontleder\u201d en dosent, dr. Piet Croucamp, en hy s\u00ea dit sonder dat die lagwekkende ironie op enige waarneembare manier by hom registreer, en daar het ons dit, die woord, verkry vanuit die hoogte, per bromponie afgelewer, uitgedink onder &#8216;n kopdoek van die soort wat gewild is onder fiktiewe seerowers en kombuisbediendes.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is nie ruimte vir ironie in sy uitsprake nie, nie soos hy dit sien nie, want, en hier\u2019s die ding: Piet Croucamp is &#8216;n liberalis en liberaliste is ernstige mense, deurdronge soos hulle is met verontwaardiging en die vaste sekerheid oor wat ander mense moet doen. &#8216;n Liberale \u201cpolitieke ontleder\u201d is te verhewe om self aan politieke prosesse deel te neem \u2013 dit is vir die prole. Die goeie doktor is daar om kommentaar te lewer, baie soos &#8216;n bioloog wat opmerkings maak oor bakterie\u00eb wat hy deur &#8216;n mikroskoop dophou.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Piet Croucamp het baie raad vir die bakterie\u00eb. Hulle moet &#8216;n afkeer h\u00ea van segregasie, byvoorbeeld, maar daar is nie &#8216;n \u201cons\u201d in sy \u201crenons\u201d nie, daarom gaan sy seun nie skool in Diepkloof nie, maar by Laerskool Louw Geldenhuys. So, as onse Piet eers begin \u00a0veralgemeen oor blankes wat veralgemeen kan hy in die algemeen nie ophou om te veralgemeen nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Die algemene Afrikaner is in die algemeen te bang vir algemene dinge, beduie hy volgens &#8216;n berig in Beeld, aan &#8216;n AHI kongres. Self, lei ons af, is die kopdoekridder nie bang vir \u201cZuma en Malema, wat n\u00e1 Mandela se dood gaan gebeur, die instroming van onwettige immigrante, nasionalisering en regstellende aksie\u201d nie. Wat is daar nou te vrese aan die finale aftakeling van die ekonomie, swart-teen-swartburgeroorlog, swart-teen-witburgeroorlog, hongersnood en volksmoord? Mense wat te\u00ebstribbel om in hulle beddens vermoor te word, is gewoonweg kortsigtig. Hulle sien eenmaal nou maar net nie die \u201cgroot prentjie\u201d nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Wat is hierdie \u201cgroot prentjie?\u201d vra jy die liberalis. Hy weet nie, maar die groot prentjie is gewis belangrik en liberaliste het besitsreg daaroor. Een ding waarvan hulle ewe seker is, is dat blanke mense verkeerd is. Waaroor? Dit maak nie saak nie. Hulle is net verkeerd. En hoekom is hulle verkeerd? Want hulle is blank. Maklik.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Swart mense is \u201cin die algemeen gematig en het gewone middelklasbehoeftes. Hulle ontwikkel weerstand teen swak landbestuur. Aktivisme verloor momentum.\u201d Natuurlik, Dok, en dis hoekom tweederdes van hulle volgende jaar weer vir die ANC gaan stem, al daardie goeie gematigde swart middelklasmense.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cDie regse element onder wittes is waarskynlik groter as die linkse element onder swartes,\u201d postuleer hy sonder om te blik of te bloos. Hy weet dit is s\u00f3 want hy het op sy eie al die blanke regses en al die swart linkses gaan tel en afgetrek en gemaal en gedeel. Of hy sou moes, as hy nie &#8216;n liberalis was nie, maar nou is hy een so hy mag veralgemeen. Niemand verwag in \u00a0elk geval dat die liberalis hom aan waarheid en werklikheid sal steur nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Daar is darem wel uitsprake wat hy op statistiek baseer, soos byvoorbeeld dat &#8216;n vrou se kans statisties groter is om deur haar man vermoor te word as deur &#8216;n swart mens. Jip. Dis wat die doktor s\u00ea, en as die doktor so s\u00ea, hoe kan dit anders wees? So, kou weer aan hierdie brokkie: Meer vroue, blank en swart, word deur hulle blanke mans vermoor as wat in die \u2013 errr \u2013 algemeen deur swart mense vermoor word. Tyd het net nie toegelaat dat Croucamp vir die gehoor kon wys waar hy di\u00e9 statistiek raakgeloop het nie. Boonop het &#8216;n blanke vrou die gerusstelling om te weet wanneer sy wel deur &#8216;n swart man vermoor word, dat dit darem nie deur haar \u00a0man is nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Regstellende aksie, s\u00ea hy, en hy kan praat want hy is mos &#8216;n liberalis wat nie sy pos deur regstellende aksie verloor het nie, \u201cberokken wit mense ook min skade\u201d. Net 5,7% van hulle is werkloos (en dis vir die doeleindes van die gesprek onnodig om te noem dat honderdduisende van di\u00e9 wat nie werkloos is nie in Australi\u00eb, Nieu-Seeland, Kanada, die Midde-Ooste en Brittanje werk. Heeltemal onnodig.) Croucamp voel ook nie gelei om te meld dat die werklike roes van regstellende aksie te sien is in slaggate, riool in die strate, grootskaalse vermorsing, ineenstorting van gesondheidsdienste en onderwys en veiligheidsmagte en staatsinstellings en die mynbedryf en landbou en die omgewing en&#8230; wel, eintlik alles nie.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar bekommer julle nie, kleingelowiges, is sy oproep. Al wat moet gebeur, is dat \u201cwit grond\u201d, (natuurlik nie syne nie, want hy is &#8216;n liberalis) oorgedra moet word na swart mense en h\u00falle sal dan in een helder oomblik ontkiem in woekerende, wakker, winsspuwende entrepreneurs en \u2013 siemsallabiem! \u2013 die ekonomie is gered en daar is oor die algemeen vrede in die algemene Republiek van Paradyszani\u00eb.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cMoenie vir die regering wag om dinge te laat gebeur nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cMaak byvoorbeeld self voorsiening vir jou kind se onderwys.\u201d Soos vermoedelik om hulle Laerskool Louw Geldenhuys toe te stuur.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">\u201cTegnologie,\u201d gaan hy voort, \u201cgaan die verskil maak tussen arm en ryk.\u201d En natuurlik, as daar &#8216;n verskil tussen arm en ryk is, weet ons, moet blankes vir swart mense geld gee.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Hy reken \u201cons land het tegniese mense met sakevaardighede nodig\u201d. Dis nou mense heeltemal anders as kopdoekdraende \u201cpolitieke ontleders&#8221;. Nou is dit ook so dat ons sulke \u201ctegniese mense met sakevaardighede\u201d het. Weens regstellende aksie werk hulle in Auckland, Sydney en Londen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Volgens Croucamp, berig Beeld, is die \u201ckleinsakesektor die antwoord om werkloosheid te bekamp\u201d. En hi\u00e9r het hy gerusstellende nuus: \u201cDie staat besef nou dat mense wat die ekonomie kan bevorder, in staat gestel moet word om meer werk te skep.\u201d Ja, wel, nou, kyk, as die ANC so besluit sal dit mos so wees. Waarvoor is die algemene blanke dan so in die algemeen bekommerd?<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">Maar miskien is Croucamp t\u00f3g reg. Miskien kan daar iets goeds selfs uit regstellende aksie kom. Laat UJ gerus &#8216;n swarte as \u201cpolitieke ontleder\u201d en dosent aanstel \u2013 met of sonder &#8216;n jaarlikse kopdoektoelaag. Die vet weet, hy kan nie swakker wees as die huidige aanstelling nie \u2013 oor die algemeen.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify;\">[followbutton username=&#8217;GustavSVenter&#8217; count=&#8217;false&#8217; lang=&#8217;en&#8217; theme=&#8217;light&#8217;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die probleem met blanke Suid-Afrikaners \u2013 kode vir Afrikaners \u2013 is dat hulle veralgemeen, verduidelik \u201cpolitieke ontleder\u201d en dosent, dr. Piet Croucamp, en hy s\u00ea dit sonder dat die lagwekkende ironie op enige waarneembare manier by hom registreer, en daar het ons dit, die woord, verkry vanuit die hoogte, per bromponie afgelewer, uitgedink onder &#8216;n [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":3,"featured_media":15452,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[46,10],"tags":[768,10919,10924,8315,10920,4905,10921,6367,10923,10917,10918,6777,235,5038,6539,6750,10922,10916,4772,8825,222,7581,10925,21090,10926,321],"class_list":["post-15451","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c27-gustav-venter","category-rubrieke","tag-afrikaner","tag-ahi-kongres","tag-auckland","tag-australie","tag-blank","tag-brittanje","tag-die-midde-ooste","tag-kanada","tag-kleinsakesektor","tag-kopdoek","tag-laerskool-louw-geldenhuys","tag-liberalisme","tag-links","tag-londen","tag-malema","tag-nieu-seeland","tag-paradyszanie","tag-piet-croucamp","tag-ras","tag-regs","tag-regstellende-aksie","tag-swart","tag-sydney","tag-s26-tegnologie","tag-universiteit-van-johannesburg","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15451","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/3"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15451"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15451\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15452"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15451"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15451"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15451"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}