{"id":1543,"date":"2008-04-23T10:35:01","date_gmt":"2008-04-23T10:35:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1543"},"modified":"2008-04-23T10:35:01","modified_gmt":"2008-04-23T10:35:01","slug":"omskep-vernedering-in-eer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1543","title":{"rendered":"Omskep vernedering in eer"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Wat &lsquo;n tragiese dag dat ons eie mense by volksvreemdes moet  soebat en pleit om aalmoese.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Ja, natuurlik kan ons die regering met sy <em>affirmative  action<\/em>, swart bevoordeling en blanke haat daarvoor blameer.&nbsp; En ons  doen <em>dit<\/em> daagliks.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar as ons moet sien en toelaat dat ons selfs maatskaplike  heil by volksvreemdes moet gaan soek, is daar &lsquo;n geweldige aanklag teen onsself  en teen ons kerke.&nbsp; Waarom is ons as Afrikanergemeenskap nie betrokke by  die mense nie?&nbsp; Waarom het niemand dan al &lsquo;n kragopwekkertjie vir  noodgevalle aan die mense voorsien nie?&nbsp; Natuurlik is dit pragtig om te  sien hoedat &lsquo;n bejaarde vrou, wat eers in &lsquo;n watertenk gebly het, nou in &lsquo;n  netjiese houthuisie haar intrek kon neem.&nbsp; Maar die nood is veel groter as  dit.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Mense wat werk en inkomste het, kla al dat brandstof- en  voedselpryse onbetaalbaar word.&nbsp; Hoeveel te meer moet dit nie ons verarmde  volksgenote raak nie?<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Inderdaad is daar ongelukkig ook diegene wat nie belangstel in  werk nie, of dit wat hulle kry, verkwansel om voorsiening te maak vir die  plesiertjies en sondes van die lewe.&nbsp; Maar dat armoede &lsquo;n al groter  kruipende effek op ons volksgenote het, is waar, en ons sal meer betrokke moet  raak en meer innoverend moet dink oor hoe ONS die saak gaan hanteer, want dit  mag eenvoudig nooit weer gebeur dat ons verarmde volksgenote by &lsquo;n volksvreemde  voor die o&euml; van die w&ecirc;reld vernederend moet smeek vir aalmoese nie.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die verarmde volksgenote sal egter ook moet besef dat hulle  self die vis moet leer vang, in plaas daarvan om te wag dat die vis elke dag  afgelewer word.&nbsp; Juis met die steeds stygende voedselpryse, en die  toenemende skaarsheid van sekere vars produkte, kan dit geleenthede skep vir die  vestiging van &lsquo;n soort kibboets-stelsel, waar elkeen sy of haar bydraetjie kan  maak om selfversorgend te word, en selfs ekstra te produseer vir die aankoop van  ander noodsaaklikhede.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Maar netso belangrik is die rol van ons volkseie  welsynsorganisasies.&nbsp; Di&eacute; instellings kan op &lsquo;n tydstip soos di&eacute; nie self  welsynsgevalle wees nie.&nbsp; Hulle moet gerat word, bemagtig, om dan die  modewoord te gebruik, om volledige diens te lewer.&nbsp; As &lsquo;n boer &lsquo;n vrag  aartappels vir hulpbehoewendes beskikbaar stel, moet daar nie van hom verwag  word om dit nog te kom aflewer ook nie.&nbsp; As iemand &lsquo;n yskas wil skenk, moet  die afwesigheid van &lsquo;n bakkie om dit te gaan haal, nie in die pad staan van  moontlike verligting wat in &lsquo;n huishouding gebring kan word nie.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">En laastens sal veral kinders en kleinkinders weer moet besin  oor die Skriftuurlike opdrag om na sy bejaardes en armes om te sien.&nbsp; Dit  bly ons plig, ons s&rsquo;n alleen, om na ons ou en arm volksgenote om te sien.&nbsp;  Nie Jacob Zuma s&rsquo;n nie.&nbsp; Dan kan ons vernedering in eer omskep, want almal  weet tog hoe lekker dit is om te kan deel en te kan uitdeel, en sodoende ook ons  oumense en armes &lsquo;n eervolle en waardige bestaan gee.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/16-arkhitekturnoe-osveshchenie\">\u0430\u0440\u0445\u0438\u0442\u0435\u043a\u0442\u0443\u0440\u043d\u0430\u044f \u043f\u043e\u0434\u0441\u0432\u0435\u0442\u043a\u0430 \u0438 \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u0435 \u0437\u0434\u0430\u043d\u0438\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die ANC se president, Jacob Zuma, het verlede week op versoek  van die vakbond Solidariteit &lsquo;n verarmde blanke gemeenskap besoek.<\/p>\n<p align=\"justify\">Maar vir menige volksgenoot wat oor die kykkassie se nuus gekyk  het na di&eacute; besoek, was dit in wese vernederend om te sien hoe &lsquo;n Afrikanervrou  haar gebroke Engels moet uithaal om by &lsquo;n nie-Afrikaans verstanende Jacob Zuma  te pleit dat hy tog elektrisiteit moet gee.&nbsp; Dit was hartverskeurend  enersyds, maar vernederend andersyds om te sien hoe di&eacute; vrou byna huilend vertel  dat hulle geen elektrisiteit het nie, en of Zuma tog nie maar iets daaraan kan  doen nie.&nbsp; Dit, terwyl Zuma se lyftaal nie besondere simpatie getoon het  nie toe hy aandagtig die lug bespied het en slegs kon s&ecirc;: &ldquo;Ek is geskok, ek is  geskok&rdquo;. &nbsp;In Engels natuurlik. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[184,21093,1465],"class_list":["post-1543","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-kommentaar","tag-s7-menings","tag-omskep-vernedering-in-eer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1543","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1543"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1543\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1543"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1543"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1543"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}