{"id":15305,"date":"2013-07-25T06:57:42","date_gmt":"2013-07-25T06:57:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=15305"},"modified":"2013-07-25T06:57:42","modified_gmt":"2013-07-25T06:57:42","slug":"vrou-moet-erge-padwoede-trotseer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=15305","title":{"rendered":"Vrou moet erge padwoede trotseer"},"content":{"rendered":"<p class=\"teaser\" style=\"text-align: justify;\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/padwoede.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-15308\" alt=\"padwoede\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/padwoede-300x183.jpg\" width=\"300\" height=\"183\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/padwoede-300x183.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2013\/07\/padwoede.jpg 680w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a>\u2019n Vrou was onlangs die slagoffer van erge padwoede toe \u2019n onbekende man haar aangerand en onwelvoeglike woorde op haar motor geskryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<div class=\"copy\">\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 48-jarige Zetha Jungbluth van Rietfontein is deur \u2019n man in \u2019n parkeerterrein van \u2019n winkelsentrum in Gezina aangeval nadat sy glo eenkeer vir hom toeter gedruk het om vorentoe te ry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het in die parkeerterrein van die winkelsentrum ingery, maar het \u2019n opeenhoping veroorsaak toe die agterkant van my motor half in die aankomende baan gestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was \u2019n motor wat wou uitry en ek het om hom probeer ry. Ek het agter \u2019n wit Volkswagen Polo gaan staan, maar my motor was nog steeds half in die pad gewees,\u201d het Jungbluth ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea motoriste het van voor af gekom, maar kon haar nie verbysteek nie omdat sy in die pad gestaan het. Dit het voorgekom asof die man in die wit Polo vir iemand gewag het en nie vir parkering gesoek het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk kon nie agtertoe ry nie omdat daar twee motors agter my gestaan het. Die vrou in die aankomende baan het haar venster afgerol en vir die man beduie dat hy net \u2019n bietjie vorentoe moet ry sodat ek my motor ten volle in die baan kan kry. Die man het iets vir haar ges\u00ea, haar o\u00eb het groot gerek en sy het haar venster toegemaak.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jungbluth het toe ook vir hom toeter gedruk waarna die man in \u2019n parkeerspasie ingetrek het. Sy het parkering naby die man gekry en uit haar motor geklim om die winkel binne te gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy verby sy motor loop het hy die deur teen haar lyf oopgegooi wat veroorsaak het dat sy gestruikel en geval het. Die onbekende man het uit sy motor gespring, haar aan die arm opgepluk en onwelvoeglike woorde gebruik toe hy op haar geskree het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk het my arm losgeruk, vir hom ges\u00ea hy is \u2019n vark en gemaak dat ek wegkom. Ek was histeries. Terwyl ek weggeloop het, het hy net aanhou skree. Ek was seker die man gaan my met \u2019n vuis slaan, maar ek het nie geloop voordat ek \u2019n foto van hom met my selfoon geneem het nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy na haar motor terugkeer, het sy gemerk die onbekende man het onwelvoeglike woorde met \u2019n permanente merker op haar voertuig geskryf. Die motorwag het bevestig dat dieselfde man is wat op haar geskree het. \u201cEk het daarna my motor laat skoon was.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr Pixie du Toit van die Sinoville-krissisentrum het ges\u00ea dat die meeste Suid-Afrikaners aan onderliggende woede ly en dat enigiets woede kan aanhits.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea padwoede is \u2019n algemene probleem onder motoriste en dit is besig om toe te neem. Sy maan motoriste om nie by konfrontasies betrokke te raak nie en eerder net van dit af moet wegstap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIndien nodig vat die persoon se registrasienommer en gaan meld die persoon by die polisie aan. Moet onder geen omstandighede uit jou voertuig klim om die persoon te konfronteer nie omdat jy nie weet of die persoon \u2019n wapen in sy voertuig het nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea indien \u2019n motoris aan padwoede ly kan dit onder beheer gebring word. Sy het ges\u00ea berading kan \u2019n persoon hanteringsmeganismes leer wat waardevol op die pad kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEnigiets kan padwoede opwek, so wees voorbereid. Luister na rustige musiek en ry \u2019n paar minute vroe\u00ebr om betyds te wees. Dit sal help om padwoede te help ontlont,\u201d het Du Toit ges\u00ea. &#8211; looklocal.co.za<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Vrou was onlangs die slagoffer van erge padwoede toe \u2019n onbekende man haar aangerand en onwelvoeglike woorde op haar motor geskryf het. Die 48-jarige Zetha Jungbluth van Rietfontein is deur \u2019n man in \u2019n parkeerterrein van \u2019n winkelsentrum in Gezina aangeval nadat sy glo eenkeer vir hom toeter gedruk het om vorentoe te ry. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=15305\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrou moet erge padwoede trotseer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":15308,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[10834],"class_list":["post-15305","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-padwoede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15305","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=15305"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/15305\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/15308"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=15305"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=15305"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=15305"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}