{"id":14910,"date":"2013-07-05T13:50:04","date_gmt":"2013-07-05T13:50:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14910"},"modified":"2013-07-05T13:50:04","modified_gmt":"2013-07-05T13:50:04","slug":"te-veel-kiesers-en-te-min-mense-in-zim","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14910","title":{"rendered":"Te veel kiesers en te min mense in Zim"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Zimbabwiese kiesersrol wat verlede maand uitgereik is, laat ernstige vrae ontstaan oor die moontlikheid of di\u00e9 land se algemene verkiesing einde vandeesmaand enigsins vry en regverdig kan wees,&#8221; s\u00ea dr. Corn\u00e9 Mulder, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor internasionale betrekkinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die kiesersrol is die aantal geregistreerde kiesers in Zimbabwe veel meer as die bevolking in 78 van sy 210 kiesafdelings, asook in alle bevolkingsgroepe van dertig jaar en ouer gemeet aan die laaste nasionale sensus wat in 2012 in di\u00e9 land gedoen is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit selfs nadat 300 000 afgestorwe persone van die kiesersrol verwyder is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens dr. Mulder het &#8216;n onafhanklike navorsingsverslag van die Research and Advocacy Unit (RAU) wat in die media gepubliseer is, hierdie skoksyfers aan die lig gebring. Die RAU is &#8216;n nie-regeringsorganisasie wat in Zimbabwe gesetel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarvolgens het Zimbabwe, met sy totale bevolking van 12,754 miljoen (2012-sensus) meer as 116 000 kiesers van honderd jaar en ouer op die kiesersrol in vergelyking met Suid-Afrika (met meer as 50 miljoen inwoners) se getal van 255 000 inwoners bo die ouderdom van 85.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grootste onre\u00eblmatighede kom voor in die ouderdomsgroepe 80+ waar daar 219% meer mense op die kiesersrol is as wat sensus-statistiek aandui, en in die 40 \u2013 44-groep waar daar 162% meer mense op die kiesersrol is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarnemers meen dat die kiesersrol met tot soveel as 1,2 miljoen name gelaai is. Volgens dr. Mulder maak dit die deur oop vir grootskeepse bedrog en stemknoeiery wat bedenkinge laat ontstaan of die verkiesing vry en regverdig kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die VF Plus wil hom om hierdie redes opnuut uitspreek teen die lening van meer as R900 miljoen van die Suid-Afrikaanse regering aan Zimbabwe vir die verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is steeds geen voorwaardes aan die lening gekoppel nie en ons eis dat die regering s\u00ea wat die motivering, terugbetalingsvoorwaardes en waarborge is wat aan die lening gekoppel is,&#8221; s\u00ea dr. Mulder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder het egter nie aangedui hoeveel Zimbawi\u00ebrs hulself tans in Suid-Afrika bevind en of dit ingereken is in die opname nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Die Zimbabwiese kiesersrol wat verlede maand uitgereik is, laat ernstige vrae ontstaan oor die moontlikheid of di\u00e9 land se algemene verkiesing einde vandeesmaand enigsins vry en regverdig kan wees,&#8221; s\u00ea dr. Corn\u00e9 Mulder, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor internasionale betrekkinge. Volgens die kiesersrol is die aantal geregistreerde kiesers in Zimbabwe veel meer as die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14910\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Te veel kiesers en te min mense in Zim&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14910","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14910","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14910"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14910\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14910"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14910"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14910"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}