{"id":14868,"date":"2013-06-28T06:20:53","date_gmt":"2013-06-28T06:20:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14868"},"modified":"2013-06-28T06:20:53","modified_gmt":"2013-06-28T06:20:53","slug":"mandela-se-dogter-vaar-uit-teen-die-rassistiese-buitelandse-media","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14868","title":{"rendered":"Mandela se dogter vaar uit teen die rassistiese buitelandse media"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Oudpres. Nelson Mandela se dogter, Makaziwe Mandela, het in &#8216;n televisie-onderhoud met die SABC se Vuyo Mvoko ges\u00ea daar is &#8216;n rassistiese element teenwoordig by die buitelandse media.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ook uitgevaar teen die media, en ges\u00ea hulle teenwoordigheid en verslagdoening toon dat hulle nie die Mandela-gesin respekteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea wanneer die gesin by die hospitaal aankom, maak hulle geen moeite om aan hulle voorkeurbehandeling te gee nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Weet jy, ek wil dit nie s\u00ea nie, maar ek gaan dit s\u00ea. Daar is soort van &#8216;n rassistiese element met baie van die buitelandse media, waar hulle net grense oorsteek. Jy het geen idee wat gebeur by die hospitaal nie. Hulle staan net daar in die middel van die straat in Parkstraat \u2013 jy kan nie in of uit by die hospitaal nie&#8230; hulle is werklik soos aasvo\u00ebls.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Makaziwe het ook ges\u00ea die media respekteer nie Mandela se privaatheid nie en vra te veel indringende vrae oor sy toestand. Sy s\u00ea hulle sou dit nooit vir Margaret Thatcher of Ronald Reagan gedoen het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het aan Mvoko ges\u00ea wat aangaan by die graf en wat in Qunu bespreek is, het niks met die media uit te waai nie en dit is privaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit dat my pa &#8216;n w\u00eareldwye ikoon is, een van die 25 invloedrykste mense van die 21ste eeu&#8230; dit beteken nie mense hoef nie sy privaatheid en waardigheid respekteer nie,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Familielede van Mandela is vroe\u00ebr glo ontbied na die hospitaal in Pretoria waar hy behandel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis veilig om te s\u00ea, ja, Tata se toestand is kritiek,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy lyk nie goed nie, Vuyo, ek gaan nie jok nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het ges\u00ea Mandela reageer nog op sy kinders se aanraking. Hy maak soms sy o\u00eb oop as hulle by hom is, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Vir ons, as sy kinders, solank as wat hy reageer wanneer ons aan hom raak, gee dit ons hoop.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Makaziwe het ook uitgevaar teen partye wat Mandela se beeld probeer kaap, alhoewel sy nie die DA by name genoem het nie. Sy het ges\u00ea Mandela sou nooit enige ander party as die ANC ondersteun het nie<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA-woordvoerder Mmusi Maimane het &#8216;n ruiker en blomme by die hospitaal se ingang gel\u00ea. Vroe\u00ebr het die ANC ondersteuners ingebus en T-hemde met Zuma se gesig voor die hospitaal uitgedeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maimane het ges\u00ea hy wil sy dankbaarheid duidelik maak vir wat Mandela gedoen het, en vir die mediese span wat hom versorg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Nelson Mandela is nie net die voormalige president, die bevryder nie. Daar is &#8216;n oorweldigende gevoel in die land wanneer almal van ons dink aan wat hier gebeur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudpres. Nelson Mandela se dogter, Makaziwe Mandela, het in &#8216;n televisie-onderhoud met die SABC se Vuyo Mvoko ges\u00ea daar is &#8216;n rassistiese element teenwoordig by die buitelandse media. Sy het ook uitgevaar teen die media, en ges\u00ea hulle teenwoordigheid en verslagdoening toon dat hulle nie die Mandela-gesin respekteer nie. Sy het ges\u00ea wanneer die gesin &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14868\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mandela se dogter vaar uit teen die rassistiese buitelandse media&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14868","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14868","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14868"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14868\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14868"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14868"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14868"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}