{"id":14855,"date":"2013-06-26T07:58:35","date_gmt":"2013-06-26T07:58:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14855"},"modified":"2013-06-26T07:58:35","modified_gmt":"2013-06-26T07:58:35","slug":"anc-erken-erns-van-kubermisdaad-na-polisiedatabasis-uitlek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14855","title":{"rendered":"ANC erken erns van kubermisdaad na polisiedatabasis uitlek"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die staat het op geskrewe vrae van die Vryheidsfront Plus erken dat &#8216;n kuberkraker wat toegang tot die polisie-databasis verkry het, die name van tot 17 000 polisie-informante of &#8216;fluitjie-blasers&#8217; in die proses bekom het en dat geen verdagtes nog hieroor ge\u00efdentifiseer is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit blyk ook dat persone wie se name gelek is, tans nog geen beskerming van die staat ontvang nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlement\u00eare woordvoerder oor kommunikasie, het ges\u00ea dit bevestig vermoedens dat die aangeleentheid veel meer omvangryk is as wat die polisie tot dusver wou erken en dat die inligting wat op die wyse bekom is, &#8216;uiters sensitief en betroubaar&#8217; is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luidens mediaberigte het die polisie by monde van sy nasionale woordvoerder, brig. Phuti Setati, tot dusver ontken dat &#8216;enige geklassifiseerde inligting&#8217; op die manier uitgelek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens adv. Alberts is hierdie aangeleentheid &#8216;n reuse verleentheid vir die staat en die polisie, al is die erns daarvan tot nou toe ontken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is &#8216;n groot terugslag vir die polisie se stryd teen misdaad aangesien mense met inligting nou bang sal wees om na vore te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hierdie is agterlosigheid op &#8216;n groot skaal en dui op onbevoegdheid in die staat se inligtingstegnologie-agentskap (SITA) wat die polisie se webwerf bedryf. Die publiek se vertroue in die polisie sal gewis hierdeur geknou word,&#8221; s\u00ea adv. Alberts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Alberts het vrae aan die ministers van polisie en van staatsdiens en administrasie gerig. Aan die minister van polisie is onder meer gevra om inligting bekend te maak oor wie se name gelek is, of verdagtes in die misdaad al ge\u00efdentifiseer is, of die persone wie se name gelek is in gevaar verkeer en wat gedoen word om hulle te beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die antwoord daarop is onder meer dat geen persone wat deel is van die polisie se getuiebeskermingsprogram, se name gelek is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen word steeds ondersoek gedoen om te assesseer wat die &#8216;aard van die bedreiging&#8217; is teen mense wie se name genoem is, en beskerming sal aan die hand hiervan verleen word sodra die ondersoek voltooi is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minister van staatsdiens en administrasie het in haar antwoord bevestig dat inligting bekom is van tot 17 000 mense wat inligting oor misdaad aan die polisie verskaf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die stelsel te beveilig is veiligheidsmaatre\u00ebl rondom die rekenaarstelsel verskerp en sagteware wat hierdie tipe inbraak voorkom, is onder meer op datum gebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Luidens die antwoord is die webwerf in 2004\/2005 ontwikkel en word dit onderhou deur SITA. Daar is geen eksterne kontrakteur wat betrokke is by die instandhouding van die webwerf nie. Die onderhoud van die stelsel word gedoen ingevolge &#8216;n diensvlakooreenkoms tussen SITA en die SAPD.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word ook &#8216;voortdurend&#8217; ondersoek ingestel na nuwe metodes om kuberkraking te voorkom aangesien kuber-misdadigers tegnologies voortdurend nuwe maniere vind om veiligheidstelsels te omseil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na die voorval het die polisie &#8216;n span kundiges saamgestel wat &#8216;n assessering van die bestaande stelsel gedoen het. &#8216;n Gedetailleerde implementeringsplan is reeds in plek gestel om al die sekuriteitsvereistes rondom die stelsel op te knap, lui die antwoord.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die staat het op geskrewe vrae van die Vryheidsfront Plus erken dat &#8216;n kuberkraker wat toegang tot die polisie-databasis verkry het, die name van tot 17 000 polisie-informante of &#8216;fluitjie-blasers&#8217; in die proses bekom het en dat geen verdagtes nog hieroor ge\u00efdentifiseer is nie. Dit blyk ook dat persone wie se name gelek is, tans &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14855\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC erken erns van kubermisdaad na polisiedatabasis uitlek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14855","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14855","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14855"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14855\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14855"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14855"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14855"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}