{"id":14853,"date":"2013-06-26T06:54:17","date_gmt":"2013-06-26T06:54:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14853"},"modified":"2013-06-26T06:54:17","modified_gmt":"2013-06-26T06:54:17","slug":"mandela-bedrywig-in-pretoria-qunu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14853","title":{"rendered":"Mandela: Bedrywig in Pretoria, Qunu"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit was vroeg Woensdagoggend stil by Mandela se huis in Houghton, en polisiemotors het nou en dan in die straat patrollie gedoen. Dinsdag was egter bedrywig by die hospitaal in Pretoria.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Thabo Makgoba, die aartsbiskop van Kaapstad, is Dinsdagmiddag by die hospitaal waar oudpres. Nelson Mandela steeds in &#8216;n kritieke toestand l\u00ea, opgemerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Makgoba het die Medi-Clinic-harthospitaal se Parkstraat-ingang in &#8216;n donker Audi-sportnutsvoertuig verlaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het talle mense boodskappe met goeie wense by die hospitaal gelaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een plakkaat wat teen &#8216;n heining by die hospitaal staangemaak is, lui: &#8220;Ons [hartjie] jou, Mandela&#8221;. Dis langs &#8216;n plakkaat neergesit met een van die bekendste Madiba-aanhalings op: &#8220;Dit lyk net onmoontlik tot dit gedoen is &#8212; Nelson Mandela&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die plakkate is gemaak deur Heleen Donnolly, eienaar van &#8216;n maatskappy wat plakkers vervaardig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil hom net bedank omdat hy daar was vir die land,&#8221; het Donnolly verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bekende sakeman Kenny Kunene het by die Celliersstraat-ingang blomme neergesit en met die media gepraat. Meer metropolisiebeamptes het n\u00e1 Kunene se besoek by die ingang opgedaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het Celliersstraat by die kruising met Parkstraat gesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, was ook te sien, en het vertrek n\u00e1 &#8216;n gesprek met die polisiebeamptes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die presidensie het vroe\u00ebr Dinsdag bevestig dat Mandela se toestand steeds kritiek is, en het ges\u00ea dokters doen steeds alles in hulle vermo\u00eb om te verseker dat hy gemaklik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polisierekrute het ook vroe\u00ebr die dag by die hospitaal opgedaag om blomme af te lewer en om hulle boodskappe met goeie wense vir die president agter te laat. Hulle het in &#8216;n bus hul opwagting gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sakeman Calvern Hugo het ongeveer 60 wit duiwe naby die Celliersstraat-ingang vrygelaat om Mandela se bydrae tot vryheid in die land te simboliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was &#8216;n paar minute uit ons besige skedules wat ons opgeoffer het om dankie te s\u00ea vir die opofferings wat hy gemaak het vir die hele nasie,&#8221; het Hugo ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mandela se eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, het kort n\u00e1 12:30 weer saam met haar dogter, Zindzi Mandela-Motlhajwa, by die hospitaal aangekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brandende kerse, bosse pienk en rooi blomme, plakkate en honderde boodskappe van ondersteuning was Woensdagoggend te sien by die ingang na die hospitaal in Pretoria waar oudpres. Nelson Mandela behandel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareldbekende ikoon is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem weens &#8216;n herhalende longinfeksie, maar sy gesondheid het intussen verswak en die presidensie het Dinsdagmiddag bevestig dat sy toestand steeds kritiek is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Groot aantal boodskappe en kaartjies is op die naambord van die hospitaal op Celliersstraat aangebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veiligheidspersoneel en polisielede bewaak die perseel steeds.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polisiebeamptes het weer na 05:00 Woensdagoggend alle voertuie deursoek wat by die perseel aankom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Talle plaaslike en internasionale joernaliste het ook weer buite die hospitaal saamgedrom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was Woensdagoggend stil by Mandela se huis in Houghton, en polisiemotors het nou en dan in die straat patrollie gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie motors en een bussie van die Johannesburgse metropolisie het omstreeks 01:10 in die straat ingedraai waar Mandela se huis is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bussie, wat agter gery het, het sy noodligte aangeskakel, en het in die straat voor die hek stilgehou. Die bestuurder het die ligte geflits.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeveer agt polisiebeamptes het uit die drie voertuie geklim. Hulle het ongeveer 10 minute lank voor die hek &#8216;n gesprek gevoer, waarna hulle terug in hulle motors geklim het en stadig weggery het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lede van die publiek het Woensdagoggend begin aankom by die hospitaal Mandela behandel word vir &#8216;n longinfeksie. Baie mense bring steeds kaartjies na die ingang van die hospitaal. <\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is bedrywighede aan die toeneem by Mandela se huis op Qunu in die Oos-Kaap met groter polisiesigbaarheid en meer media wat in die gebied begin aankom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mandela se kleinkinders, die Minister van die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu en die UDM-leier, Bantu Holomisa, het dit ook bygewoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die familie het ook die Mandela-begraafplaas besoek waar &#8216;n groep werkers besig was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige mediaberigte lui dat Madiba se kleinseun, Mandla Mandela na bewering uit die vergadering gestap het omdat sensitiewe familiesake bespreek is voor mense wat nie familie is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kenner van Afrika-kultuur, Nokuzola Mndende s\u00ea sulke vergaderings vind slegs plaas wanneer die hoof van &#8216;n familie baie siek is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was vroeg Woensdagoggend stil by Mandela se huis in Houghton, en polisiemotors het nou en dan in die straat patrollie gedoen. Dinsdag was egter bedrywig by die hospitaal in Pretoria. Thabo Makgoba, die aartsbiskop van Kaapstad, is Dinsdagmiddag by die hospitaal waar oudpres. Nelson Mandela steeds in &#8216;n kritieke toestand l\u00ea, opgemerk. Makgoba het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14853\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mandela: Bedrywig in Pretoria, Qunu&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14853","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14853","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14853"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14853\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14853"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14853"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14853"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}