{"id":14832,"date":"2013-06-20T14:44:54","date_gmt":"2013-06-20T14:44:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14832"},"modified":"2013-06-20T14:44:54","modified_gmt":"2013-06-20T14:44:54","slug":"debat-oor-swart-grond-moet-protektorate-botswana-lesotho-en-swaziland-insluit-pieter-mulder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14832","title":{"rendered":"Debat oor swart grond moet protektorate Botswana, Lesotho en Swaziland insluit &#8211; Pieter Mulder"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Om &#8216;n sinvolle debat oor grond in Suid-Afrika te voer, en veral oor &#8216;n onderwerp soos die 1913-Wet op Naturellegrond wat vandag in die parlement bespreek is, moet alle feite belig word en nie net die wat sekere agendas pas nie. Dit kan ook net sin en betekenis h\u00ea indien toekomslesse daaruit geneem word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het vandag met die debat oor die 1913-wet ges\u00ea dit is sy twee voorbehoude wanneer oor die geskiedenis gepraat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy s\u00ea die kernbeswaar teen die 1913-wet is dat dit die grond tussen wit en swart verdeel het en slegs 13% grond aan swart mense gegee het. Dit is &#8216;geldige kritiek&#8217; oor onregverdighede van die verlede. Maar dit is gegrond op vandag se feite en nie op die feite van 1913 nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die kaarte van 1913 dui die Unie van Suid-Afrika aan as deel van British South Africa. British South Africa het in 1913 bestaan uit Suid-Afrika en die drie destydse protektorate, vandag Botswana, Lesotho en Swaziland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 1913 was daar geen sprake dat hierdie protektorate eendag onafhanklike state sou word nie. Botswana is tot in 1965 nog uit Mahikeng in Suid-Afrika bestuur. Daar is algemeen aanvaar dat die protektorate op die lang termyn by die Unie van Suid-Afrika ingelyf sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom het die Suid-Afrika-Wet van 1909, wat deur die Britse Parlement goedgekeur is, voorsiening gemaak dat die drie gebiede later by die Unie ge\u00efnkorporeer kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die denke van baie is die oppervlak van hierdie gebiede by die 1913 grond getel. Dan kry &#8216;n mens &#8216;n 40% &#8211; 60% grondverdeling en selfs 50-50 afhangende van hoe dit bereken word. Tot na die 1936-wet was daar nog pogings om hierdie protektorate by Suid-Afrika in te lyf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek sien dit nie as my verantwoordelikheid om 1913 te probeer verdedig nie. Wat ek wel glo is dat dit net billik is dat ons in ons kritiek al die argumente en die denke van 1913 probeer verstaan,&#8221; s\u00ea dr. Mulder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor die redes waarom die inlywing nie geslaag het nie, s\u00ea hy dit moet in gedagte gehou word dat daar ook ander denke oor die inlywing was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoofmanne van hierdie protektorate het heftig by die Britte in Londen beswaar gemaak teen inlywing. Uiteindelik het hulle geslaag en in 1966 en -68 het hierdie gebiede onafhanklik geword wat die huidige stel nuwe feite geskep het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens dr. Mulder is dit nie verkeerd om debatte oor die geskiedenis te hou nie. Maar so &#8216;n debat is net sinvol indien daar iets uit geleer word vir die toekoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die verlede kan nie deur baie praat verander of verbeter word nie. Daarom glo die VF Plus nie in &#8216;n beter verlede nie, maar in &#8216;n beter toekoms. Hier is min ges\u00ea in die debat oor wat ons uit die verlede leer en hoe ons grondhervorming in 2013 kan laat slaag sonder om hongersnood te veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Niks is ges\u00ea oor hoe ons kos aan 52 miljoen Suid-Afrikaanse burgers gaan verskaf waarvan 70% binnekort in die stede gaan woon terwyl ons net 13% goeie landbougrond het nie. Min is ges\u00ea oor hoe ons die duisende hektaar kommunale grond beter kan benut.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is sake vir die toekoms en die debat wat ons nou moet voer as ons Suid-Afrika &#8216;n beter plek vir almal wil maak,&#8221; s\u00ea dr. Mulder.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om &#8216;n sinvolle debat oor grond in Suid-Afrika te voer, en veral oor &#8216;n onderwerp soos die 1913-Wet op Naturellegrond wat vandag in die parlement bespreek is, moet alle feite belig word en nie net die wat sekere agendas pas nie. Dit kan ook net sin en betekenis h\u00ea indien toekomslesse daaruit geneem word. Dr. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14832\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Debat oor swart grond moet protektorate Botswana, Lesotho en Swaziland insluit &#8211; Pieter Mulder&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[10646,10648,4636,10647],"class_list":["post-14832","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-1913-wet-oor-grondbesit","tag-british-south-africa","tag-pieter-mulder","tag-protektorate"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14832","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14832"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14832\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14832"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14832"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14832"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}