{"id":14818,"date":"2013-06-19T04:59:42","date_gmt":"2013-06-19T04:59:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14818"},"modified":"2013-06-19T04:59:42","modified_gmt":"2013-06-19T04:59:42","slug":"pangas-byle-en-handbyle-uitverkoop-in-marikana","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14818","title":{"rendered":"Pangas, byle en handbyle &#8216;uitverkoop&#8217; in Marikana"},"content":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/06\/panga.jpg\" \/>&#8216;n Winkeleienaar by Marikana se voorraad pangas en byle het tydens die onluste in die gebied van Marikana weens die verhoogde aanvraag daarna opgeraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was &#8216;n skielike en geweldige aanvraag na pangas, byle en handbyle vanaf 11 Augustus,&#8221; het die algemene handelaar, Mohammed Cassim, in &#8216;n verklaring vermeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Adv. Vuyani Ngalwana, namens die polisie, het gister voor die Farlam-kommissie uit die winkeleienaar se verklaring voorgelees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het gewoonlik minstens 30 pangas op &#8216;n gegewe tyd in die winkel aagenhou, maar hulle is baie gou uitverkoop en ek moes nuwe voorraad gaan aankoop.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kommissie, met as voorsittende beampte die afgetrede regter Ian Farlam, ondersoek die omstandighede wat tot die dood van 44 mense verlede Augustus gedurende &#8216;n onbeskermde staking by die Lonmin-platinamyn te Marikana gelei het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Cassim se verklaring, tesame met di\u00e9 van &#8216;n &#8220;mnr. Y&#8221;, is Dinsdag aan die kommissie voorgel\u00ea. Volgens Cassim was dit die eerste keer dat hy soveel wapens verkoop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In al die tyd wat ek di\u00e9 onderneming bedryf, was dit die eerste keer dat ek soveel pangas, byle en handbyle binne &#8216;n week verkoop het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea klante het gewoonlik pangas in koerantpapier toegedraai voordat hulle by die winkel verlaat het. Daardie week het hulle die wapens eerder in hul broeke en baadjies versteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens &#8220;mnr. Y&#8221; se verklaring is hy op 13 Augustus op pad werk toe aangeval. Hy is verskeie kere gesteek en vir dood agtergelaat. Hy het oorleef en kon twee van sy aanvallers identifiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ngalwana het ges\u00ea dat di\u00e9 verklarings bedoel is om di\u00e9 van generaal William Mpembe, die adjunkpolisiehoof van Noordwes, aan die kommissie te ondersteun oor hoe mense in die gebied gedurende die onluste aanhoudend aangeval en beroof is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Farlam het ges\u00ea dat die kommissie sou besluit of Cassim gevra sal word om te getuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondersoek duur voort.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Winkeleienaar by Marikana se voorraad pangas en byle het tydens die onluste in die gebied van Marikana weens die verhoogde aanvraag daarna opgeraak. &#8220;Daar was &#8216;n skielike en geweldige aanvraag na pangas, byle en handbyle vanaf 11 Augustus,&#8221; het die algemene handelaar, Mohammed Cassim, in &#8216;n verklaring vermeld. Adv. Vuyani Ngalwana, namens die polisie, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14818\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Pangas, byle en handbyle &#8216;uitverkoop&#8217; in Marikana&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14817,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[10643,10644,10645,10519,9235],"class_list":["post-14818","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-byle","tag-farlam","tag-kommissie","tag-marikana","tag-pangas"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14818"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14818\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14817"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}