{"id":14805,"date":"2013-06-17T11:53:31","date_gmt":"2013-06-17T11:53:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14805"},"modified":"2013-06-17T11:53:31","modified_gmt":"2013-06-17T11:53:31","slug":"britte-spioeneer-op-suid-afrikaanse-diplomate","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14805","title":{"rendered":"Britte spioeneer op Suid-Afrikaanse diplomate"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die rekenaaraktiwiteit en foonoproepe van buitelandse amptenare en politici wat in 2009 vergaderings van die G20-beraad in Londen bygewoon het, insluitend amptenare van Suid-Afrika, is deur Britse owerhede afgeluister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse regering het opdrag gegee dat di\u00e9 spioenasie moet plaasvind, volgens &#8216;n eksklusiewe berig in The Guardian.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die berig, wat Sondagaand deur di\u00e9 Britse koerant gepubliseer is, beweer dat sommige afgevaardigdes gevra is om internetkafees te gebruik wat deur die Britse intelligensiediens geskep is om onder andere hulle e-posboodskappe te lees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 onthullings is gemaak kort voor Brittanje die G8-beraad aanbied, wat Maandag begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spioenasie is glo gedoen om Brittanje &#8216;n voordeel by die vergaderings te gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Besonderhede oor die spioenasie is vervat in geheime dokumente wat uitgereik is deur &#8216;n gewese werknemer van die Amerikaanse National Security Agency (NSA), Edward Snowden.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die koerant het ook berig dat Brittanje se veiligheids-en-intelligensiekomitee (GCHQ) al in 2005 &#8216;n vergadering gehou het &#8220;oor &#8216;n projek om spioenasie op die Suid-Afrikaanse ministerie van buitelandse sake te intensifiseer&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die doel van die vergadering was &#8220;om toegang te verkry tot [die] Suid-Afrikaanse [ministerie van buitelandse sake] se netwerk,&#8221; om &#8220;intelligensie in te samel van geteikende masjiene&#8221; en &#8220;om meer toegangspunte te vind om betroubaarheid te verhoog&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dis duidelik dat die GCHQ probeer het om alles moontlik uit te vind van die onderhandelingsposisie van die regering van [die destydse president] Thabo Mbeki&#8230;&#8221; het The Guardian berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britte het op Suid-Afrika se normale werk gespioeneer. Die doel van die operasie is beskryf as die verkryging van &#8220;dokumente, insluitende inligtingsessies vir Suid-Afrikaanse afgevaardigdes na G20 en G8-vergaderings&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is duidelik dat kwessies soos die globale ekonomie en finansies as van belang beskou is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sulke intelligensie-insameling is uitgevoer onder die titel &#8220;transnasionale strategiese kwessies&#8221; wat energie, ekonomie en die omgewing insluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was &#8216;n wye offensief teen die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake onder Nkosazana Dlamini-Zuma. Die telefoonlyne wat gebruik word deur die land se ho\u00eb kommissaris in Londen, is &#8220;ondersoek&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die span Britse rekenaarnetwerk-krakers, wat verantwoordelik is om buitelandse rekenaarnetwerke te kraak, het wagwoorde deur ou telefoonnommers en e-posadresse van die hoof van die departement van kriptologie in Pretoria bekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wagwoorde is dan gebruik om in die aanlynrekeninge van die Suid-Afrikaanse diplomate in te breek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rekenaaraktiwiteit en foonoproepe van buitelandse amptenare en politici wat in 2009 vergaderings van die G20-beraad in Londen bygewoon het, insluitend amptenare van Suid-Afrika, is deur Britse owerhede afgeluister. Die Britse regering het opdrag gegee dat di\u00e9 spioenasie moet plaasvind, volgens &#8216;n eksklusiewe berig in The Guardian. Die berig, wat Sondagaand deur di\u00e9 Britse koerant &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14805\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Britte spioeneer op Suid-Afrikaanse diplomate&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-14805","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14805\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}