{"id":14801,"date":"2013-06-14T06:06:31","date_gmt":"2013-06-14T06:06:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14801"},"modified":"2013-06-14T06:06:31","modified_gmt":"2013-06-14T06:06:31","slug":"de-klerk-stigting-kla-oor-rasgedrewe-saa-kadette","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14801","title":{"rendered":"De Klerk-stigting kla oor rasgedrewe SAA-kadette"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vaardigheid, en nie net ras nie, moet deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) oorweeg word wanneer hy kandidate kies vir sy kadetprogram vir voornemende vlie\u00ebniers, het die FW de Klerk-stigting Donderdag ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis begryplik dat SAA wil h\u00ea sy vlugpersoneel moet verteenwoordigend wees van die land se demografie, het Jacques du Preez, woordvoerder vir die stigting, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het egter ges\u00ea die lugdiens moet ook ander faktore in ag neem wanneer hy kandidate kies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy moet verseker dat vermo\u00eb&#8230; genoeg gewig dra in sy indiensnemingsbesluite. Die relatiewe vaardigheid, vermo\u00eb en kwalifikasies van aansoekers moet &#8216;n sentrale rol speel in die SAA se indiensnemingsbesluite, ongeag ras of geslag,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">SAA het Maandag aangekondig dat 40 kandidate vir sy kadetprogram gekwalifiseer het: 10 is swart mans, vier swart vroue, nege bruin mans, een bruin vrou, sewe Indi\u00ebrmans, twee Indi\u00ebrvroue, en sewe wit vroue.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Du Preez het ges\u00ea die eerste vereiste behoort te wees dat die kandidate uitstekende vlie\u00ebniers moet wees, ongeag hulle ras.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">SAA het in Augustus verlede jaar sy aanvanklike besluit om geen aansoeke van wit mans te aanvaar nie, opgehef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie wit kandidate het in 2012 aansoek gedoen vir die program, maar hul aansoeke is summier verwerp wanneer hulle hul ras op die aanlyn-aansoekvorm ingetik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die SAA, het destyds ges\u00ea die kadetprogram is geadverteer om die demografie van sy vlie\u00ebniers te verander. Volgens hom was 91% van die lugdiens se vlie\u00ebniers in daardie stadium wit mans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het ges\u00ea verlede jaar se opheffing van die verbod was net &#8216;n rookskerm. Hy het ges\u00ea die vakverbond gaan &#8216;n veldtog teen die lugdiens begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tlali Tlali, woordvoerder van die SAA, het ges\u00ea dit is belangrik om te verseker dat daar transformasie in alle dissiplines van die maatskappy is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Tans is die SAA se vlugbemanning nie &#8216;n weerspie\u00ebling van Suid-Afrika se rasse- en geslagsdemografie nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die inname vir die 2013-&#8217;14-kadetprogram word in Augustus vanjaar geadverteer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vaardigheid, en nie net ras nie, moet deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) oorweeg word wanneer hy kandidate kies vir sy kadetprogram vir voornemende vlie\u00ebniers, het die FW de Klerk-stigting Donderdag ges\u00ea. Dis begryplik dat SAA wil h\u00ea sy vlugpersoneel moet verteenwoordigend wees van die land se demografie, het Jacques du Preez, woordvoerder vir die stigting, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14801\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;De Klerk-stigting kla oor rasgedrewe SAA-kadette&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14801","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14801","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14801"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14801\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14801"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14801"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14801"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}