{"id":14781,"date":"2013-06-12T06:18:43","date_gmt":"2013-06-12T06:18:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14781"},"modified":"2013-06-12T06:18:43","modified_gmt":"2013-06-12T06:18:43","slug":"shuttleworth-se-aansoek-kan-sa-lelik-knou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14781","title":{"rendered":"Shuttleworth se aansoek &#8216;kan SA lelik knou&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Mark Shuttleworth se bod om Suid-Arfrika se valutabeheermaatre\u00ebls ongrondwetlik te laat verklaar kan &#8216;n verwoestende uitwerking op die land het, s\u00ea die regsgeleerde Jeremy Gauntlett.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gauntlett SC, vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), het aangevoer dat Shuttleworth se aansoek in die hooggeregshof in Pretoria &#8220;die mees radikale hofbevel denkbaar&#8221; vra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy het baie doelbewus besluit om die hart van die skema aan te val en te poog om die pilare van die tempel inmekaar te laat tuimel,&#8221; het Gauntlett ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Indien die aansoeker daarin slaag om artikel 9 van die geldeenheidwet ongeldig te laat verklaar en bewys dat alle maatre\u00ebls en re\u00ebls ongrondwetlik is, sou daar geen inhibisie op die verwydering van kapitaal uit hierdie land wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Artikel 9 is die hart van die wisselkoersstelsel en hy wil dit klop.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gauntlett het ges\u00ea Shuttleworth beweer dat dit in die belang van alle Suid-Afrikaners is dat die geheel van die wisselkoersbeheerstelsel in die land vernietig word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hy kon nie sy geld uit die land kry nie. Nou wil hy die hele stelsel aftrek. Waarom moet hierdie finansi\u00eble vlugteling, wat op die eiland Man [vir belastingontduiking] skuil, namens die hele Suid-Afrikaanse samelewing praat?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien van sy grondwetlike uitdaging, wil Shuttleworth die hof nader om die heffing van meer as R250 miljoen wat hy betaal het om sommige van sy bates uit die land te kry in 2009, ter syde laat stel, en die SARB dwing om die geld terug te gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy wil verder &#8216;n bevel verkry sodat die SARB se sogenaamde &#8220;geslote-deur-beleid&#8221; wat aan lede van die publiek gekommunikeer word deur die bemiddeling van die gemagtigde banke as ongrondwetlik en ongeldig verklaar word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Shuttleworth het die huidige stelsel van valutabeheer in Suid-Afrika blameer wat hom &#8220;gedwing&#8221; het om te emigreer in 2001.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het bates ter waarde van meer as R4.27 miljard in Suid-Afrika gehad toe hy ge\u00ebmigreer het, maar hy het die bates uit die land in 2008 en 2009 geneem, elke keer onderhewig aan die betaling van &#8216;n 10% &#8220;uitgangbeheerfooi&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering het die heffing &#8216;n jaar nadat Shuttleworth die res van sy bates uit die land geskuif het, laat vaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gauntlett het aangevoer dat Shuttleworth se aansoek die verkeerde besluitnemer teiken, want die SARB het net die uitvoering van &#8216;n besluit aangekondig deur die minister van finansies tydens &#8216;n toespraak in die Parlement in 2003.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mark Shuttleworth se bod om Suid-Arfrika se valutabeheermaatre\u00ebls ongrondwetlik te laat verklaar kan &#8216;n verwoestende uitwerking op die land het, s\u00ea die regsgeleerde Jeremy Gauntlett. Gauntlett SC, vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), het aangevoer dat Shuttleworth se aansoek in die hooggeregshof in Pretoria &#8220;die mees radikale hofbevel denkbaar&#8221; vra. &#8220;Hy het baie doelbewus besluit om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14781\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Shuttleworth se aansoek &#8216;kan SA lelik knou&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-14781","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14781","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14781"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14781\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14781"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14781"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14781"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}