{"id":14749,"date":"2013-06-08T08:31:57","date_gmt":"2013-06-08T08:31:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14749"},"modified":"2016-08-31T13:40:09","modified_gmt":"2016-08-31T11:40:09","slug":"uitverkoping-gratis-boek-deur-gustav-venter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14749","title":{"rendered":"Uitverkoping! Gratis boek deur Gustav Venter"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" style=\"float: left;\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories5\/amigdala_alrinasmal_voorblad.jpg\" width=\"251\" \/>(Hierdie aanbod is nou gesluit.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U kan nou Gustav Venter se opspraakwekkende roman, Die amigdala van Alrina Smal, gratis aflaai, met komplimente van Praag en die skrywer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alrina Smal is \u2018n liberale, welgestelde vrou wat in Northcliff, Johannesburg woon. As sy deur \u2018n swartman in haar eie huis aangerand word, ontwikkel sy \u2018n fobie jeens alle swartmense wat haar man en diegene rondom haar al moeiliker vind om te hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy word deur die briljante, byderwetse doktor Ters van Jaarsveld behandel, maar niks kan haar van haar vrees vir swartmense genees nie. Intense kursusse in gevegskuns en pistoolskiet stel haar ook nie gerus nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gustav Venter het reeds as joernalis en rubriekskrywer in Afrikaans bekendheid verwerf. In hierdie, sy debuutroman, lewer hy \u2018n meesterlike en boeiende verhaal wat geen doekies omdraai oor die abnormale geweld, veral teen vroue, wat in Suid-Afrika tier nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur haar terapiesessies vir haar \u201cnegrofobie\u201d, soos dit ook iewers in <em>Die amigdala van Alrina Smal<\/em> genoem word, leer ons Alrina se verhaal ken. Die dialoog tussen haar en doktor Ters is oortuigend, soms tegnies sielkundig, maar plek-plek ook kostelik, sodat die leser al hoe verder meegesleur word deur Alrina se pogings om haar vrees te oorwin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die enkele geweldstonele in die boek smaakvol en liter\u00ear geskilder word, is dit veral die dialoog wat by tye alle polities korrekte norme oorboord gooi. Die skrywer gee enkele rassistiese karakters vrye teuels om hul menings uit te spreek soos \u2018n mens in \u2018n etnies verdeelde en geweldgeteisterde Suid-Afrika kan verwag. Dis \u2018n boek wat vele na hul asems gaan laat snak, ook die leser wie se simpatie met Alrina se dilemma hom kwalik op die skokkende einde van die verhaal voorberei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reeds kan \u2018n mens s\u00ea dat hierdie roman \u2018n nuwe tydvak in die Afrikaanse letterkunde inlui. Wat by sommige skrywers voorheen vae suggestie was, word deur Gustav Venter tot onverskrokke realisme opgetower.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aflaaiblad vir Die amigdala van Alrina Smal.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>(Hierdie aanbod is nou gesluit.) U kan nou Gustav Venter se opspraakwekkende roman, Die amigdala van Alrina Smal, gratis aflaai, met komplimente van Praag en die skrywer. Alrina Smal is \u2018n liberale, welgestelde vrou wat in Northcliff, Johannesburg woon. As sy deur \u2018n swartman in haar eie huis aangerand word, ontwikkel sy \u2018n fobie jeens &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14749\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Uitverkoping! Gratis boek deur Gustav Venter&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[10516,10635,10636,171],"class_list":["post-14749","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","tag-die-amigdala-van-alrina-smal","tag-gratis-boek","tag-gratis-boeke","tag-gustav-venter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14749","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14749"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14749\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14749"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14749"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14749"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}