{"id":14734,"date":"2013-06-05T06:23:07","date_gmt":"2013-06-05T06:23:07","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14734"},"modified":"2013-06-05T06:23:07","modified_gmt":"2013-06-05T06:23:07","slug":"kulturele-selfbeskikking-eerste-doelwit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14734","title":{"rendered":"Kulturele selfbeskikking eerste doelwit"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span style=\"line-height: 1.5;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Flip Buys (<a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/opinie\/2013-06-03-die-kleinfontein-debat\" target=\"_blank\">Beeld, 4 Junie<\/a>) bied &#8216;n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as &#8221; &#8216;n soort strategiese risikobestuursplan&#8221; aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur &#8216;n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar heers konsensus oor ons &#8220;foute van die verlede&#8221;: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat 1994 &#8216;n fout was, asook dat oudpres. FW de Klerk nooit Afrikaner-soewereiniteit moes prysgegee het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n beroemde Londense uitspraak in 1997 het De Klerk di\u00e9 besluit beskryf as &#8220;sekerlik een van die pynlikste wat enige leier of sy mense ooit gevra kon word om te doen&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag oor selfbeskikking gaan dus oor hoe ons daardie &#8220;foute van die verlede&#8221; kan regstel en weer vryheid kan verwerf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grootste teenkanting teen selfbeskikking kom nie van die ANC nie, maar van Afrikaners self of ten minste daardie Afrikaners wat slegs na hul eie individuele belang kyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Noem hulle die neokoloniale soewereine individue. In die huidige Suid-Afrika met sy korrupsie en wetteloosheid sien hulle &#8216;n geleentheid om vinnig ryk te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert die Kosovo-mening van die Internasionale Geregshof in Den Haag op 22 Julie 2010 kan enige volk ter w\u00eareld te eniger tyd sy soewereiniteit opeis omdat, soos die hof dit gestel het, &#8220;die volkereg geen verbod op onafhanklikheidsverklarings erken nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook nie waar dat Afrikaners, soos Buys beweer, oor &#8220;geen natuurlike, betekenisvolle meerderheid&#8221; in die land beskik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeveer 50% van Afrikaners woon in die PWV-gebied en in baie voorstede verteenwoordig hulle \u00f3f die meerderheid \u00f3f die grootste enkele etniese groep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien 0,06% van daardie PWV-Afrikaners wat in Kleinfontein saamgetrek het reeds &#8216;n ho\u00eb mate van eie bestuur en selfbeskikking geniet, hoeveel te meer kan die anderhalf miljoen dit nie verwerf indien hulle soos die Kleinfonteiners die wil daartoe ontwikkel nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kulturele selfbeskikking moet ons eerste doelwit wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pleks van &#8220;risikobestuur&#8221; toe te pas, behoort ons oor te gaan tot omgewingsbestuur. Gebiede moet beveilig word en Afrikaans moet weer as openbare taal daar gevestig word. In Europa, soos in Suid-Afrika, neig mense natuurlikerwys om in gebiede te woon waarin hul eie taal oorheers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste mense in ons land verkies &#8216;n Engelse omgewing en sal dus neig om Afrikaanse omgewings te verlaat, net soos hulle ook nie hul kinders na Afrikaanse skole stuur nie.<\/p>\n<p><span style=\"text-align: justify;\">Hierdie kommentaar verskyn ook vandag as &#8216;n&nbsp;<a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/opinie\/2013-06-04-kulturele-selfbeskikking-eerste-doelwit\" target=\"_blank\" style=\"text-align: justify;\">brief in Beeld<\/a><span style=\"text-align: justify;\">.<\/span><\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Flip Buys (Beeld, 4 Junie) bied &#8216;n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as &#8221; &#8216;n soort strategiese risikobestuursplan&#8221; aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur &#8216;n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid. Daar heers konsensus oor ons &#8220;foute van die verlede&#8221;: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14734\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kulturele selfbeskikking eerste doelwit&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[768,154,6709,8343,10633,2242],"class_list":["post-14734","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaner","tag-dan-roodt","tag-flip-buys","tag-kleinfontein","tag-selbeskikking","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14734","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14734"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14734\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14734"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14734"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14734"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}