{"id":14728,"date":"2013-06-05T05:25:08","date_gmt":"2013-06-05T05:25:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14728"},"modified":"2013-06-05T05:25:08","modified_gmt":"2013-06-05T05:25:08","slug":"wanneer-ekonomie-die-politiek-oorskadu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14728","title":{"rendered":"Wanneer ekonomie die politiek oorskadu"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Soos die meeste van ons al ondertussen weet, is Afrikaners die voorlopers onder die Westerse volkere wat moet toesien hoe ons lewenswyse en kultuur die onderspit moet delf ter wille van ander moonthede se belange. Anders as wat die radikale vryheidsprofete ons na die Tweede W\u00eareldoorlog voorgehou het, is mense uiteindelik nie so universeel ge\u00f6rienteerd as wat daar destyds aangeneem was nie, en die teenwoordige kinders van daardie vaders moet nou worstel met die wete datdie einde van die geskiedenis toe nie aangebreek het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sien hoe Stockholm die afgelope week in ligtelaaie gestaan het, met woedende immigrante wat meer eise begin stel oor hul lewensomstandighede: &#8216;n Pynlike bewys dat nie eens die Swede se befaamde knus welsynstaat &#8216;n einde kan maak aan die frustrasie van die nuwe generasie nie. Ofskoon baie immigrante in daardie land &#8216;n heelwat ho\u00ebr lewensstandaard geniet, ervaar hulle nog steeds &#8216;n gevoel van deprivasie. Hul stemme word nie gehoor nie, of anders verdraai om by die gasland te mentaliteit aan te pas. Hul outentieke identiteit kan nie wortel skiet in hierdie vreemde aarde nie, en doen vervolgens wat hulle goed doen, naamlik belaglike eise stel omdat hulle nie weet wat hulle anders moet doen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Egter, hoe meer die regering aan hul eise toegee, hoe meer buitensporig tree hulle op, aangesien dit as &#8216;n manier beskou word om persoonlike welvaart te genereer. Interessante statistieke oor die situasie in Ierland gee aan hoe algemene misdaad in daardie land gedaal het sedert die krisis, wat Ierland besonder hard getref het. Die Marxistiese verhaal oor materi\u00eble deprivasie kan ons dus finaal tot die asblik van die geskiedenis verban, aangesien die geldigheid daarvan uiters beperk blyk te wees &#8211; in ons huidige tydsgees altans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is onder sulke omstandighede dat mense &#8216;n politieke eenheid begin vorm aangesien hulle &#8216;n inskattingsfout gemaak het, naamlik om ekonomiese belange bo politieke belange te stel. Hulle bevind hulself in &#8216;n politieke vakuum en besef dat hulle &#8216;n soort Faustiaanse verbond gesluit het, naamlik om hul siel in te ruil vir die verwagting van beter welvaart.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Swede ervaar nou wat &#8216;n voorbode gaan wees vir die Weste in die komende tyd, naamlik &#8216;n losmaking van politieke belange ten behoewe van ekonomiese belange. Die EU, die Trans Pacific Partnership en BRICS-lande wys daarop dat hierdie tendens besig is om uitgebreid te ontwikkel, min wetende dat hierdie monsteragtige ekonomiese superstrukture sy eie onderdane mag verpletter en vervreem. Hierdie eenw\u00eareldregering, oftewel MacWorld soos dit af en toe genoem word, gaan uiteindelik dieselfde aan die res van die w\u00eareld doen as wat ons in Suid-Afrika al grondig kennis mee gemaak het, naamlik &#8216;n groter wordende kloof tussen ryk en arm veroorsaak. Die term &#8220;eenw\u00eareldregering&#8221; is immers &#8216;n verkeerde benaming, aangesien dit geen werklike &#8220;regering&#8221; is nie, maar &#8216;n koterie van die magtigste bedrywe wat politieke belange ondermyn ter wille van ekonomiese belange.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was presies die uiterstes waar Verwoerd destyds mee te kampe gehad het: Of jy probeer om mense terug te stuur na hul eie homogene gebiede en sorg dat hulle ontwikkel en selfredsaam word, of jy doen die teenoorgestelde, naamlik laat hulle die stede toestroom op soek na werk, en vervolgens verval in armoede, misdaad, vervreemding en die eindelose geweeklag van diskriminasie en rassisme. Die internasionale verkettering van apartheid, met massahisterie, Waarheidskommissie en al, was uiteindelik &#8216;n manier gewees om mense weg te laat breek van hul eie tradisies en kultuur om volkere meer oop te stel vir hierdie ekonomiese w\u00eareldorde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten einde hierdie volkerebredie nog verder te akkommodeer gaan die sillabusse op skole eweneens aangepas word om mense slegs resultaatgedrewe opleidings aan te bied. Met ander woorde suiwer kennis gaan nie meer aangebied word nie, en vervolgens verloor mense die vermo\u00ebns om krities na hul leefomstandighede te kyk. Die opleiding op skool is slegs goed genoeg om arbeiders van mense te maak, wat weereens die mens reduseer tot loonslaaf sonder kultuur en &#8216;n grondige ontwikkeling. Dit is dus nie verbasend nie dat die maatskappysielkundiges Jaime Napier en John Jost ontdek het dat mense met &#8216;n konserwatiewe lewensbeskouing gelukkiger as hul meer liberale landgenote is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Origens het die politikoloog Robert Putnam ook navorsingsresultate gepubliseer (in <em style=\"text-align: justify;\">Scandinavian Political Studies<\/em> nogal) waarin geblyk het dat daar in multikulturele gemeenskappe heelwat minder maatskaplike betrokkenheid is as homogene gemeenskappe. Mense leef meer vir hulself, en die algemene liggaamlike en geestesgesondheid is minder goed as in homogene gemeenskappe. Interessant genoeg het die Afrikanerteoloog dr. Tobie Muller presies honderd jaar gelede dieselfde in sy befaamde &#8220;Beleidenis van &#8216;n nasionalis&#8221; gestel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In ons alledaagse belewenis sien ons dieselfde. Daar is bittermin mense deesdae wat weet wat die verskil is tussen selfbeeld en selfrespek. Iemand met &#8216;n ho\u00eb selfbeeld het nie altyd selfrespek nie. &#8216;n Tipiese straatskollie kan veel van homself dink en almal inmekaar slaan wat nie respekvol met hom omgaan nie, maar hy het geen selfrespek nie. Selfrespek beteken dat jy leef om die regte ding te doen, en dikwels persoonlike opofferinge moet maak om dit te bereik. Waar selfrespek deesdae as belaglik en kleinlik afgemaak word, word &#8216;n ho\u00eb selfbeeld in ons woonkamers opgehemel met twak uit Hollywood en MTV, en temper die jeug met opvattings dat platvloersheid, ego\u00efsme en arrogansie deugde is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit rym goed met wat Oswald Spengler destyds geskryf het, naamlik dat in ekonomiese stelsels leef mense vir hulself en in politieke stelsels leef hulle vir ander. In politieke stelsels sterf mense vir iets en in ekonomiese stelsels sterf hulle as gevolg van iets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En terug in Suid-Afrika sien ons dieselfde: Daar is geen konsentrasiekampe met wagte en sperdraad soos tydens die Boereoorlog nie, maar &#8216;n see van armoede en plakkerskampe. In politieke stelsels het die vyand &#8216;n gesig en &#8216;n uniform, maar in ekonomiese stelsels kan jy slegs eet as jy tydelik bruikbaar is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar dat volkere teruggryp na &#8216;n politieke eenheid terwyl ekonomiese belange hierdie tendens verketter onder die vaandel van fascisme, rassisme ensovoorts.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Belangrike uitgangspunt sou wees om te besef dat die ANC en hul marionette agter die skerms geen politieke belange behartig nie, maar slegs ekonomiese belange wat as politiek gemaskeer word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tensy die Afrikaner &#8216;n politieke eenheid vorm, lyk die kans klein of hy volgende eeu as volk sal oorleef. Soos NP van Wyk Louw geskryf het, sal sy hoogste strewe wees om nie net voort te bestaan nie, maar om voort te bestaan in geregtigheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slegs dan sal die balans tussen politiek en ekonomie weer gesond word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos die meeste van ons al ondertussen weet, is Afrikaners die voorlopers onder die Westerse volkere wat moet toesien hoe ons lewenswyse en kultuur die onderspit moet delf ter wille van ander moonthede se belange. Anders as wat die radikale vryheidsprofete ons na die Tweede W\u00eareldoorlog voorgehou het, is mense uiteindelik nie so universeel ge\u00f6rienteerd [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43],"tags":[],"class_list":["post-14728","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14728","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14728"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14728\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14728"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14728"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14728"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}