{"id":14716,"date":"2013-06-02T01:49:13","date_gmt":"2013-06-02T01:49:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14716"},"modified":"2013-06-02T01:49:13","modified_gmt":"2013-06-02T01:49:13","slug":"die-weg-na-onafhanklikheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14716","title":{"rendered":"Die weg na onafhanklikheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/04\/volkstaat_geel_spokie.jpg\" \/>Nou die dag verduidelik iemand dat die Limpopoprovinsie nou geheel en al verval het. Daar word geen herstelwerk meer aan paaie of ander infrastruktuur gedoen nie. Soos die man verduidelik het, &#8220;verteenwoordig Limpopo 85% van die ou Transvaal&#8221;!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, die &#8220;Afrika-effek&#8221; hou nie by die Zimbabwe-grens op nie. Dit is reeds besig om ons land vanuit die noorde te koloniseer en te verteer. Ons liberale media wat so lief is daarvoor om buitelandse mites oor Suid-Afrika klakkeloos na te praat, kan die ware toedrag van sake nie meer vir mense wegsteek nie. Hulle probeer nog net voorgee dat dit nie so erg is as wat dit lyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit verklaar waarom &#8216;n swetterjoel Afrikaanse organisasie tans besig is om een of ander ander pleidooi vir selfbeskikking te lewer. Meermale gaan dit om die eindelose teoretisering waarvoor Afrikaners as afstammelinge van Europe\u00ebrs so lief is. Daar is al meer artikels oor selfbeskikking deur Afrikaners op die internet geskryf as wat Die Huisgenoot skinderstories oor Hollywood-sterre gepubliseer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Politieke party soos die Vryheidsfront is al byna 20 jaar lank besig om hom vir selfbeskikking te beywer, met min tasbare resultate. In Europa het verskeie kleiner volkere binne &#8216;n jaar of twee daarin geslaag om veral in die vroe\u00eb negentigerjare onafhanklik van onderskeidelik die ou Sowjetunie en Joego-Slawi\u00eb te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarom sukkel ons so? Laat my kortliks die struikelblokke ontleed wat ons tot dusver van vryheid weerhou het, alvorens ek voorspel hoe Afrikanervryheid waarskynlik verwesenlik gaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Huidige struikelblokke onderweg na Afrikanervryheid<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Afrikaners bewoon nie almal een, homogene gebied nie. Dis natuurlik bekend, maar soos ons onder sal sien, is daar wel &#8216;n groot meerderheidsgebied beskikbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Ons beskik nie oor &#8216;n buitelandse moondheid of supermoondheid wat ons steun nie. Die meeste Europese volkere wat in die vroe\u00eb negentigerjare onafhanklikheid verkry het, is op een of ander wyse deur die VSA ondersteun, veral op diplomatieke gebied. Nogtans het byvoorbeeld Sloweni\u00eb daarin geslaag om onafhanklik te word, ondanks teenkanting deur beide die VSA en die EU.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Afrikaners hou nie van risiko nie. Hierdie is vir my die belangrikste rede waarom Afrikaners tot dusver nie hond haaraf kon maak nie. Die meeste mense wil die proses van onafhanklikwording volmaak beplan en bestuur, of dan deur middel van &#8216;n internasionale hofsaak die ANC-regering dwing om tot die prysgawe van grondgebied in te stem. Hoe gouer ons besef dat enige proses van afstigting noodwendig met risiko gepaardgaan, sal hulle insien dat die proses slegs ten dele beheer kan word. Ons sal op ons voete moet dink, byna soos in &#8216;n rugbywedstryd! Dit sal &#8216;n dinamiese proses wees wat deur visioen\u00eare leiers gevoer sal moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4. As ek van &#8220;risiko&#8221; praat, verwys ek na berekende risiko&#8217;s en nie na desperate pogings om mense tot opstand of &#8216;n staatsgreep aan te spoor nie. Sover moontlik moet enige onafhanklikwording van Afrikaners vreedsaam geskied, hoewel daar op &#8216;n bepaalde tydstip wel konflik mag intree, soos wat die sentrale regering self dalk desperaat mag raak om Afrikanervryheid te verhoed. Ewe min as wat ons kan voorspel of plase in Suid-Afrika soos in Zimbabwe beset gaan word, kan ons met sekerheid s\u00ea of die ANC-regering op &#8216;n stadium tenks in Afrikanerwoongebiede gaan instuur om enige stappe na onafhanklikheid te fnuik. Sowel die ou Sowjetunie as Joego-Slawi\u00eb het dit wel meermale gedoen, dus is di\u00e9 moontlikheid nie uitgesluit nie. Nietemin kan ons ons nie deur vrese vir die toekoms laat intimideer en op die duur niks doen om aan die huidige onhoudbare situasie te verander nie. Te alle tye moet ons egter redelik bly en nie as die aggressor optree of selfs aggressie uitlok nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">5. Orania en Kleinfontein, hoewel in vele opsigte bewonderenswaardig en modelgemeenskappe vir die toekoms, verteenwoordig insgelyks &#8216;n lae-risikostrategie vir selfbeskikking. Soos prof. Carel Boshoff dit eens beskryf dit, gaan dit om &#8220;opofferende selfbeskikking&#8221; en daardeur word 99% van die huidige infrastruktuur en openbare bates permanenent aan die ANC oorgedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">6. Die model van &#8220;trek na jou volkstaat&#8221; is nie vir mense aantreklik nie. Of liewer: dit mag aantreklik wees, maar ekonomiese en praktiese werklikhede verhoed almal behalwe &#8216;n klein groepie idealiste om tot die groot stap oor te gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">7. Afrika-traagheid vertraag die onderhandelings- en regsproses. Uiteraard is dit in die sentrale regering se belang om so min moontlik te reageer op versoeke om gesprek of onderhandeling. Daarom word diegene wat selfbeskikking nastreef na mindere liggame soos die SA Menseregtekommissie verwys of daar word botweg geweier om Afrikanerverteenwoordigers te woord te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">8. Afrikaner-traagheid om finansieel tot die vryheidsbeweging by te dra of selfs om betrokke te raak. Die meeste Afrikaners sien die poltieke stryd wat tans woed soos &#8216;n rugbywedstryd waar hulle as toeskouers aanmoediging of kritiek vanaf die kantlyn slinger, eerder as iets wat hul aktiewe deelname vereis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">8. Ons beskik nie oor massamedia wat hoegenaamd die begrip van &#8216;n volkstaat of Afrikanervryheid goedgesind is nie. Die Naspersgroep is volledig bekeer tot die klassieke Sap-ideologie van ondergeskiktheid aan die Angel-Saksiese w\u00eareld, asook die eenheidstaat van die Nuwe Suid-Afrika. Daarom neem dit oneindig lank om enige steun by die stembus vir selfbeskikking te bekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">9. Bowenal word die vrywordingsdinamika as &#8216;n ingewikkelde regs- en politieke proses gesien wat maar op die langebaan geskuif kan word, totdat &#8220;die tyd eendag ryp is&#8221;. Hierdie is &#8216;n fatale mistasting, want hoe meer tyd verbygaan, hoe skraler raak die kanse dat ons hoegenaamd grondgebied gaan verkry, gegewe die verslegtende demografie, Afrikaner-emigrasie na Australi\u00eb en dergelike meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Keer hindernisse in ons guns om<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedagtig aan al die struikelblokke wat hier bo genoem is, moet ons poog om elkeen van di\u00e9 hindernisse eintlik in ons guns om te keer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan punt 1 hierbo, kan ons feitlik niks doen nie. Nogtans kan ons uit die voorbeelde van Orania en Kleinfontein leer dat eie arbeid en die gebruik van Afrikaans as openbare taal &#8216;n goeie manier is om bepaalde gebiede vir onsself toe te eien en te beset. Of &#8216;n mens dit gaan regkry om besige stedelinge en werkende egpare te oortuig om in &#8216;n vroe\u00eb fase heeltemal van tuiniers en bediendes ontslae te raak, is egter &#8216;n ope vraag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ou grappie dat &#8216;n Afrikaner eerder in sy bed vermoor sal word as om hom self op te maak, is hier ter sake. Daarom moet die beweging van die begin af twee opsies voorhou: eie arbeid of, indien dit regtig nie anders kan nie, slegs allochtone wat nie in Suid-Afrika stemgeregtig is nie, soos byvoorbeeld Zimbabwi\u00ebrs, Malawi\u00ebrs, ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die onbetrokkenheid van grootmoondhede by Suid-Afrika, hoewel dit geensins ons saak bevorder nie, skep egter ook die geleentheid om &#8211; anders as in die aanloop tot 1994 byvoorbeeld &#8211; &#8216;n volkome plaaslike skikking tussen ons en die ANC te bereik en om ons meerderheidsgebied sonder buitelandse inmenging af te baken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as by die trek-na-jou-volkstaatmodel, moet ons die nuwe republiek daar vestig waar die meeste van ons reeds bly. Ons moet eenvoudig daardie gebied toe\u00ebien waar ons grense so kan trek dat ons oor &#8216;n meerderheid beskik wat in &#8216;n referendum ten gunste van onafhanklikheid kan stem. Die trae of apatiese Afrikaners rondom ons sal maar net na vryheid voortgesleep word op soortgelyke wyse as wat mnr. FW de Klerk hulle met die fait accompli van &#8216;n oorgawe aan die ANC in 1994 gekonfronteer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking is nou onstuitbaar<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek reeds hier bo ges\u00ea het, is selfbeskikking nou ontstuitbaar, want dit het &#8216;n noodsaaklikheid vir oorlewing geword en is nie meer &#8216;n abstrakte ideologie nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog nooit sedert 1994 was daar soveel steun vir selfbeskikking soos tans nie. Die meeste Afrikaners is deur die huidige werklikheid ontnugter en selfs die massamedia doen nie meer moeite om die probleme te verdoesel nie. Dit help nie ons wag vir die klimaat om nog gunstiger te raak nie, want enige suksesse van die DA by die stembus of minder radikale grondhervorming as wat reeds vewag word, sal weereens die wind uit die seile van die Afrikanerbeweging haal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meeste mense verlang egter voorspellings of riglyne. Hoe sal die proses waarskynlik geskied?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 1: Bewuswording en ideologiese stryd<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie fase is reeds in volle swang. Danksy die internet, asook sosiale media, het die massamedia hul greep op Afrikaners se denke verloor en spreek mense nou vrylik hul menings uit. Aktiviste hoef ook nie meer hul taal en sienings aan te pas om in vae eufemismes in die gedrukte koerante te skryf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 2: Onttrekking van finansi\u00eble steun aan die staat<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n manier doen Orania en Kleinfontein dit reeds, want hulle bedryf hul eie de-facto-munisipaliteite. Ook die belastingbetalersunies onder leiding van mnr. Jaap Kelder is besig om fondse van plaaslike owerhede te weerhou, dispute met munisipaliteite te verklaar en hofsake te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige ekonomiese krisis gaan insgelyks die belastinginkomste van die staat onder druk plaas. Afrikaners moet binne hul woonbuurte hul eie strukture onderstaan, tesame met die organisasies soos PRAAG wat nasionaal en internasionaal die stryd om selfbeskikking voer. Mettertyd sal al hoe meer fondse in Afrikanergeledere bly en al hoe minder deur belastings aan die sentrale regering en sy munisipaliteite verlore gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 3<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n gegewe tydstip moet die leierskap onafhanklikheid oor bepaalde gebiede of die hele gebied kragtens artikel 235 van die SA grondwet verklaar. Die onlangse volkrereg sal ons ook hierin ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 4<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderhandeling met die ANC, met of sonder internasionale bemiddeling, oor die grense van die republikeinse gebied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 5<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Leierskapsverkiesing en referendum word in die republikeinse gebied gehou. Omdat daar intussen na eie arbeid oorgeskakel is of slegs buitelanders as ongeskoolde werkers in diens is, sal die versterkte Afrikanermeerderheid die referendum ten gunste van onafhanklikheid wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 6<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierna moet die meeste Afrikaners vanuit die buiteland terugkeer en meewerk aan die heropbou van die nuwe Afrikaanse Republiek, terwyl streng grensbeheer ingestel word om te sorg dat die Afrikanermeerderheid verder versterk en uitgebou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00e1 onafhanklikheid sal die Afrikanerstaat ook jaloers waak oor die regte van Afrikaners wat in Azani\u00eb of hoe die land ook al teen daardie tyd bekend sal staan, agterbly. Dit is dus in almal se belang dat die beweging moet slaag. Nie net sal daar weer vir die eerste keer in meer as &#8216;n eeu &#8216;n volwaardige Afrikanerrepubliek wees nie, maar Azani\u00eb sal geweldig baat by die gesonde mededinging om beleggings, asook die kundigheid en goeie Afrikaanse onderwys wat in die nuwe staat teenwoordig sal wees. Soos lande in die Europese Unie wat ekonomies van mekaar interafhanklik is, sal ons deel wees van &#8216;n ge\u00efntegreerde Suider-Afrikaanse en w\u00eareldekonomie waaraan ons tot ons eie voordeel sal kan deelneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarskynlik sal dit nie eens meer nodig wees om persoonlike belastings te hef nie en kan slegs BTW en maatskappybelasting gehef word, iets wat verbruik en ekonomiese groei in die hele streek sal stimuleer. Die volkstaatbeweging moet wegkom van sosialistiese modelle; eerder moet lae belastings, die winsmotief en innovering beklemtoon word. Investering en werkskepping moet nou al in die ge\u00efdentifiseerde meerderheidsgebied begin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie nie waag nie, sal nie wen nie!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nou die dag verduidelik iemand dat die Limpopoprovinsie nou geheel en al verval het. Daar word geen herstelwerk meer aan paaie of ander infrastruktuur gedoen nie. Soos die man verduidelik het, &#8220;verteenwoordig Limpopo 85% van die ou Transvaal&#8221;! Kortom, die &#8220;Afrika-effek&#8221; hou nie by die Zimbabwe-grens op nie. Dit is reeds besig om ons land &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14716\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die weg na onafhanklikheid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14511,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[2188,10632,4784,2242],"class_list":["post-14716","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaners","tag-onafhanklikheid","tag-selfbeskikking","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14716","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14716"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14716\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14511"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14716"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14716"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14716"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}