{"id":14698,"date":"2013-05-29T06:16:52","date_gmt":"2013-05-29T06:16:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14698"},"modified":"2013-05-29T06:16:52","modified_gmt":"2013-05-29T06:16:52","slug":"boewe-terroriseer-egpaar-gif-op-babaklere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14698","title":{"rendered":"Boewe terroriseer egpaar met gif op babaklere"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Misdadigers het op 15 Mei Anton en Maria Hattingh van Secunda se pekinees vergiftig en hul kat op die pallisades opgehang. Hulle babaseun se klere is ook vergiftig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit was vir ons baie traumaties,&#8221; het me. Hattingh ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy het omstreeks 3.30vm opgestaan om vir haar vyf-maande oue baba &#8216;n bottel te gee, toe sy die honde hoor blaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het by die venster uitgekyk en gesien ons pekineesteef, Tinki, staan by die reun Snuffels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Snuffels het op die gras gel\u00ea en ek het my man wakker gemaak en vir hom ges\u00ea ek dink Snuffels is dood,&#8221; het me. Hattingh ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die egpaar het uitgegaan om ondersoek in te stel en gesien bloed kom by Tinki se mond uitkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het om die huis geloop en gekyk of ons nog gif sien rondl\u00ea, want ons was bang die ander hond kry dit in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het toe gesien ons kat is op die pallisade gehang,&#8221; het mnr. Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het die polisie geskakel wat later opgedaag het en ges\u00ea het hulle moet &#8216;n verklaring maak en toe weer gery het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het nie eers in die erf ingekyk nie,&#8221; het mnr. Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het self die kat en hond verwyder.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die egpaar het met &#8216;n flits om die huis geloop om seker te maak daar l\u00ea nie nog gif in hul erf rond nie<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het &#8216;n paar stukkies gif in die erf gekry, asook op hul babatjie se klere wat op die wasgoeddraad gehang het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit lyk of hulle die gif geneem en op sy klere gesmeer het,&#8221; het mnr.Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het nie geweet wat om met die dooie diere te maak nie, want nie die polisie of die brandweer wou hulle verwyder nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het die veearts geskakel wat ges\u00ea het ek kon hulle daarheen neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wou hulle nie begrawe of op die ashoop gaan gooi nie omdat die gif gevaarlik vir mens en dier is,&#8221; het mnr. Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die egpaar het die volgende dag na die polisiestasie gegaan om &#8216;n verklaring af te l\u00ea, waarna die polisieman in die aanklagkantoor hulle meegedeel het dat dit nie sou help om &#8216;n saak te maak nie en blykbaar traag was om hulle te help.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het egter daarop aangedring om &#8216;n saak te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die polisieman het kwaad geword, op ons geskree en geweier om sy naam vir ons te gee,&#8221; het mnr. Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy die week voor die vergiftiging gereeld merkers soos sigaretboksies, 500ml-koeldrankbotteltjies en le\u00eb skyfie-pakkies op die sypaadjie buite hul erf gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Me. Du Plessis het na die voorval twee keer misdadigers in hul erf gesien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het twee mans by ons voertuig gesien en ons het die sektorpolisie geskakel om ons te kom help.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle was vinnig op die toneel en het gesoek, maar niks gekry nie,&#8221; het me. Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die egpaar gaan nou &#8216;n alarmsisteem laat insit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons is te bang om met vakansie te gaan, want dan kan hulle by ons huis inbreek,&#8221; het mnr. Du Plessis ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Misdadigers het op 15 Mei Anton en Maria Hattingh van Secunda se pekinees vergiftig en hul kat op die pallisades opgehang. Hulle babaseun se klere is ook vergiftig. &#8220;Dit was vir ons baie traumaties,&#8221; het me. Hattingh ges\u00ea. Sy het omstreeks 3.30vm opgestaan om vir haar vyf-maande oue baba &#8216;n bottel te gee, toe sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14698\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Boewe terroriseer egpaar met gif op babaklere&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-14698","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14698","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14698"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14698\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}