{"id":14695,"date":"2013-05-28T14:41:50","date_gmt":"2013-05-28T14:41:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14695"},"modified":"2013-05-28T14:41:50","modified_gmt":"2013-05-28T14:41:50","slug":"volkswagen-bied-iets-vir-almal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14695","title":{"rendered":"Volkswagen bied iets vir almal!"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volkswagen is seker een van die bekendste motorvervaardigers in die geskiedenis. Die Duitse vervaardiger het sy ontstaan in die vroe\u00eb jare van die vorige eeu gehad. Die naam Volkswagen beteken letterlik &#8220;&#8216;n motor vir die volk&#8221;. Die geniale Ferdinand Porche het in 1931 besluit om &#8216;n klein bekostigbare motor te ontwerp en te bou. Al die vervaardigers van sy tyd het ook besef dat motors te groot en duur vir die gewone man op straat is. Ferdinand Porsche, wat bekend was vir die bou en ontwikkeling van duur, vinnige sportmotors, het jare lank probeer om die idee van &#8216;n bekostigbare motor aan sy tydgenote te verkoop. Niemand het gedink dit sou werk nie en het groot, duur motors eerder &#8211; net met minder toerusting &#8211; aan die publiek probeer afsmeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ferdinand Porsche het toe sy idee volvoer en die motor gebou; hy het hom die &#8220;Volksauto&#8221; gedoop. In 1933 het Adolf Hitler opdrag gegee dat Duitsland &#8216;n bekostige motor moet kry wat twee volwassenes en drie kinders as passasiers teen 100km per uur kan vervoer. Hy wou Duitse burgers dieselfde geleenthede gee as wat die VSA aan sy publiek gebied het. Die &#8220;volksmotor&#8217; sou deur &#8216;n subsidie van 990 Deutsche Mark gefinansier word en siedaar, die &#8220;Beetle&#8221; of Kewer is gebore. Die privaatsektor kon nie na die eerste w\u00eareldoorlog bekostig om so &#8216;n motor te bou nie, dus het Hitler met Ferdinand Porsche aan die stuur van sake &#8216;n nuwe fabriek opgerig en befonds. Die nuwe maatskappy is op 28 Mei 1937 deur die &#8220;Deutsche Abreitsfront&#8221; gestig en later na &#8220;Volkswagenwerk&#8221; verander. Vandag is Volkswagen 76 jaar oud en die derde grootste motorvervaardiger ter w\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons het &#8216;n paar van Volkswagen se produkte onder hande gehad en daar is werklik iets vir almal se smaak en sak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" title=\"Die Volkswagen Polo Vivo\" class=\"caption\" alt=\"VW Polo Vivo\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/polo-vivo-front.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">VW Polo Vivo<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die Vivo het VWSA net soos in die vroe\u00eb jare negentig met die Citi Golf &#8216;n ou-generasiemotor geneem, hom afgestof en &#8216;n nuwe baadjie aangetrek. Skielik kan Volkswagen nou jong eerste kopers ook soos van ouds in nuwe Volksies laat rondrits. Die Vivo is niks anders as &#8216;n vorigegenerasie-Volkswagen Polo nie. Di\u00e9 Polo was baie goed aanmekaar gesit en ekonomies, boonop sag op die oog en relatief bekostigbaar. VWSA kan nou met ander vervaardigers soos Tata, GMSA, Chery, GWM en Ford, asook die tradisionele mikromotorvervaardigers Fiat, Daihatsu en Peugeot meeding. En dit met &#8216;n groter, ruimer en straks reeds suksesvolle motor soos die ou-generasie-Polo of dan nuwe Polo Vivo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vivo-reeks is die VWSA-intreereeks en pryse begin by R111 900 vir &#8216;n 1,4-litermotortjie, vergeleke met Hyundai se i10 met sy 1,0-literenjin (R109 900), Chev se Spark met sy 1,2-literenjin (R106 100) en selfs Chery se J1 met sy 1,3-literenjin (R119 900) dan kom jy vinnig agter dat die Vivo nie net groter is nie, maar ook ruimer en met meer krag. Al die bogenoemde motortjies is die heel goedkoopste in hul reeks en standaardtoerusting is maar skarps, maar almal bied &#8216;n lugsak vir die bestuurder; die Vivo het nog een vir die voorste passasier ook. Lugversorging is wel &#8216;n opsie in die intree-Vivo, maar wat stewige bougehalte, ekonomie en ruimte sowel as wringkrag betref, het die Vivo nie sy gelyke in hierdie geselskap nie. Selfs al trek mens die nuwergenerasie-supermini&#8217;s langs die Vivo is die bougehalte, ruimte en kraglewering net in &#8216;n ander klas. Ja, die motors soos die Kia Picanto is baie mooier (R109 995), die Citroen C1 is baie suiniger met sy 3-silinderenjin (R102 900) en die Ford Figo is luukser met sy standaardlugversorging (R123 500). Nietemin kan die Vivo se herverkoopwaarde, bougehalte en ruimte, asook die kombinasie van al die bogenoemde, nie getroef word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Passat CC\" alt=\"Die Volkswagen Passat CC\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-passat_cc_2013_1.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Passat CC van agter\" alt=\"Die Volkswagen Passat CC van agter\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-passat_cc_.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">VW CC 2.0 TDI<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volkswagen het ook deur die jare &#8216;n vervaardiger geword wat met meer luukse, groter motors kan meeding. En as &#8216;n mens kyk na die Volkswagen CC 2.0 TDI (R394 400) se natuurlike mededingers, die Audi A6 2.0 TDi (R518 500), BMW 520d (R534 808) en Mercedes Benz E250 CDI (R559 274), is die Volkswagen eintlik &#8216;n winskoop. Afwerking, ruimte, bougehalte, ekonomie en &#8211; sekerlik die belangrikste \u2013 rygerief, kan die CC kers vashou by al drie die ander Duitsers. Vergelyk jy die CC met motors soos die Honda Accord 2.2 DTEC (R430 700), Peugeot 508 2.2 HDI GT (R450 950) en Volvo S60 D3 (R407 300), dan kom jy agter die Volkswagen CC 2.0 TDI is werklik iets besonders. Behalwe dat hy met al vier wiele aangedryf word, lewer hy 125 Kw en 350 NM se krag wat goed by al die bogenoemde motors pas. Hy gebruik slegs 5.5 l\/100km, wat beter is al die bogenoemde motors, terwyl sy verrigtingsyfers van 8,6 sekondes van rus tot 100km\/u en 220km\/u min of meer dieselfds as bogenoemde motors s&#8217;n is. Daar is niks wat enige van die motors se binneruime bied wat die Volkswagen CC nie kan ewenaar nie en dan is die CC nog die enigste motor hier wat die gemoedsrus bide van alwielaandrywing, asook raamlose vensters en &#8216;n daklyn wat baie aan di\u00e9 van die Mercedes Benz CLS herinner. Net so terloops, die CLS 250 CDI verkoop teen R717 394; dit beteken dat jy &#8216;n Volkswagen CC 2.0 TDI sowel as &#8216;n Volkswagen Golf 7 of Mercedes se nuwe A180 CDI sal kan koop vir die prys van &#8216;n Mercedes Benz CLS 250 CDI! Binnelangs bied die CC jou gemaklike leer-afgewerkte sitplekke vir vyf insittendes en alhoewel die CC vir &#8220;Coupe Convertible&#8221; staan, het die motor vier deure, vyf sitplekke en &#8216;n reusebegasieruim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Passat CC se binneruim\" alt=\"Die Volkswagen Passat CC se binneruim\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-passat_cc_2.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Afmetings van die Volkswagen Passat CC\" alt=\"Afmetings van die Volkswagen Passat CC\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-passat_cc_2013.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sigbaarheid vanuit die bestuurdersitplek is verbasend goed, danksy die lae daklyk. Die CC is &#8216;n groot, lang motor met &#8216;n lengte van bykans 5m. Die CC deel &#8216;n onderstel met die Passat en Audi 6, maar hurk heelwat laer as die twee niggies in die Volkswagenstal. Enige iemand wat nou al &#8216;n nuwegenerasie-Volkswagen of -Audi bestuur het, sou dadelik tuis voel agter die stuur. Kontroles is presies waar dit veronderstel is om te wees, kwaliteit is voortreflik en daar is byna geen pad- of windgeraas nie. Die motor voel glad nie so groot en lank as jy haastig raak nie en ons kon maklik die vlugvoetige hantering en padgedrag met di\u00e9 van &#8216;n Golf of Audi A3 verwar. Die Volkswagen CC is by uitstek een van die mees onderskatte motors in Suid-Afrika en met sy sportiewe lyne, ekonomiese dog kragtige enjin en byna ongelooflike waarde vir geld teenoor sy mededingers, is dit moeilik om te verstaan dat ons nie meer op ons paaie sien nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Touareg\" alt=\"Die Volkswagen Touareg\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/vokswagen-touareg-ed_.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Volkswagen Touareg 3.0 V6 TDI BlueMotion<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n segment waar Volkswagen oor die jare heen baie sukses behaal het, was met hul sportnutsveldryers. Hierdie is &#8216;n segment wat in die afgelope vyf jaar ongelooflik in gewildheid toegeneem het. Ons kan dit ook baie goed verstaan, as &#8216;n mens net kyk na die toestand waarin ons paaie verkeer, die lang afstande wat afgel\u00ea moet word tussen dorpe en die feit dat motors so duur is dat mense nou eerder net een motor het wat alles kan doen as om twee of selfs drie motors te besit om verskillende funksies te verrig. Die Touareg se natuurlike mededingers is die Audi Q7 3.0 TDI Quattro (R713 000 ), BMW X5 xDrive30d (R736 195) en Mercedes Benz ML 350 Bluetec (R801 693). Ons plaas die Touareg reg langs hierdie motors omdat hulle almal ewe groot is, almal aangedryf word deur &#8216;n 3.0-liter-V6-dieselenjin, &#8216;n mens kan eintlik nog die Porsche Cayenne 3.0 Diesel (R763 000), Infinity FX 30d GT (R699 000) en Volvo XC90 D5 (R591 200) ook hier byvoeg. Al hierdie motors word soos die Touareg as &#8220;sagte&#8221; sportnutsvoertuie beskou. Die Land Rover Discovery, Jeep Grand Cherokee, Mitsubishi Pajero en Toyota Prado kan ook in die klas ingedeel word met een belangrike onderskei:, hulle is hardebaardveldryers wat oor baie meer veldvermo\u00eb beskik as eersgenoemde klomp voertuie. Die Volkswagen Touareg is &#8216;n gerieflike groot Volkswagen met oorgenoeg ruimte vir vyf insittendes en begasie. Daar is &#8216;n elektroniese vierwielstelsel wat jou oor enige graad 3 4&#215;4-baan sal neem en op die teerpad sal die Touareg van rus tot 100km\/u kan vesnel in 7,8 sekondes. Brandstofverbruik is 7,2 l\/100km wat uitstekend is vir so &#8216;n groot motor, die 180 Kw wat die V6-dieseleenheid lewer sal jou tot anderkant 215km\/u kan laat toer. Met &#8216;n wringkragsyfer van 550 Nm kan die Touareg ook enige karavaan sleep, iets waarmee Volkswagen erg spog. Hierdie is &#8216;n gesinswa wat gemaak is om oor gate en slote in die voorstad op pad skool toe te ry, die naweek die karavaan of boot Bronkies toe te sleep, Sondag die hele gesin kerk toe te ry en Maandag jou weer by die kantoor in Sandton Square te kry sonder dat jy enigiets verander of verstel het. En die heel belangrikste is dat niemand jou ooit snaaks sal aankyk by enige van die bogenoemde plekke nie, want die Touareg hoort juis daar! Ons toetsvoertuig se ritgevoel was van uitstaande gehalte en die binneruim gee jou &#8216;n baie duursame gehaltegevoel. Die manne van Volkswagen het dit reggekry om al hul voertuie dieselfde gehaltegevoel te gee. Daar is ook luukshede soos verhitte sitplekke wat elektronies verstel kan word en met leer oorgetrek is, &#8216;n navigasiestelsel en &#8216;n raakskermradiostelsel met ingeboude geheue. Dagryligte is standaard. Ons toetsmotor was toegerus met &#8216;n dubbele skuifsondak en outomatiese opvoubare trekstang. Wat tegnologie, rygerief en bougehalte aangaan, skop die Volkswagen Touareg stof in byna al sy mededingers se o\u00eb en dit sal werklik &#8216;n moeilike keuse wees om tussen hom en die Porsche Cayenne 3.0 Diesel te kies wat die sagte veldryers betref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Volkswagen Golf 7\" alt=\"Die Volkswagen Golf 7\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-golf_mk_vii_.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Die Golf 7 van agter af\" alt=\"Die Golf 7 van agter af\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-golf_2013_.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Volkswagen Golf 7 1.4 TSI Highline<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer dit kom by luikrugmotors het Volkswagen die segment jare gelede in 1974 met die Golf MK1 geskep en is hulle n\u00e1 bykans 39 jaar nog steeds die segmentleier. Ons het die splinternuwe Golf 7 1.4 TSI vir &#8216;n paar dae onder hande geneem. Die motor is op die oog af nie heeltemal &#8216;n nuwe weergawe van die Golf nie, maar dit is juis waar almal verkeerd is. Die nuwe Golf 7 is &#8216;n totale nuwe motor: hy is herontwerp om in elke opsig groter en beter as die Golf 6 te wees. Van buite moet jy mooi kyk en dit is werklik net die voor- en agterligte wat nou die vriendelike Volkswagen-familiemasker dra wat die motor met die eerste oogopslag van die vorige generasie onderskei. Die waarheid is egter dat alles splinternuut is en die manne van Wolfsburg het dit so subtiel gedoen dat dit nie die getroue en baie tradisionele koper van Volkswagen Golf sal afskrik nie. Klink dit bekend? Ja wel, die manne van Porsche gebruik die einste verduideliking wanneer &#8216;n mens hulle vra oor die Porsche 911 wat in 50 jaar nog nie veel verander het wat sy buitelyne aanbetref nie. Hoekom aan &#8216;n vorm gaan peuter wat werk en goed werk? Verstel eerder die vorm met minimale insette om maksimale uitsette te kan lewer; dit is die filosofie wat die witjasse in Wolfsburg gebruik. Die Golf 7 se binneruim is totaal nuut en ons toetsmotor is toegerus met sagte, roomkleurige sweedseleer, die instrumentpaneel is effe na die bestuurder gekantel en die donker, amper swart insetsels op die instrumentepaneel is van &#8216;n ho\u00ebgehalteplastiek met &#8216;n glansafwerking om die voorkoms van hout na te boots. Sweedseleerinsetsels in die deure rond die gevoel van gehalte mooi af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Mates van die Golf 7\" alt=\"Afmetings van die Golf 7\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-golf_.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Sy-aansig van die Golf 7\" alt=\"Sy-aansig van die Golf 7\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2013\/05\/volkswagen-golf_2013.jpg\" width=\"550\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kyk jy na die Golf se binneruim, dan kan dit baie maklik ook die binneruim van enige Audi wees en die afwerking en bougehalte is op die oog af beter as in meeste ander motors wat twee keer soveel soos die Golf kos. Ons toetsmotor is die tweede duurste in die nuwe Golf 7-reeks met net die 2.0 TDI DSG-model wat &#8216;n semi-outomatiese ratkas bied wat duurder is, dit is nou tot die GTi later vanjaar by ons aansluit. Ons motor is toegerus met Volkswagen se 1.4-turbo-eenheid wat 103 Kw en 250Nm se wringkrag lewer. Met die klein enjintjie is die motor ligter dog bied dit meer krag. Die koolstofuitlaatgasse is slegs 121 g\/km en die 6-spoedhandratkas sal die Golfie van rus tot 100km\/u laat versnel binne 8.4 sekondes, presies net so vinnig soos die oorspronklik Golf GTi. Die motor se asem sal eers by 212km\/u opraak en om dit in perspektief te plaas: dit is vinniger as wat die Uno Turbo&#8217;s van weleer was en almal wou destyds Uno Turbo&#8217;s ry weens hul flink versnelling en topspoed. Brandstofverbruik het ons aangeteken teen 5,3 l\/100km. Teen R298 700 is die Golf 7 1.4 TSI nie goedkoop nie, maar hierdie is werklik &#8216;n motor wat strate beter is as enige iets anders in sy klas. Ons dink aan motors soos die Opel Astra 1.4 T Enjoy (R257 000), Ford Focus 2.0 GDI Sport (R285 850), Peugeot 308 1.6 VTi (R250 900) en Renault Megane 1.4 TCe GT (R254 900). Di\u00e9 motors is almal goedkoper as die Golf, maar nie een van hulle kom naby die Golf se bougehalte, hantering, ruimte of herverkoop nie &#8211; om nie eers te praat van verrigting en brandstofdoeltreffendheid nie. Ons wil die Golf 7 eerder teen die premiemotors in die segment meet. Daar praat ons van die Audi A3 1.4 TSI (R290 500), Alfa Giulietta 1.4 TB (R312 990), BMW 116i (R283 013), Mercedes se nuwe A180 BlueEfficiency (R275 257) en Volvo se V40 T3 (R316 400). Die Volkswagen Golf 7 voel en lyk baie meer of hy hier as in die vorige groep motors tuishoort. Sy afwerking, rygerief en algehele gevoel is net ho\u00ebr as sy mededingers. Na ons mening is dit net die Volvo V40 wat baie naby aan die Golf kom. Ons het nog nie die nuwe A-klas-Mercedes bestuur nie, maar nie die A3 of die 116i of die Honda Civic of Chevrolet Cruze of Kia Cerato of Hyundai i30 is na ons mening op dieselfde bladsy as die Golf nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nadat ons met al die bogenoemde motors gery het en meeste van hulle mededingers ook vergelyk het, is daar besluit dat daar werklik &#8216;n Volkswagen vir elke smaak en sak is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Volkswagen is seker een van die bekendste motorvervaardigers in die geskiedenis. Die Duitse vervaardiger het sy ontstaan in die vroe\u00eb jare van die vorige eeu gehad. Die naam Volkswagen beteken letterlik &#8220;&#8216;n motor vir die volk&#8221;. Die geniale Ferdinand Porche het in 1931 besluit om &#8216;n klein bekostigbare motor te ontwerp en te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14695\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Volkswagen bied iets vir almal!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":14685,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[],"class_list":["post-14695","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14695","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14695"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14695\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/14685"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14695"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14695"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14695"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}