{"id":14637,"date":"2013-05-20T06:02:09","date_gmt":"2013-05-20T06:02:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=14637"},"modified":"2013-05-20T06:02:09","modified_gmt":"2013-05-20T06:02:09","slug":"selfbeskikking-in-terme-van-artikel-235-van-die-grondwet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=14637","title":{"rendered":"Selfbeskikking in terme van Artikel 235 van die Grondwet"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die beginsel van selfbeskikking is reeds gedokumenteer in die VN Handves en \u0149 rits ander deklarasies. Onder andere het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in terme van die regte van minderheidsgroepe op 18 Desember 1992 bepaal dat minderheidsgroepe se etniese, godsdienstige en taalregte beskerm moet word. Die prim\u00eare funksie vir die beskerming is gele\u00eb in die betrokke staatsowerheid soos vervat in Artikel 1 van die resolusie &#8220;States shall protect the existence and the national or ethnic, cultural, religious and linguistic identity of minorities within their respective territories and shall encourage conditions for the promotion of that identity&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is vreemd dat artikel 235 (van die grondwet) as basis gebruik word om selfbeskikking te eis. Artikel 235 van die Grondwet van Suid Afrika behandel selfbeskikking en lui soos volg &#8220;Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van di\u00e9 reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat \u0149 gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne \u0149 territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal&#8221; (Suid Afrika (Republiek) Republiek van Suid Afrika Grondwet 1996).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Artikel 235 van die Grondwet is al deur menige politieke en regskenners verduidelik en dat dit nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie. 235 Bied hoogstens interne selfbeskikking wat deesdae deur menige Afrikaner organisasies as die doelwit vir Afrikaner selfbeskikking voorgehou word. Sou voortgegaan word om interne selfbeskikking te eis en sou so eis aanvaar word (hoe onwaarskynlik ook al) sal dit enige verdere strewes vir eksterne selfbeskikking negeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens dr Sydney Gregan stel die betrokke artikel dit baie duidelik dat die selfbeskikkingstrewe van &#8216;n &#8220;gemeenskap&#8221;,al sou dit wees binne &#8216;n bepaalde gebied, slegs erken kan word binne die raamwerk van die reg (op selfbeskikking van die geheel), d.w.s die totale prentjie &#8211; die selfbeskikking van die totale &#8220;nasie&#8221; (&#8220;people&#8221;). Hier is dus hoogstens sprake van &#8220;interne selfbeskikking&#8221;, wat boonop afhang van &#8220;nasionale wetgewing&#8221; (dus of die meerderheid in die Parlement dit sal goedkeur!). Interne selfbeskikking, in teenstelling met eksterne selfbeskikking, is alles behalwe volledige &#8220;soewereine&#8221; vryheid in &#8216;n eie &#8220;onafhanklike&#8221; republiek. Interne selfbeskikking kan hoogstens dui op eie besluitneming oor sekere sake wat die ANC-regime bereid is om aan die &#8220;gemeenskap&#8221; toe te vertrou. Indien eksterne selfbeskikking bedoel was, sou dit dienooreenkomstig bewoord gewees het en sou daar trouens van &#8216;n reg op afskeiding (sesessie) gepraat gewees het. Om nou te wil voorgee dat die ANC aan onder andere die Afrikanervolk die reg tot afskeiding gegee het (of sal gee) met die bewoording van artikel 235, is goedkoop politieke praatjies om mense te mislei (Gregan:2009).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfbeskikking word oor die algemeen beskryf as \u0149 beginsel en nie \u0149 reg nie met die voorwaarde dat die groep wat eis vir selfbeskikking oorwegend \u0149 spesifieke territoriale gebied moet bewoon. Die uti possidetis doktrine (beginsel van territoriale integriteit) word onderhou deur die internasionale gemeenskap in terme dat die territoriale integriteit van soewereine state nie bedreig of ontwrig moet word nie. Alhoewel Afrikaners kwalifiseer in terme van kulturele aspekte om as \u0149 homogene groep te eis vir selfbeskikking, beset die Afrikaners nie \u0149 territoriale gebied nie en sal moeilik op grond van uti possidetis kan aanspraak maak op selfbeskikking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buchanan stel dit dat alle teorie\u00eb oor die reg tot sesessie verstaan word as of \u0149 Remedi\u00ebrende Reg of \u0149 Prim\u00eare Reg. Remedi\u00ebrende Reg bepaal dat \u0149 groep \u0149 reg tot sesessie het as die groep onderworpe is aan ongeregtighede waarvan sesessie die enigste en laaste uitweg is. Prim\u00eare Reg teorie\u00eb bepaal dat sekere groepe \u0149 algemene reg tot sesessie het in die afwesigheid van ongeregtighede. Remedi\u00ebrende Reg teorie\u00eb verwys na ooreenstemmende reg tot revolusie. Dit behels dat \u0149 deel van die burgery aanspraak maak op sesessie en om \u0149 deel van die staat af te skei. Prim\u00eare Reg teorie\u00eb verwys na die reg om \u0149 regering tot \u0149 val te bring waar die fundamentele regte van \u0149 groep geskend word (Buchanan 1997: 35 ) Afrikaners kwalifiseer vir selfbeskikking in beide die Remedi\u00ebrende sowel as die Prim\u00eare Reg teorie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongeag die demografiese realiteite van Suid Afrika is daar opsies om eksterne selfbeskikking te eis. Geografiese besetting van \u0149 gebied is nie die alfa en omega vir eksterne selfbeskikking nie. Sesessie hoef nie die onmiddellike modus operandi te wees nie. Dit is egter noodsaaklik dat \u0149 geografiese gebied vir Afrikaner selfregering identifiseer moet word. Die prim\u00eare funksie van die tientalle Afrikaner organisasies behoort konsolidering van Afrikaners te wees in \u0149 enkele beweging. Let wel, nie \u0149 enkele organisasie of party nie, maar \u0149 beweging wat Afrikaners mobiliseer tot verset teen die status quo en om \u0149 gemeenskaplike vryheidswil te vestig. Om gesprekke te voer met die MRK of RSA regering sonder voorgestelde grense is noodwendig \u0149 fiasko.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die beginsel van selfbeskikking is reeds gedokumenteer in die VN Handves en \u0149 rits ander deklarasies. Onder andere het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in terme van die regte van minderheidsgroepe op 18 Desember 1992 bepaal dat minderheidsgroepe se etniese, godsdienstige en taalregte beskerm moet word. Die prim\u00eare funksie vir die beskerming is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=14637\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Selfbeskikking in terme van Artikel 235 van die Grondwet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-14637","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14637","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=14637"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/14637\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=14637"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=14637"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=14637"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}